Landelike beveiliging geëis ná toename in Vrystaat-plaasaanvalle

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Een van die voordele van georganiseerde veiligheidstrukture is dat plaasaanvalle suksesvol afgeweer kan word, soos bewys in die jongste voorval waar die Parr-egpaar Sondag op hul plaas naby Ladybrand in die Vrystaat deur agt verdagtes oorval is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn skietvoorval het op die plaas buite Tweespruit losgebreek en twee vermeende aanvallers is noodlottig gewond.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus, het gesê dit is kommerwekkend dat die vermeende aanvallers van die Parr-egpaar as Lesotho-burgers geïdentifiseer is. “Dit dien as bewys dat boere se jarelange noodkrete vir die beveiliging van die Lesotho-grens op dowe ore val,” het Van Niekerk verduidelik.

Dít slegs een week na die plaasaanval op Chris Mostert buite Reitz op 15 Junie 2020. ʼn Verdagte is kort daarna naby Orange Farm in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn gesteelde R5-vuurwapen.

“Behalwe dat hierdie plaasaanvalle kort op mekaar op ʼn ernstige toename op plaasaanvalle in die Vrystaat dui, wek dit verder kommer dat dié aanvallers van buite die provinsie moes reis,” het Van Niekerk bygevoeg. “Die onvoldoende polisiëring van beide provinsiale- en landsgrense te midde van streng reisregulasies, is onverskoonbaar. Poreuse landsgrense stel die burgerlike samelewing en veiligheid van ons boere in gedrang.”

Die VF Plus loof die spoedige optrede van alle gemeenskapslede wat bygedra het tot die suksesvolle afwering van beide plaasaanvalle en die inhegtenisneming van aanvallers.

Die VF Plus doen opnuut ‘n beroep op landbouers om betrokke te raak by plaaslike veiligheidstrukture en moedig boere aan om hulself binne die raamwerk van die Grondwet te beveilig en te verdedig wanneer hul lewens bedreig word. “Landbouers is van onskatbare waarde vir Suid-Afrika en moet ten alle koste beskerm word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael 1 ·

Ek weet praat is maklik maar om te doen is moeiliker, die grensboere moet so gevrees word dat die aanvallers te bang moet wees om die grens oor te steek ,die boere moet n tipe van skrikbewind op daai grens voer met alles tot hulle beskikking dit is al hoe jy daai tipe weghou.

Kokerboom ·

Michael ek stem volkome saam. Dit moet net streng beheer word dat later nie weer ‘n vinger gewys word na veral Blanke boere se drang om hulself op grense te beskerm. Drastiese optrede is uiters noodsaaklik. Die regering gaan jul NIE bystaan!

Bushy ·

Net een oplossing.
Boere moet so ver as moontlik hul wonings sentraliseer, met ander woorde hulle moet nader aan mekaar bou en vandaar hul plase bewerk.
Skep ook villages na aan die wonings waar groepe witmense kan bly gebaseer op wedersydse ondersteuning.
Villages was n leefwyse vir boere voor die moderne era oorgeneem het.
N halwe eier is beter as n lee DoP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.