Landdros gevonnis ná reusebedrag omkoopgeld

Argieffoto

Die vonnis van Matobela Johannes Kgomo (58), ʼn voormalige landdros, ná hy ʼn reusebedrag omkoopgeld van ʼn beskuldigde aanvaar het, is deur die Valke verwelkom.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Kgomo het in Randburg gepraktiseer toe hy in Desember 2015 in hegtenis geneem is.

“Hy het omkoopgeld van R1,2 miljoen by ʼn man wat na Botswana uitgelewer sou word om daar tereg te staan op aanklagte van bedrog geëis. Hy het belowe om die man by te staan en nie uit te lewer nie mits hy die omkoopgeld betaal.”

Volgens Mulaudzi het die man byna R90 000 bymekaargemaak en aan Kgomo betaal as eerste paaiement. Reëlings is toe getref vir die res van die betalings. “Die man het die Valke genader en Kgomo is vasgetrek net ná hy nog R150 000 van die man aanvaar het tydens ʼn lokval van die Valke,” het Mulaudzi gesê.

Kgomo is Vrydag in die Johannesburgse landdroshof gevonnis tot 30 jaar tronkstraf: 15 jaar vir die eerste aanklag van korrupsie wat verband hou met die R90 000 en 15 jaar vir die tweede betaling.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Hy sal dus 15 jaar effektiewe tronkstraf uitdien.

Sy aansoek om verlof tot appel op die uitspraak en vonnis is van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marinda ·

Alles goed en wel, maar wat het toe van die man geword wat uit gelewer sou word aan Botswana? Vra net.

Netso ·

Netso Marinda, ook my vraag. Ek sien ook in my geestesoog hoe hy ander in die tronk weer sien wat hy gevonnis het . . .

leser ·

wat ‘n pragtige voorbeeld word gemaak van ‘n landros, kan daar nie meer sulke voorbeelde wees nie, vonnisse moet ook nie GELYKLOPEND wees nie, “ryg” dit agtermekaar in, – ons soek #voorbeelde#

Gerrit ·

Die korrupsie sirkel is nou voltooi polisie,hof,gevangenis en as ek kyk wie betrokke is kam ek net spekuleer hoekom ??

Natan ·

Dit verbaas my glad nie. ‘n Advokaat het my meegedeel dat talle landroste en regters omkoopgeld aanvaar, geregtigheid sal ‘n mens nie vind in die howe nie. Ek het ook al ‘n korrupte persoon wat met die staat werk teëgegaan in die hof, maar die saak met koste verloor terwyl die Wet geïgnoreer is. Dit laat ‘n mens wonder en vertroue verloor in die regstelsel. Wonder wat dink Vicky Momberg hiervan, sy is in dieselfde hof gevonnis? Korrupsie kan ook in die vorm optree om iemand te benadeel sodat jou bevorderingskanse verhoog of ‘n ander party (wat die vonnis opgetrek het) se vonnis voor te lees. In my geval moes die landros kort-kort die hof verlaat om die res van die vonnis te gaan haal, seker deurgefaks vanaf ‘n ander party af.

Oom Kalahari ·

Hierdie tipe van optredes het ‘n volskaalse norm aangeneem in vele bedrywe en veral in Staats departemente. As daar nie ‘n paar note van hande gewissel word nie staan jy maar lank en ver agter die ry vir diens en hulp. Al die omkoop gelde (daagliks) asook ‘n salaris is darem ‘n groot selfverykings projek. Al wat gese word is: All services comes with a price.

Tipies ·

Wonder hoeveel van die regters, landdroste/magistrate word so omgekoop om die WITTES in die tronk te gooi vir klein oortredings terwyl die swartes daarbuite rondloop met MOORD en bloed op hulle hande??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.