Landdros moet nou besluit oor treinspoordood

Elna-Marie Abbott (Foto: Facebook via Elizma Theron)

ʼn Landdros gaan nou moet besluit of Elna-Marie Abbott (29) wie se onthoofde lyk Vrydag op ʼn treinspoor in Windhoek gekry is, selfmoord gepleeg het.

Die Namibiese koerant Republikein berig die polisie het bevestig die nadoodse ondersoek is afgehandel en dat ʼn moorddossier nie geopen is nie. Die bewysstukke wat ingesamel is, sal nou as deel van ʼn geregtelike doodsondersoek aan ʼn landdros voorgelê word, het adj.komm. Edwin Kanguatjivi, polisiewoordvoerder, gesê.

Dié items sluit in briewe – wat aan familielede gerig is – wat in Abbott se motor gevind is.

“Dit sal die landdros se taak wees om aan die hand van al die bewysstukke te bevind of sy haar eie lewe geneem het,” het Kanguatjivi volgens Republikein gesê.

Abbott is verlede week as vermis aangemeld en haar motor is later, ongeveer 2 km van waar haar liggaam gevind is, opgespoor. Dit is geparkeer in die gebied van Ausspannplatz in ʼn parkeerterrein van Merensky Towers. Sy het glo haar motorsleutels by die ontvangs van Merensky Towers ingehandig en aan die ontvangsdame gesê ʼn man van Suid-Afrika sou later haar motor kom haal.

Speurders het haar motor deursoek en persoonlike besittings, waaronder haar selfoon en drie sakke met klere en nagklere, boeke en grimering, gevind.

Abbott se suster Elzane het aan Republikein gesê haar sussie was “van goud aanmekaargesit”. Sy het haar beskryf as “die sagste, liefste mens”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hettie ·

NET MY OPINIE !!! Iemand kon haar forseer het om die briewe te skryf sodat dit soos selfmoord moet lyk. Wat van die dreigende boodskappe wat op haar foon gekry is ?

Chekoree ·

‘n Nadoodse ondersoek behoort tog te bevind waaraan die persoon gesterf het.
As sy verwurg is sal daar tekens daarvan in haar liggaam wees, as sy geskiet is sal daar kruitneerslag op die vel wees, ens.
Briewe alleen kan sekerlik nie al maatstaf wees om te bepaal dat sy selfmoord gepleeg het nie of is dit ‘n geval dat Namibie se staat net so briljant soos SA s’n is?

Klip in die bos ·

Wonder net hoekom jy 3 tasse klere sal pak en boeke sal saamvat as jy van plan is om selfmoord te pleeg????

Sê net ·

‘n Baie goeie vriend van my se seun het die oggend by Unisa ingeskryf vir ‘n vier jaar kursus in bestuur. Geen finansiële bekommernisse nie. Niks anders, sover ons kon vasstel, wat gepla het nie. Die middag rondom 3 uur het hy sy lewe geneem. Nugtere logika vlieg by die deur wanneer jy aan selfmoord begin dink.

Anoniem ·

Dis bitter moeilik. Al wat ek kan dink is om n handskrifdeskundige in te roep. O nee dit sal ok nie werk nie…sy kon gedwing wees.
Ai…stel n privaat speurder aan. Ek sou net die waarheid wou weet as haar familie

Juan ·

@KlipInDieBos, die sak kon al heelweek in die kar gewees het, dit kon vir die naweek wat verby was gewees het.

ELNA MYBURGH ·

Iets maak nie sin hier nie……. hoekom sal so pragtige, jong mensie so verskriklike selfmoord oorweeg? Dit maak glad nie sin nie…… hier skuil iets anders agter die hele ding.

Anoniem ·

Ja en hoekom sal sy sakke klere ,nagklere en ander besittings saam ry as dit haar plan was.
Baie sterkte aan die familie

Not adding up ·

Daar is soveer ander maniere om selfmoord te pleeg….hoekom op n treinskoop wil le? die angs van die trein wat nader kom sou haar seker twee keer laat dink het? of is ek verkeerd?

Roos ·

Sy was pragtig. Skoonheid het egter niks te make met jou verlies aan die wil om te lewe nie. Het sy maar eerder met iemand gepraat.
As mens so hartseer is, dink jy nie verder nie. Jy kan net nie sien dat daar ‘n toekoms kan wees sonder die verlies wat jy op die oomblik ervaar nie. Al wat oor bly, is om jou eie lewe te neem. So jammer. So onnodig. Dat haar daad tot iemand deurgedring het is gewis. Die “ultimate” straf.

