Landdros in hof oor omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Landdros van Gauteng wat glo omkoopgeld aanvaar het om te keer dat ʼn getuie in die Radovan Krejcir-saak nie uitgelewer word nie, het in die Johannesburg-landdroshof verskyn, het The Times Vrydag berig.

Landdros Johannes Kgomo het Donderdag in die hof verskyn op twee aanklagte van korrupsie. Volgens die klagstaat is Kgomo tydens ʼn lokval op heterdaad betrap waar hy R150 000 se omkoopgeld aanvaar het. Kgomo se regsverteenwoordiger het gesê sy kliënt gaan onskuldig pleit. Hy is uit op borgtog van R30 000.

Die omkoopgeld is glo gebruik om ʼn ander landdros te oortuig om Paul Mthabela, ʼn voortvlugtige van Botswana, se uitleweringsaak te laat “verdwyn”. Mthabela is ʼn staatsgetuie in die saak teen Krejcir en vyf ander wat aangekla word van ontvoering, aanranding, poging tot moord en dwelmhandel.

Ondanks ʼn aanvanklike betaling is Mthabela se uitlewering in 2013 goedgekeur. Hy is later op borgtog vrygelaat hangende sy appèl. Kgomo het glo later R150 000 geëis om die landdros wat die uitleweringsaak hanteer het, te oortuig om ʼn “hersiene verslag” in te dien.

Mthabela het glo die polisie se misdaadintelligensie-eenheid genader waarna Kgomo tydens ʼn lokval in hegtenis geneem is. Hy is glo geskors hangende die uitkoms van sy saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

Wys jou maar net. Niemand kan vertrou word nie. Jy is aan ander se genade uitgelewer. Daar sal wragtig ook alles vir geld gedoen word. (Al het jy hoe baie).

moegoe ·

Geld wat stom is – die regter se brein het verkeerd geregistreer en die hele regstelsel onder verdenking geplaas. Is regters werklik lief vir die beroep of is hulle geldgierig.

Petrus Swanepoel ·

Tragies, die prys van ‘n landdros is R30000, om so ‘n pos te kan kry moet jy LLB swot (Slaag), ‘n Staatsaanklaer word en dan eers Landdros………

Dit laat mens nogals dink hoeveel oomkoop geld het die persoon ontvang tot op datum, watse waardes kweek mense wat omkoopgeld aanvaar, sies man.

Leana ·

Daar is werklik nie meer een regeringsinstansie waar daar nie bedrog en korrupsie gepleeg word nie SIES ANC!

moegoe ·

Landdros ek moes jou kruisig- jy het i groot bedrag uitgegee maar sekerlik meer ontvang-so dus eintlik pocket money wat jy VERLOOR het. Next time sweer jy op die Bybel. Jou job is veilig by die ANC, ANC!!!!!!!!!

kerneels ·

jy kan niemand meer vertou nie. nie eers meer die mense wat aan jou kant moet weesdit isuiters vrot vir ons land

Gerrit ·

Ons regstelsel word al lankal deur `n klomp narre beheer wat geen begrip het van reg en geregtigheid nie.Solank die regsbank net getransformeer word, is als dood dollies,vra maar die ANC !

Drieks ·

Julle almal reg. Daarom is ons almal op hierdie platform. Ek huil op jul skouers, en luister na jul almal se pyn. Want ons moedeloos so groot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.