‘Landelike veiligheid skiet tekort in die Vrystaat’

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Landelike veiligheid skiet ver tekort in die Vrystaat en ook in die res van die land.

Só het Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat, gesê nadat ʼn boer van Oranjeville Maandagoggend aangeval is.

Ronnie Brand is op sy plaas naby die Jim Fouché-vakansieoord aangeval. Hy is met ʼn moersleutel aangerand. Een van Brand se vermeende aanvallers het kort daarna buite Sasolburg in Brand se gesteelde bakkie verongeluk.

“Daar word jag gemaak op boere, wat ʼn onhoubare situasie vir landbouers en landbou-werknemers skep.

“Landelike beveiliging moet prioriteit-aandag by die regering geniet. Dit is nie genoeg om bloot ná ʼn aanval te reageer wanneer dit gewoonlik te laat is nie. Behoorlike voorsorg moet getref word om hierdie aanvalle te voorkom of af te weer.”

Volgens Van Niekerk moet die regstelsel toesien dat plaasaanvallers uit die gemeenskap verwyder word en strenger borgtogvoorwaardes moet ingestel word vir beskuldigdes van ernstige geweldsmisdade, soos plaasaanvalle en -moorde.

“Grensbeheer, waar plase aan Lesotho in die Oos-Vrystaat grens, is van kardinale belang. Boere in hierdie gebiede is onder beleg. Dit is nie aanvaarbaar dat Suid-Afrikaanse burgers wat bedags sorg vir die volhoubaarheid van die land se voedselvoorsiening, snags vir hul lewens op hul eie plase moet veg nie.

“Slegs 36 000 kommersiële boere moet voedsel voorsien vir nagenoeg 58 miljoen mense in uiters gevaarlike omstandighede. Dit is tyd dat die regering daadwerklike oplossings op die tafel plaas om hierdie aanslae op ons land se boere af te weer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Werner ·

Die ou wat nog droom dat die regering iets omtrent landelike veiligheid sal doen het nie n idee wat in hierdie land aangaan nie

Johan ·

Werner, ek stem 100% saam! Ek sê al ‘n geruime tyd dat ons moet ophou in howe rond karring of met die regering probeer onderhandel. Die tyd het gekom om ons Volk bymekaar te roep, leiers te kies en daadwerklike planne op die tafel te kry oor hoe ons ons eiendom, grond en voortbestaan in hierdie land gaan verdedig. Dit is lankal tyd dat ons bewapen, organiseer en ‘n baie duidelike boodskap aan die regering stel (bv. ‘n ultimatum). Ek het gehoop dat die VF Plus, AfriForum, Solidariteit of wie ook al die voortou sou neem, maar heelaas. Ons tyd hardloop bitter vinnig uit…

Rubber ·

Hoe kan jy die vyand wat nie eens ‘n kragstasie aan die gang kan hou, of ‘n SAA vliegtuig in die lug kan hou nie, om jou te beskerm. Nee mense, hoe gouer ons organiseer hoe beter. Beskerm jouself die vyand het geen planne om dit te doen nie.

Jerry ·

Jan, ek verstaan nou glad nie lekker wat hier aangaan nie, omrede die VF se frontorganisasie, naamlik die mildelike Afriforum, juis n paar jaar gelede paralelle strukture gestig het met die doel om landelike veiligheid by die staat oor te vat aangesien daar toe alreeds motivering daarvoor was, wat aangedui het dat die staat nie bevoeg was om landelike veiligheid te waarborg nie. Nou kom jy en jy vra hulp van die staat, probeer jy vir ons se dat Afriforum dan nou dus ook onbevoeg gevind is vir landelike veiligheid binne die selfbeskikkingskonsep en “slaan terug” verkiesingsbelofte? Indien dit die geval sou wees, dan is Lesufi beslis nie die enigste foefie nie!

AndrewL ·

Solank as wat die regering biljoene Rande skep van misdaad belasting, sal net die minimum gedoen word om misdaad te bekamp.

Willie ·

Mens sal genoodsaak wees om jou sekuriteit, op te lei, blyplek te moet gee, want die staat gaan niks doen nie…

Grassie ·

Aaag tog MM. Ek sal maar weer probeer. Dit is nie net die landelike veiligheid van die Vrystaat wat tekort skiet nie, alle staatsbeheerde instansies is besig om in duie te stort. Die mooi plattelandse dorpies van weleer in die Vrystaat is besig, of het reeds, in agterbuurte ontaard en word kaal geplunder deur hul ANC heersers. Nie een munisipaliteit in die Vrystaat het ‘n gunstige ouditverslag ontvang nie. Geld wat by voorbeeld deur inwoners vir krag betaal word raak net weg en word nie aan Eskom betaal nie. Sulke wetteloosheid en wanorde skep ‘n klimaat vir misdadigers om in te floreer, insluitend plaasrowers/moordenaars.
Ek stem saam met Werner hierbo.

Frik Lotz ·

Die situasie het onhoudbaar geword en dit kan nie so voortgaan nie. Die regering voel niks vir boere en hul veiligheid in hierdie land nie anders sou hul lankal al iets gedoen het en plaasmoorde ook tot n prioriteitsmisdaad verklaar het. Dankie aan Jan van Niekerk, wat self n boer is, vir die harde werk wat hy insit om die boere te help waar hy kan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.