Sonja ·

Roos, mense wat selfmoord pleeg doen dit uit ‘n plek van hopeloosheid. Hul voel so sleg / hartseer / depressief dat hul letterlik geen hoop vir die toekoms kan sien nie. Hulle doen dit nie om iemand te straf, of soos iemand anders se om onthou te word daarvoor nie. Kan jy dink hoe desperaat en seer jy moet he om jou lewe te beeindig. Ek bid vir al haar mense, sterkte en weet net dat sy dit nie gedoen het om enige iemand seer te maak nie. Sy’t net so seer gehad dat sy geen ander uitweg kom sien. So hartseer.

VanAfrika ·

Dit is so hartseer. Dit was n skok al is ek nie haar familie of ken haar van geen kant af nie. Die manier van die moord is vreeslik. Ek kan nie dink iemand kan so selfmoord pleeg nie. Ek dink ook hier is iets vreemd aan die gang. Mag ons Liewe Heer geregtigheid hier laat seëvier.

My innigste meegevoel aan haar familie en vriende. Mag ons Heer hulle dra in hierdie hartseer tyd.

Elizma, mag jy, haar ouers en suster en almal wat lief was vir haar en haar geken het die antwoorde vind op hierdie sinnelose dood van julle geliefde Elna-Marie.

Blondie ·

My hart breek vir haar familie. As dit waar is moes sy verskriklik gelyk het die dag toe sy haar motor sleutels vir die ontvangsdame gegee het. Of dié was onoplettend. Ek glo nie sy sou die verskiklikke besluit kon geneem het met ‘n smile op haar gesig nie.

GM ·

Elna, sommige individûe wil onthou word, daarom kies party sulke vreeslike maniere om selfmoord te pleeg – dit skok, dit het ‘n groter impak op dié wat agterbly. Netso ook met kinders wat by allerhande dinge betrokke raak – dis nie altyd omdat hul slegte kinders is nie, hul soek net hul ouers se aandag, en al hoe hul dit kry, is op sulke negatiewe maniere.

Ek kan ook nie insien hoe die meisie op ‘n treinspoor sou gaan lê het nie, maar ek ken haar glad nie. Hoekom al jou besittings inpak? Of wou sy eers net wegbreek en toe gebeur iets wat haar van besluit laat verander het?

Mag die waarheid uitkom ter wille van haar naasbestaandes.

humor ·

Moord is vir my n uitgemaakte saak. Indien sy deur treinwiele op n plat oppervlakte soos die spoor onthoof is sou dit op n afstand herkenbaar wees. Haar hele nek sou vergruis wees.. n Skerp mes , dolk swaard laat n totaal ander letsel. Indien sy haarself op die spoor gaan neerle het, wat te betwyfel is, sou sy deur die masjienis opgemerk wees.

C ·

Soos met my vorige kommentaar dink ek sy was gedwing om die briewe te skryf dink sy wou vlug toe word daar vir haar ingewag. Dit is net my opinie as ek die familie was sou ek beslis ‘n privaat speurder gehuur het om die saak te ondersoek, moordenaars kan baie op TV leer.

Riaan ·

Jammer om dit te se, ek was n treidrywer en het al mense so sien selfmoord pleeg,in die geval is dit net vreemd dat die treindrywer niks gesien het nie

Rina Kotze ·

Frikkie, dit is inderdaad ‘n baie goeie vraag!!!

Ek ruik ook ‘n vet vrot rot! Dalk ‘n jaloerse kêrel???

Dalk moet Mike Bolhuis gaan help, jammer Piet Beyleveld is nie meer met ons nie.

Mag jul as familie nooit ophou antwoorde soek nie en mag julle eendag berusting vind.

Hoe julle haar beskryf, watter tipe mens sy was, maak nie sin nie.

Mag ons Hemelse Vader vir julle genadig wees en troos in hierdie baie hartseer tyd.

Arsène Lupin ·

Die vraag “hoe kon sy haarself onthoof het” word oor en oor gevra – kom ek vertel julle – jy gaan lê langs die treinspoor, met jou nek oor die spoor, en dan wag jy vir die trein om te kom.
‘n Kennis het jare gelede dit gedoen – genoeg slaappille gedrink, en so oor die spoor gaan lê…
Wat ‘n verskiklike manier om jou lewe te beeindig.
Sterkte vir al haar geliefdes

honourable member ·

Hierdie storie maak glad nie sin nie en ek hoop die familie kry al die antwoorde wat hulle soek. Sterkte aan die familie.

