Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand aangekondig die algehele landswye afsondering van 21 dae, sal met twee weke tot die einde van April verleng word.
Hy het Donderdagaand die land toegespreek ná ʼn vergadering van die beheerraad en gesprekke wat hy deur die loop van die dag met maatskaplike vennote gevoer het. Hy het ook met die premiers van die verskillende provinsies en leiers van alle politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, vergader.
Hy het Suid-Afrikaners bedank vir die samewerking, toewyding en geduld wat hulle tot dusver getoon het tydens die afsonderingsperiode om die verspreiding van die nuwe koronavirus (Covid-19) te voorkom.
“Sedert ek twee weke gelede die afsonderingsperiode aangekondig het, het die pandemie wêreldwyd vererger. Daar is tans 1,5 miljoen gevalle wêreldwyd en 90 000 sterftes is wêreldwyd aangemeld. Gesondheidstelsels is oorweldig. Selfs die mees ontwikkelde lande sukkel om die groot getal pasiënte te behandel en sukkel om genoeg mediese voorraad en personeel te bekom,” het die president gesê. “Die verwoestende impak is dat talle persone reeds gesterf het.”
Ramaphosa het gesê die wêreldwye bewyse is oorweldigend. “Dit bevestig ons besluit om ʼn nasionale ramptoestand af te kondig en om ʼn landswye algehele afsondering in te stel, was akkuraat en betyds. Dit is nog te vroeg om ʼn besliste analise te gee oor die vordering van die siekte in Suid-Afrika, maar daar is voldoende bewyse om te wys dat die afsonderingsperiode werk.
“Sedert die afsonderingsperiode ingestel is, het die koers van nuwe gevalle beduidend verlangsaam. Van 1 170 bevestigde gevalle op 27 Maart staan ons tans op 1 934. In die twee weke voor die afsonderingsperiode was die gemiddelde daaglikse toename in nuwe gevalle ongeveer 42%. Sedert die aanvang van die afsonderingsperiode is die gemiddelde toename in nuwe gevalle ongeveer 4%.
“Alhoewel ons bewus is van die behoefte om meer toetse te doen om ʼn beter prentjie te kry van die infeksiekoers, verteenwoordig dit werklike vordering.
“Die maatreëls wat ons ingestel het, soos om ons grense te sluit en openbare byeenkomste te verbied, en die veranderinge wat ons elkeen aangebring het in ons eie gedrag, het beslis die verspreiding van die virus verlangsaam.
“Die stryd teen die koronavirus is egter nog glad nie verby nie. Ons is nou eers aan die begin van ʼn monumentale stryd wat al ons hulpbronne gaan verg. Ons kan nie ontspan nie, ons kan nie agteroorsit nie.”
Ramaphosa het bygevoeg die regering leer uit die ervaring van ander lande. “As ons die afsonderingsperiode te vinnig of te skielik gaan staak, sal ons moontlik ʼn reusagtige en onbeheerde heroplewing van die siekte beleef. Ons staan die kans om dan ons harde werk en opoffering die afgelope paar weke tot niet te maak.
Afsonderingsperiode word verleng
“Mede-Suid-Afrikaners. Ek staan vanaand voor julle en vra dat julle selfs langer sal uithou. Ek moet julle vra om groter opofferings te maak sodat ons land die krisis kan oorleef en sodat tien duisende lewens gered kan word.
“Ná sorgvuldige oorweging van die beskikbare bewyse, het die nasionale beheerraad besluit om die algehele landwye afsonderingsperiode met ʼn verdere twee weke te verleng ná die aanvanklike 21 dae. Dit beteken dat meeste van die bestaande afsonderingsreëls in plek sal bly tot die einde van April.
“Ons sal die volgende paar dae gebruik om te evalueer hoe ons risiko-aangepaste maatreëls in plek kan stel om ʼn gefaseerde herstel van die ekonomie kan verseker en kan seker maak dat sekere bedrywe terugkeer onder streng beheerde toestande.”
Die president het gesê die besluit om die afsonderingsperiode te verleng, is nie ligtelik geneem nie. “As julle president is ek bewus van die swaar en groot las wat dit op julle gaan plaas. Ek is baie bewus van die impak wat dit op ons ekonomie gaan hê. Maar as ons nie nou hierdie moeilike maatreëls gaan instel nie, sal die koronavirus-pandemie ons oorweldig en uiteindelik die land verwoes.
“Ons wil almal ons ekonomie laat herleef, ons wil hê mense moet terugkeer werk toe, ons wil hê ons kinders moet teruggaan skool toe, ons wil hê mense moet weer vrylik kan rondbeweeg. Maar ons onmiddellike prioriteit moet wees om die verspreiding van die virus te voorkom en groot lewensverliese te verhoed.”
