Landelike veiligheid: Agri SA maan tot kalmte

(Foto: Reint Dykema)

Die landbouorganisasie Agri SA sê boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe is toenemend die teiken van misdadigers. Wrede aanvalle lei tot moorde en misdaad wat nie net produsente nie, maar ook huishoudings en die breër gemeenskap raak.

Die organisasie sê dit bedreig landelike stabiliteit, beperk beleggings en het ʼn direkte negatiewe uitwerking op ekonomiese groei. Dit het ook ʼn invloed op die landboubedryf en landelike gemeenskappe wat tot trauma en die verlies van onskuldige lewens lei.

“Hierdie misdade word nou ʼn skokkende werklikheid en lei tot die opbou van emosies. Ons leiers vind dit toenemend moeilik om hierdie gevoelens te laat bedaar en dit kan aanleiding gee tot wettelose optredes wat Agri SA nie kan verdedig nie,” het Pierre Vercueil, president van Agri SA, Vrydag gesê.

“Ek wil graag ons lede maan om enige optrede binne die landswette te hanteer en nie op ʼn wettelose manier op te tree nie.”

Die afgelope week se betoging buite die hof in Senekal in die Vrystaat waar twee vermeende moordenaars van ʼn jong plaasbestuurder verskyn het, het handuit geruk en ʼn polisievoertuig is onder meer beskadig.

André Pienaar, ʼn boer van die streek, is Woensdag op aanklag van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem. Hy sou na verwagting Woensdag aansoek doen om borgtog.

Daar is egter nog geen duidelikheid of hy by die spesifieke voorval betrokke was nie.

Agri SA sê hy verneem van sy lede dat talle onwaarhede oor die afgelope week se gebeure nou op sosialemediaplatforms versprei word.

“Ek doen ʼn beroep op lede van die publiek om hulle te weerhou van die plasing van sulke boodskappe wat verder lei tot die opwekking van emosies en nie bydra tot die regsproses wat tans verloop nie,” het Vercueil gesê.

Die organisasie sê die blatante miskenning van wet en orde, die toepassing van dubbele standaarde en opruiende politieke uitsprake het ʼn nadelige uitwerking op die wese van die Suid-Afrikaanse samelewing en op landelike veiligheid. Volgens Agri SA bedreig dit ook die strategiese belang van landbou en ondermyn vertroue in die sektor.

Vercueil sê Agri SA en sy lede-organisasies is ten volle verbind tot die inwerkingstelling van die nasionale landelike veiligheidstrategie wat onlangs hersien is. Die plan moet bydra tot die bekamping van plaasaanvalle om ʼn veiliger produksie-omgewing vir die landbou te skep.

“In ons gesprekke met die polisie vroeër die week is veral klem gelê op die inwerkingstelling van die strategie, ʼn verbeterde reservistestelsel en die vestiging van veiligheidsbeheersentrums deur die land in ʼn poging om ook daardeur plaasveiligheid te verbeter,” het Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, gesê.

Agri SA sê as organisasie is hy verbind tot samewerking met die polisie en die regering om plaasaanvalle, moord en landelike misdaad te bekamp.

Aangesien dit burgers se grondwetlike reg is om beskerm te word, doen die organisasie ʼn beroep op die polisie en die regering om daadwerklik te reageer en wet en orde te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trotse Boervrou

Ons was lank genoeg kalm. Dit het nie gehelp nie.

Persheks Adri

Bring die kommando’s terug klaar ons het mos klaar mooi gepraat

Androclus

Koel af en laat ons Krugerdag môre herdenk.

Herpiet

Regering stel nie belang nie. Keer op keer bewys ons wittes is op ons eie. Inteendeel wag hulle in afwagting om te kyk wanneer ons n voetfout maak sodat hulle ons vir alles kan blameer. Kyk maar die kar omgooi. Soebat en regering pleit vir help mors net asems. Tyd om reg te maak vir volskaalse weerstand.

Karlientjie

Ja Agri kom ons kalmeer soos wat ons met AL die ander boere ook gemaak het nadat hulle vermoor was, Lyk dit vir julle of dinge enigsins beter word??????? Doen iemand iets om die boere te help in so wyse dat ons al n verbetering kan sien???? Asb begin eerder n plan uit werk om ons mense te red, as wat julle nou net verwag dat almal oe toe knyp en maak of alles 110% is.