Cecile ·

Ai dit is sleg, maar waar is haar kop, het dan net onthoofde liggaam gekry, vra maar net., dink aan die familie in die tyd.

jessica ·

i’m no expert, but there is no way she would go and lie down there to wait for the train, not a hope in hell, she was forced to right these letter by whoever and force to lie down there, more than likely been drugged or murdered and then her body was put there so it look’s like she killed herself, i smell a rat, they should open a murder docket, they just giving in to quick, to let it go, i hope to GOD her parents don’t leave it to this. The jealous boyfriend will be more than likely behind her death just like Oscar Pretorius and the rest who murdered they woman.

Ouma ·

Ek kan my verstom oor al die vrae en bespiegelings wat so blatant gemaak word waar ook die familie dit sal lees. Hulle worstel alreeds met die groot verlies en het baie vrae. Dit is seker nie nodig om tot in die fynste besonderhede te bespiegel nie? Shame ek voel so jammer vir almal wat vir haar life was.

Feite ·

“CCTV-beeldmateriaal wat bestudeer is, toon hoe sy omstreeks 19:30 alleen in die rigting van die spoorlyn stap. Sy was geklee in ‘n swart baadjie, jeans en tekkies.

Republikein verneem verder die vermoede is dat sy op haar rug gaan lê het, met haar kop gestut op die spoorstaaf. Sy het haar selfoon se oorfone in haar ore gesit.

Medikasie is in haar baadjie se sak gevind.

Twee treine het die nag suid langs dié spoor beweeg – een om 20:30 ­

en die ander een omstreeks middernag.

Republikein verneem ook die posisie waarin haar lyf gevind is met haar kop ‘n ent daarvan tussen die twee spoorstawe, is versoenbaar met die impak van ‘n trein se wiele.

Verder is dit volgens ‘n ingeligte bron ook onwaar dat boodskappe met dreigemente op haar selfoon gevind is.”

Kolle ·

Hierdie detail wat so beskikbaar is vir die publiek moet haar familie en vriende regtig skok.

Blommie ·

Feite,
Dankie vir jou inligting, ek neem die res ne kwalik met om te wonder nie.
Maroela sy berig laat mens baie wonder, ek myself het gewonder!
Hoe le enige mens op n trein spoor en wag dan laat die trein oor jou ry, enige regdekende mens sal skrik, beweeg, draai of watookal.
Maar wat jy se help baie, want as sy haar oorfone en medikasie gebruik het, sou daai menslike vrees ook heelwat minder word en dan bestaan die moontlikheid dat sy wel haar eie lewe geneem het. Dis regtig baie hartseer en om so iets te lees, wil mense uit reaksie geregtigheid sien uit liefde vir die jong dame wat oorlede is. Dis baie hartseer en baie sterkte aan die familie, my hart gaan uit na julle.
Maroela, kan julle ophou berigte plaas net om reaksie of sensasie uit te lok.
Berig tog oor die feite.

Mariaan ·

Sjoe ja…hulle moet maar als mooi bekyk…dis darem n baie ongewone wrede manier v selfmoord…arme vrou…wat ookal hier gebeur het…dis hartseer

Jacoline ·

Jammer vir haar familie maar die arme mens wat die trein bestuur het. Wat n skrikwekkende ervaring wat jou lewenslank sal bybly.

Roos ·

Ja, Jacoline, erger nog die arme mense wat die liggaam en kop moes gaan optel. Hulle sal dit ook vir altyd in hul geheue hê.

K van M. ·

Vra maar net :. Oor die breebte van die lokomotief, aan die voorkant, is gewoonlik ñ staalskerm wat voorwerpe van die spoor “vee” . Sou dit nie die liggaam weggestamp het nie? Het nog steeds my bedenkinge.

KG ·

So hartseer soos wat dit is klink selfmootd vir my moontlik in die geval. Hoekom gaan jy jou motorsleutels afgee om vir iemand anders te gee, wetende van jou besittings is nog in jou motor? Wat my wel so bietjie verwar het die trein drywer nie agtergekom of gesien hy ry oor iemand nie?