Inligtingsentrum by WNNR ingerig
Pres. Ramaphosa het gesê ʼn Covid-19-inligtingsentrum is by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) ingerig.
“Dié wêreldklassentrum sal boek hou van alle siftingsprosesse, toetse, isolasie en hospitalisasie deur die land. Sekere besmettingskernpunte is reeds geïdentifiseer. Die sentrum volg ook die verspreiding en erns van die siekte en sal ons in staat stel om ons fokus en hulpbronne aan te wend waar dit die meeste benodig word.”
Impak op die ekonomie
“Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het R40 miljard opsy gesit om werknemers te help wat nie sal kan werk nie, as deel van die poging om werksverliese te voorkom weens die afsonderingsperiode. Tot dusver is R356 miljoen reeds uitbetaal.
“Baie dankie aan alle werkgewers wat steeds hul personeellede betaal gedurende hierdie moeilike tyd en werkgewers wat met vakbonde en die regering saamwerk om hul werknemers te help om toegang te bekom tot dié voordele.”
Ramaphosa doen ʼn beroep op alle ondernemings om steeds hul verskaffers te bly betaal tot die mate wat hulle in staat is om dit te doen. “Dit sal verseker dat verskaffers self operasioneel kan bly en hul personeellede en eie verskaffers kan betaal. Ons moet alles in ons vermoë doen om seker te maak die onderliggende ekonomie is steeds bedrywig.”
Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het R3 miljard opsy gesit vir die aanskaffing van noodsaaklike mediese voorraad.
Die Small Enterprise Finance Agency het goedkeuring gegee dat leningsbetalings vir ʼn periode van ses maande uitgestel word.
Die regering het ook R1,2 miljard herprioritiseer om verligting te bied aan kleinboere en ʼn bydrae te maak tot voedselsekerheid.
Solidarity Fund
Die regering se Solidarity Fund, wat ingestel is om hulpbronne van maatskappye, organisasies en individue te bekom om die verspreiding van die koronavirus te bekamp, het reeds R2,2 miljard ingesamel.
“R1 miljard is reeds geallokeer om handskoene, gesigmaskers, toetsstelle en ventilators aan te koop,” het die president gesê. Die fonds sal ook humanitêre verligting bied aan kwesbare huishoudings, bykomend tot die R400 miljoen wat die regering opsy gesit het vir maatskaplike verligting.
“Al hierdie pogings gaan egter nie voldoende wees om behoeftes teen die impak van die pandemie te beskerm nie. Dit gaan ook nie die verligting bied wat ondernemings en hul werknemers benodig nie. Bykomende buitengewone maatreëls sal in die volgende paar weke ingestel moet word om die skielike verlies aan inkomste aan maatskappye en individue te absorbeer. Ons is in ʼn situasie waar ons vinnig moet reageer met buitengewone metodes, ʼn situasie wat vernuwing en die mobilisering van elke hulpbron gaan benodig.
“Die kabinet sal ʼn omvattende pakket van dringende ekonomiese maatreëls ontwikkel om te reageer op die onmiddellike krisis en die erge ekonomiese uitdagings wat in die komende maande ons in die gesig gaan staar. Verdere aankondigings hieroor sal binnekort gemaak word.”
Salarisvermindering vir hoëlui
Ramaphosa het gesê uit die samelewing het maatskappye en individue na vore gekom om finansiële en ander bystand te lewer. “Om hierdie poging te ondersteun, het ons besluit dat die president, adjunkpresident, ministers en adjunkministers elkeen ʼn eenderde vermindering in hul salarisse sal neem vir die volgende drie maande. Hierdie deel van hul salarisse sal aan die Solidarity Fund geskenk word.”
Hy doen ʼn beroep op ander hoëlui en uitvoerende hoofde van groot maatskappye om ook ʼn soortgelyke gebaar te maak.
Stryd duur voort
“Ons stryd teen die koronavirus vereis fundamentele verandering in gedrag van ons almal. Totdat die virus onder beheer is, geld dieselfde reëls. Moenie blad skud nie, moenie iemand omhels nie, moenie te naby aan mekaar sit nie, en alle ander vorme van fisiese kontak waardeur die virus oorgedra kan word, moet vermy word. Ons moet steeds ons hande gereeld en deeglik was.
“Ons moet steeds die riglyne respekteer wat ook al ingestel word op ons beweging en ons daaglikse lewens.”
Hy het gesê hierdie naweek is ʼn gewyde tyd vir talle Suid-Afrikaners. “Talle sal dit moeilik vind om nie tyd saam met vriende en familie te spandeer nie. Ek vra dat julle vanaand aan almal in ons land sal dink wat kwesbaar is, behoeftig is en alleen is. Doen wat jy kan om hulle las te verlig.
