Landsgrense heropen binnekort

Mense staan in Desember in ellelange toue by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. (Argieffoto)

Suid-Afrika se landsgrense sal na verwagting Maandag heropen, maar met streng veiligheidsmaatreëls en planne om te verseker Covid-19-toetse kan vinnig by die grensposte by veral Beitbrug en Lebombo gedoen word.

Die grense is verlede maand gesluit te midde van die tweede golf Covid-19-infeksies. Dit het benewens die grensposte by Lebombo en Beitbrug ook die sluiting van die Maserubrug-, Oshoek-, Ficksburg- en Kopfonteingrenspos ingesluit. Dit is sommige van Suid-Afrika se besigste landsgrensposte.

ʼn Humanitêre krisis het vroeër by die Beitbrug- en Lebombo-grenspos afgespeel toe duisende mense dae lank in toue gewag het om die grens oor te steek.

Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die parlementêre komitee oor hierdie portefeulje Dinsdag op die hoogte gebring van die departement se gereedheid om grense te heropen.

Motsoaledi het aan die komitee gesê sy departement beraadslaag met onder meer die departement van gesondheid om ʼn plan te finaliseer vir die beoogde heropening. Sodra dit afgehandel is, sal die plan aan die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (NatJoints) vir goedkeuring voorgelê word.

Van die sleutelkwessies wat gepak moet word sluit in bykomende kapasiteit om Covid-19-toetse te doen. ʼn Kaartjiestelsel en beperking op hoeveel mense in toue mag wees word beoog en planne is beraam om sosiale afstandhandhawing af te dwing en meer wetstoepassers te ontplooi.

Die opeenhoping van vragmotors wat wag om die grense oor te steek was vroeër ʼn groot probleem. Die departement beoog nou om spesifieke maatreëls in werking te stel om ʼn herhaling van die situasie te voorkom. Dit sluit in die bepaling dat geen toue langer as 700 m tussen die weegbrug en die grenspos toegelaat gaan word nie.

Volgens Motsoaledi was daar ook samespekings met buurlande om operasionele tye in ooreenstemming met die aandklokreël te bring.

Adv. Bongani Bongo, komiteevoorsitter, sê hulle is tevrede met die plan wat binnelandse sake in samewerking met ander departement voorgelê het.

“Die komitee het egter gewaarsku dat planne niks beteken as dit nie behoorlik in werking gestel word nie,” het Bongo gesê.

Hy sê ʼn gebrek aan grensgesondheidsbeamptes was een van die grootste oorsake van die krisis wat by die grensposte ontstaan het en die departement se planne om werk te maak daarvan, word verwelkom.

Volgens Bongo was ʼn geïntegreerde plan tussen Suid-Afrika en sy bure uit die staanspoor nodig. Die situasie het net weer die behoefte aan ʼn behoorlike plan vir die medium- en langtermyn benadruk – veral gegewe die komende Paasnaweek en ʼn verwagte toename in mense wat die grense wil oorsteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genis ·

Ja nee kyk hier stroom Afrika weer in met n magsdreuning…

Di ·

Voorspoed ek is seker julle gaan BAIE beter af wees daar as hier!

Marisa W ·

Die planne sluit in “die bepaling dat geen toue langer as 700 m tussen die weegbrug en die grenspos toegelaat gaan word nie” – so nou gaan die toustanery net voor die weegbrug gebeur – wat ‘n grap.

Mari ·

En hier kom nog Covid infections – nog n verdere rede om alles op hou te sit!
Ag nee wat - julle gaan die ding nooit uitroei nie, want dit gaan nog
n rede wees wat julle ANC Kaders gaan aanvoer, vir verdere inperkings en meer skade aan ons land se ekonomie

Elize ·

Nes die infeksies daal dan jaag julle dit weer op.Vergeet van die spuitstof en inperking. Stel die inperking af sodat ons kan aangaan met ons lewens en die ekonomie op die been kan kry.

Mariana ·

Ja wat maak oop, laat hulle instroom. Hier is mos nog nie genoeg mense nie, als is volop en inentings sal verskaf word. Lekker man lekker………en dit terwyl Suid-Afrikaners elke dag sterf, van Covid of van honger. Hier is nie werk vir ons eie inwoners nie, maar nog word ingelaat. Kos is duur en so ook alle ander goed, maar nog monde om te voed is seker nie so sleg nie. Daar sal verseker ook sommer nog kriminele ook deurkom want hier is mos nog nie genoeg nie. En so gaan dit……………..

Mariana ·

Ja dis snaaks. Ons is nog onder “Lockdown”, maar vreemdes word ingelaat en min van hulle gaan weer uit. Hoe gaan hierdie virus ooit wyk as die regering net maak soos hulle wil? Of is dit net nog ‘n manier om ons vas te hou. Mense se lewens moet begin normaliseer sodat die land weer kan voortbeweeg. Maar almal word bloot geìgnoreer.

Fedup ·

Oh my dear soul. Here we go again.
Let the flood gates open.

Stefaan ·

Hulle kan nie eers opeenhoping onder normale omstandighede beheer nie. Ons weet al hoe hulle planne boemerang.

Suzette ·

Kan nie verstaan dat die regering nou ons landsgrense oopgooi vir enigiemand en sy kiem om hier in te kom nie. Dis baie dom. Ander lande sluit hulle landsgrense vir ons, maar ons sê “julle is almal welkom hier – kom binne”. So wees maar verseker van die derde vlaag….

Jeanette ·

Goeie genade nee ek weet nie meer nie, wat wil hulle hier kom doen? Hier is skaars werk en blyplek en kos vir ons eie mense maar hulle bly net instroom, want ons weet al, sertifikate word verkoop wat se ek is covid free, dit kan mos onmoontlik nie beheer word nie. Rerig die regering werk met sy gatkant vorentoe, slaan my toetaal en al dronk

Di ·

O liewe genade! Ongelooflik hoe hierdie Regering dink. Boetie moet mos vir boetie sorg, maak nie saak waar jy vandaan kom nie – almal is welkom in die land van melk en heuning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.