Landdros in Modack-saak geskiet

Argieffoto van Nafiz Modack (Foto: Noor Slamdien/African News Agency/ANA)

Nafiz Modack en sy medebeskuldigdes se borgtogaansoek is Maandag in die Blue Downs-streekhof in Kaapstad uitgestel nadat die landdros oor die naweek in ʼn skietery gewond is.

Die landdros is Sondag gewond gelaat nadat verdagtes op ʼn polisiebeampte by ʼn motorwassery in Mfuleni losgebrand het. Die oorlede polisiebeampte was nie aan diens ten tyde van die skietery nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media bevestig dat die saak teen Modack en sy medebeskuldigdes tot eerskomende Maandag uitgestel is nadat die landdros nie gister beskikbaar was nie.

Volgens Ntabazalila was die landdros egter in ʼn “ongeluk” betrokke. “Daar is in geen stadium aan die hof gesê die landdros was in ʼn skietery betrokke nie.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het wel by navraag aan Maroela Media die skietery by die motorwassery bevestig.

Van Wyk sê ʼn 50-jarige luitenant-kolonel verbonde aan die Delft-polisie is gedurende die skietery in die Bardale- informele nedersetting noodlottig gewond. Drie ander, onder wie die polisiebeampte se driejarige kleinseun, is in die voorval gewond.

Die verdagtes het ná die skietery in ʼn wit Toyota Avanza op die vlug geslaan.

Die gewondes is almal na ʼn nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Lt.kol. Charl Kinnear (Foto: Facebook)

Saak teen Modack

Maroela Media het vroeër berig Modack, ʼn vermeende sleutelfiguur in die Kaapse onderwêreld, word nou amptelik aangekla van die moord op lt.kol. Charl Kinnear.

Kinnear is op 18 September koelbloedig in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

Modack word ook vervolg vir die gefnuikte handgranaataanval op Kinnear en sy gesin in 2019, asook die mislukte huurmoordpoging op die Kaapse prokureur, William Booth.

Die berugte onderwêreldbaas staan ook tereg op aanklag van korrupsie. Hy wou na bewering ʼn polisiebeampte verbonde aan die polisie se teenbende-eenheid betaal vir inligting oor die polisie se ondersoek na hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tanniepetoors ·

Modack en sy gespuis moet baie vinnig verhoor word en ek hoop die NVG hulle het hul werk ordentlik gedoen sodat hul nooit weer uit die tronk uit kom nie.

Anoniem ·

Ek het lankal gewonder hoekom dit so lank neem om hom vas te trek. Sy naam loop deur alles wat onheilspellend is.

Deon ·

Wit Toyota Avanza? Daar is in paar berigte al genoem van n wit toyota Avanza… Die “cowboys en crooks” spelery moet tot op n punt kom nou. Dit lyk asof ons gereg stelsel n bietjie lig in die broek is vir die bendes.

Vettiemaragartos ·

Ek ruik ‘n rot. Wat maak die polisiebeampte en Landdros by ‘n karwassery in ‘n informele nedersetting? Gedink hul verdien darem al genoeg geld om in ‘n middelklas voorstad te kan bly?

Misky ·

Dis mos nie toevallig nie en die meesterbrein is reeds agter tralies. Handel die saak BAIE vinnig af en red so lewens. Die ouens speel nie

JohanR ·

Nog nie eers 40 jaar oud, en al klaar op pad om die volgende 60 jaar agter tralies te sit.

Sarel ·

So gaan ons voort terwyl die Regering die Burgery van alleds stroop. Selfde as met Brandstigtings.
Wie dit daaragter en wie beskerm wir

Danie ·

Ek dink nie die man het intussen sy naam na Madock verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.