Skaam My ·

Liewe hemel mense,kry n lewe tog.Sies van julle is vieslik met die bespiegelinge.Kry tog net iets om julle mee besig te hou as julle sulke nuuskierige agies is.Nee jinne

EC ·

Ai ons lesers is darem maar goeie ondersoekers!…Ek verstom my oor die aanmerkings en opinies wat ons hier lees! Onthou tog volgende keer, die polisie lees nie die Republikein en bevind dan dat iemand selfmoord gepleeg het nie. Ondersoek verg bietjie meer as dit, ondersoekers moet op die toneel of ander bewyse vind wat gebruik word om hulle bevinding te staaf. Wees tog ook bietjie meer versigtig oor jou slim “kommin”taar! Die familie en vriende lees ook die berigte.

Uiltjie ·

…en het die man van Mzanzi opgedaag en die sleutels van die kar op te eis? Waarom nie?

Spikkels ·

Dit is baie hartseer en tragies om mens se lewe so te beëindig. Ek sien dit so en ek geen siener of speurder nie. Die dame het alles netjies gepak en al haar besittings in die kar gelos en haar sleutels afgegee by die ontvangs met die wete haar familie sal nie nodig hê om haar goed op te pak of te soek nie sy wou dit na die tyd vir hul dit makliker maak het sy seker geredeneer daarom sy gesê n man sal haar kar en goed later kom haal. Sy kon toe slaappille gedrink het voor sy op die treinspoor gaan lê het. Dit was in die aand ns 7 volgens berigte daarom kon die treindrywer nie persoon sien op die treinspoor lê nie veral indien die persoon in swart geklee is en treine ry nie 10km per uur nie. Dit bly hartseer en tragies om mens se eie lewe so of op enige manier te neem. Familie en vriende sal nooit werklik die rede verstaan agter dit nie vra sal altyd daar wees en antwoorde ontbreek. My broer het selfmoord gepleeg 40jaar terug en Hy was hierdie dierbare, uitgaande, joviale, vriendelike persoon vriend vir almal nooit gedink of besef hy is “depressief” nie. So enige iets is moontlik wanneer n persoon dalk net nie meer wil nie.

christine ·

So baie hartseer ek weet hoe voel die familie, baie sterkte.My seun ook selfmoord gepleeg die hoekoms en waaroms sal altyd daar wees .

Elsa ·

Dankie Feite vir al die antwoorde. Dit maak nog net nie vir my sin dat die treindrywer niks gesien het nie. Al ry treine in die nag, het ‘n trein skerp ligte om die spoorlyn te verlig. Miskien is dit beter vir daardie drywer, want hy sou niks kon doen om die trein betyds te stop nie. Ek was jare gelede in die speurdiens van die SA Spoorwegpolisie in Windhoek en het saam met een van die sersante ‘n treintrap ondersoek. Daardie vrou was dronk en het op die spoorlyn aan die slaap geraak en was te dronk om wakker te word. Dit het in die nag gebeur en die drywer het gesien daar lê ‘n mens op die spoor en kon niks doen om te stop nie. Miskien sal hierdie meisie se familie dit beter kan verwerk as sy eerder selfmoord gepleeg het, as wat sy wreed vermoor sou wees voordat sy op die treinspoor geplaas is. Sterkte aan haar familie.

Elize ·

Dit is moeilik om te glo dat die trein haar onthoof het.Het die trein oor haar gery.?Want dan sal syfyn gewees het.So jammer vir haar familie.As ek haar familie was .Sal ek n goeue speurder gekry het om alles te ondersoek.Haar foon.Tenminste.Dit moet so onaanvaarbaar wees vir haar familie.En so swaaar.

Penelope ·

Ek is een van die wat agtergebly het nadat my pa selfmoord gepleeg het, en ek het vandag nog vrae… Ek was onseker of my pa in die Hemel is of in die hel… my dominee het vir my gese dat iemand wat so ver gedryf is, nie meer helder dink nie. Op daardie oomblik dink die persoon net om alles oor en verby te kry en voel magteloos om aan te gaan. Die familie het maar elkeen sy eie storie en agenda gehad, en daarom voel ek, is die waarheid saam met my pa na sy graf. Ek kan myself nie voorstel wat deur my pa se gedagtes moes gaan nie, maar ek glo vas dat ons die laaste ding op sy gedagtes was. Hy moes so geworstel het en swaargekry het, want hy wou nie meer lewe nie, hy wou nie meer voel nie. Ek glo die Here het my pa vergewe en ek is baie bly dat ek hierdie gesprek met my dominee gehad het. Ek dink nie dit word altyd gedoen om familie te straf nie. Ek dink baie daaraan en wonder presies wat het in my pa se gedagtes aangegaan. Ek dink aan die familie wat agtergebly het, mag God julle vertroos in hierdie moeilike tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.