‘Landburgers se vrese oor Onteieningswet al lankal bevestig’ – Vrystaat Landbou

(Argieffoto)

“Landburgers se vrese oor die Onteieningswysigingswet is al reeds in 2013 bevestig.”

Só het Vrystaat Landbou (VL) die afgelope Vrydag in ’n voorlopige verslag gesê waarin die organisasie die impak van die voorgestelde Onteieningswetswysigingswet uitlig.

Volgens VL het Jeremy Cronin, voormalige adjunk-minister van openbare werke, in 2013 tydens ’n debat op die KykNet program Robinson Regstreeks die aanval van die Onteieningswysigingswet op elke individu se eiendomsreg aan die lig gebring.

In die onderhoud erken Cronin, adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, dat die wet ten doel het om “toegang tot die land se hulpbronne te bied”.

Op ’n vraag of die wet ook sou geld vir persoonlike bates soos spaargeld, het Cronin beaam dat dit wel onteien kan word.

Francois Wilken, president van VL, sê daar word verkeerdelik aanvaar dat slegs landbougrond die teiken is van onteiening sonder vergoeding. Hy sê VL glo dat sy verslag daarop wys dat die voorgestelde wet private eiendomsreg in die algemeen aftakel.

“Openbare betrokkenheid in hierdie proses is vir landbou en in die algemene landsbelang uiters belangrik,” sê Wilken. “Ons beoog om so wyd as moontlik ondersteuning te mobiliseer teen hierdie wet, aangesien ons van mening is dat onteiening sonder vergoeding ’n maak of breek saak is; nie net vir boere nie, maar ook vir die land en al sy mense.”

Volgens Wilken is VL van mening dat die Onteieningswet gestop moet word om die volgende redes:

  1. Anders as standaard onteieningswetgewing, is die uitgesproke doelwit van hierdie wet herverdeling.
  2. Die verskoning vir onteiening van bates sluit sogenaamde “openbare doelwitte” in – ʼn konsep wat oop gedefinieer is en wat deur enige regeringsamptenaar geïnterpreteer en toegepas kan word.
  3. Die wet maak onteiening sonder vergoeding (OSV) moontlik.
  4. Die wet stel breë algemene kategorieë waarbinne OSV mag plaasvind.
  5. Alle bates kan deur die wetgewing geteiken word.

Die VL het ’n Stop Onteiening-veldtogblad beskikbaar gestel vir voorleggings teen hierdie wet. Die voorleggingswat op hierdie blad gemaak word, sal aan die parlement oorhandig word.

Mense kan hier aan die veldtog deelneem en hul teenkanting teen die Onteieningswet aanteken.

Druk hier om Cronin se volledige debat te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koei ·

Ek raak naar net om die te lees……..paar ander goed ook wat ek nie mag skryf nie

annie ·

Parasiete is plante, diere of mense wat op ander teer. Waarom word mense ook in woordeboeke bygereken as dit nog nooit ooit gebeur het nie? Krap dit dood! Ek wou dit uitsny maar aan die teenkant staan ‘paradys’ en dit kan mens mos nooit ooit misken nie. Kyk net om jou… dis orals…

FBS ·

Is dit moontlik dat mense wat se dit is tot ons land se voordeel en dat dit die land sal verenig so blind is dat hulle nie kan sien wat het in ons buurland gebeur nie. Ongelukkig is die vat en moet gee kultuur deur die ANC geskep en dit word duidelik gesien, moet asb. nie betaal nie, vat net of breekaf.

christo ·

Die padda en die warm water vergelyking ken ons almal. Die wonderlike ANC en Kommunistiese party se agenda om geleidelik die witmens se regte en eiendom van hom te ontneem is ‘n gevaar wat die ‘ regse Afrikaners ‘ rééds met die onderhandelinge met KODESA sien kom het, maar die linkses het gesê ons verkoop spookstories. Net soos Piet Retief verkeerdelik vir Dingaan vertrou het, FW se Klerk se regering dieselfde fout gemaak. Roelf Meyer was nie opgewasse teen Ramaphosa nie. Die onderhandelingstafel was ‘n klug, want reeds toe is SA uitverkoop deur politici wat groot finansiële voordeel getrek het met die oorgang na ‘n ‘demokrasie’. ‘n Demokratiese regering beperk of ontneem mos nie die eiendomsreg van die landsburgers nie?
Die ANC en húlle linkse bondgenote wil ‘n kapitalistiese lewenstyl in ‘n sosialistiese stelsel
hê. Twak – net die ANC uitverkorenes trek voordeel terwyl die res verhonger .

Werner ·

Toe ons vir die mense se die NP is besig om ons uit te verkoop toe noem hulle ons verkramptes en stem nog ja.

Persheks Adri ·

Hulle wil net hê en demand SONDER dat hulle vir hulle eie goed werk gggmmmfff! Grond, bates, beleggings en so gaan die lys net aan. Gaan werk vir julle goed soos ons doen man pffft!!! Wat is volgende? My geloof? Tsek man dit kan hulle nie vat nie

JohanR ·

Soe jy wat land weg wat voedsel vir duisende burgers voorsorg, en gee dit vir ‘n paar wat maar net vir self ‘n paar mielies plant?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.