Landdros aangestel ná jare se uitsluiting van pos oor rasbesluit

Argieffoto (Foto: QuinceCreative/Pixabay)

Solidariteit het Dinsdag aangekondig dat Martin Kroukamp ná jare se uitsluiting op grond van ras amptelik aangestel moet word as ʼn senior landdros in Alberton, Gauteng. Dit volg ná jare lange litigasie tussen Solidariteit en die departement van justisie.

Solidariteit het in 2014 vir Jeff Radebe, voormalige minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gedagvaar om in die gelykheidshof in Pretoria te verskyn nadat hy glo geweier het om Kroukamp as landdros aan te stel op grond van sy ras.

Maroela Media het vroeër berig Kroukamp het in Oktober 2010 vir die landdros-pos by die Alberton-landdroshof aansoek gedoen toe dit geadverteer is. Hy is in November 2010 vir ʼn onderhoud by die Landdrostekommissie genooi en is eers in Mei 2013 verwittig dat die minister nie die kommissie se aanbevelings gevolg het nie en dat die vakante poste weer geadverteer moet word. Kroukamp het daarna ʼn aansoek gebring ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om vas te stel hoekom hy nie aangestel is nie.

Die Landdrostekommissie het ʼn memorandum aan Radebe gerig waarin daar aanbevelings gemaak word vir die vul van vakante senior landdros poste. In die memorandum word Kroukamp as die enigste geskikte kandidaat aanbeveel vir die pos. Radebe het skriftelik hierop gereageer en gesê Kroukamp se bevordering sal nie transformasie bevorder nie.

Ná jare se hofgedinge het die gelykheidshof ondubbelsinnig bevind dat die gedrag van Radebe op onregverdige diskriminasie op grond van ras neergekom het.

Volgens die uitspraak moet die departement van justisie Kroukamp onmiddellik in die pos aanstel. Die departement moet ook die koste van die saak betaal.

“Ons verwelkom die uitspraak van die gelykheidshof en is verheug daaroor. Dit is ʼn skande dat Kroukamp nou al vir meer as ʼn dekade moes waarneem in die pos waarvoor hy aansoek gedoen het bloot omdat die departement nie ʼn wit man permanent wou aanstel nie,” het Anton van der Bijl, hoof van Regsake by Solidariteit, gesê.

“Die regter het in sy uitspraak gemaan dat ons nooit ʼn verenigde en gesonde samelewing kan vestig deur bloot die ongelykhede van apartheid omgekeerd toe te pas nie. Hiermee stem ons volkome saam. Dit is egter hartseer dat dit deurlopend nodig is om die regering hof toe te sleep bloot sodat ʼn regter vir die regering kan verduidelik dat rasmalheid onaanvaarbaar is.”

Solidariteit voer aan dat Kroukamp se saak die weg baan vir toekomstige litigasie oor aanstellings deur staatsdepartemente.

“Hoewel skreiend is sulke gedrag deur die regering geensins seldsaam nie. Ons sal derhalwe voortgaan om ook vir die honderde ander “Kroukamps” in Suid-Afrika te baklei totdat die regering uiteindelik van sy beheptheid met ras bo alles wegdraai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Blomme ·

Daar word lankal nie meer na meriete en bevoedghede by aanstellings gekyk nie. Dis hoekom dienste in baie staatsdepartemente so swak is. Aanstellings net op grond van ras verswak regtig dienslewering en vooruitgang. Die land het vaardighede en die nodige kennis in ń gegewe veld nodig by aanstellings en nie noodwendig ń voorkeur ras nie.

Pieter ·

Maar ons blankes se belasting geld is goed genoeg ons gaan nooit standpunt in neem nie.

Peach ·

Pieter, is dit slegs blankes wie belasting betaal en wie benadeel word?

PATRICIA ·

Dankie Peach. Ons betaal ook belasting, nie net die blankes nie. Ons word ook onderskei met ras in aanstellings. My dogter is ‘n sogenaamde “free born” en kan net eenvoudig nie werk kry nie. Sy soek al vir 9 jaar werk.

Hardekwas ·

Patricia ons is ongelukkig almal in dieselfde bootjie. Ek vertrou jou dogter sal wel werk kry. Indien nie hier nie, dan definitief in die buiteland.

Nie Verbaas ·

Wat Pieter se is dat die regering nie skroom om ons wittes se belasting met open arms te aanvaar nie maar dat hulle eerder n onbevoegde anderskleurige sal aanstel in n pos as n wit bevoegde persoon.

Flower Girl ·

Nou dus wat gebeur net die feit dat hulle elke keer jou kleur vra as jy werk soek. Dit is nie reg nie. Jy het die ondervinding en alles wat nodig is vir die werk maar jou kleur is dan nie reg nie. Die Here moet intree by dit ook. Want so baie mense sit by die huis maar kan dan nie altyd werk kry wat hulle toekom nie.

Pietertjie ·

Dís maar hoe rassisties die ANC nog altyd was. Die ergste is dat hulle daarmee wegkom. ‘n Saak soos hierdie is die uitsondering.

Ruby ·

Well blerrie done!!

Radebe stik seker nou nog aan sy oggend koffie :-)

Nie Verbaas ·

Hulle sal eerder n onbevoegde BEE lid aanstel as n witman. Ten minste is daar nou een persoon wat sy werk met bevoegdheid kan aanpak. Wel gedaan Solidariteit. 1 vir julle en 0 vir hopelose ANC.

ES ·

Die dae is lanklal verby waar aanstellings gegrond is op bevoegdheid. Ek ken baie Indier en kleurling individue wat net so sukkel om werk te kry, afgesien daarvan of hulle bevoeg is of nie. Hulle is in dieselfde bootjie as ons…

Tino ·

Wel gedaan!

Nou moet Jeff Radebe persoonlik vervolg word vir rassisme, daar is mos reeds hof uitsprake wat die baan weg op die gebied ook…? ‘n Swaard sny twee kante toe

Danie ·

Dankie Solidariteit.
En dan dink die wereld rassisme met sy gepaardgaande apartheid is dood in SA.
Was ek Martin Kroukamp het ek n maand na die aanstelling my goed opgepak en vir die betrokke departement en minister gesê wat hulle met hul job kan doen.

Kerneels ·

Siende dat Kroukamp vir meer as ‘n dekade waargeneem het in die pos waarin hy nou uiteindelik aangestel is, gaan sy salaris terugwerkend aangepas word?

Anoniem ·

Goed so Solidariteit! Mag jul voortgaan om die rasse diskriminasie van die Regering te beveg.

Sê maar net ·

Bravo Solidariteit!!! Baie geluk mnr Martin Kroukamp!!!

Jaco ·

Ek sidder vir die dag wanneer iemand net op grond van ras en sonder inagneming van opleiding en werksondervinding in ‘n pos by Koeberg kernkragstasie aangestel word en dan die verkeerde knoppie druk…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.