“Hierdie is ʼn moeilike tyd vir ons almal, maar ons dra die boodskap van Paasfees in ons harte. Dit is ʼn boodskap van hoop, herstel en opstanding. Terwyl ons hierdie pad saam loop, terwyl ons saam veg teen die pandemie, bly ons sterk, verenig en vasbeslote. Baie word van jou gevra, baie meer as wat ooit van jou gevra moet word, maar ons weet dit is ʼn kwessie van oorlewing. Ons durf nie misluk nie. Ons sal herstel. Ons sal oorwin. Mag God Suid-Afrika seën.”
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
Het die regering al raalgesien hoeveel mense janter nogsteeds in die strate rond. Dan help dit niks. Ons wetgehoorsames sit by die huis en ry net rond as ons basiese kos benodig, maar in die middestad gaan dit mal. Dan sal die afsondering mos nie werk nie. Almal moet tuis bly behalwe diegene wat noodsaaklike dienste verskaf
Ek kan verstaan dat hy die sleg ekonomiese nagevolge van lockdown gaan gebruik om wit besighede by te kom, vas te vat en te ruïneer. Dis seker maar deel van die ewige straf wat ons moet dra vir apartheid.
Maar het hy ooit daaraan gedink dat dit die ekonomiese insinking na lockdown ook sy eie mense, sy eie ras, gaan benadeel?
Wat n blerrie grap, die sirkus raak net groter en groter want die virus bly versprei omdat so baie mense nog rondbeweeg. . Ironies is diegene wat nie anc gestem het nie is wetsgehoorsaam en bly tuis,die wat wel gestem het vee hul af aan die wet en opdrag wat hul president ingestel het… Ek wonder soms hoe sou die regering voor 1994 die situasie gehanteer het. Die president sny sy salaris met n derde, maar honderde van die mense kry op die oomblik geen inkomste, ek dink dieselfde moes vir hom en sy kabinet gegeld het aangesien hy in n staatshuis bly,op staatsgeld eet ens wat als van die belasting betalers afkom..
Nie honderde nie, duisende. “Gelukkig” het staatsamptenare ‘n maandlange betaalde vakansie.
Growwe veralgemening. Hierdie is geen vakansie vir enigiemand nie
want hulle sien die wet is om wetsgehoorsames in die huis te hou en ander te laat rondloop…
Wil nie veel sê nie maar die verlenging van inperking sal nie werk nie.Mense verarm en raak werkloos.Mense steur hul in elk geval nie daaraan nie.Duidelik is daar geen afname van infeksies nie só iewers doen iemand iets verkeerd.Die pogings om n teenmiddel te kry,blyk maar power regoor die wêreld.Ek kan verkeerd wees maar my gut sê vir my China het reeds n teenmiddel wat hul nie wil deel met res van wêreld nie
Dood….of arm….die keuse is joune.
en dan gaan mense meer in hulle huise aangeval word
Ditto. My opinie is dat hulle die VSA wil vernietig. Waar is Wall Straat? Vraag is hoekom is daardie gedeelte buite vehouding met die res? Ons is lankal in n wereldoorlog gewikkel, nie fisies nie maar deur vernietiging van die ekonomie.
Oscar gaan nog eerder uit wees as ons.
lyk so
Ek dink die hele staatsdiens moet ‘n derde salarisvermindering vat, nie net die ministers nie.
Hierdie geld kom van dieselfde belastingbetaler.
Stem,hulle sal nie eers ‘n derde voel nie.Ek sal net die belasting vat wat op hulle salarisse gehef word
Dan verwag jy o.a. dat al die verpleegsters en dokters, polisie en weermag wat deel vorm van die staat ook minder moet verdien, juis in hierdie tydperk?
Die polisie en weermag is in elkgeval permanent op vakansie as ek kyk na die misdaad statistieke en die weermag kampe soos voortrekker hoogte wat soos n plakkerskamp lyk
Weereens growwe veralgemening. Ek weet van polisielede wat 24/7 beskikbaar is om mense van diens te wees
Jammer Erik,ek moes meer spesifiek gewees het.Ek bedoel eintlik die ministers ens.Hulle kan die nooddiens mense met bonusse vergoed.Hulle doen uitstekende werk
Ek is dankbaar dat ek nie die president of enige wêreldleier op die oomblik is nie. Hierdie besluite kan mense se lewens kos. As ek nie aan enige implikasies dink nie, maak die verlenging sin. As ek moet dink aan mense wat inkomste verloor, die ekonomie en die emosionele impak hiervan is ek bekommerd. Die enigste ligpunt is dat daar nie meer ruimte gaan wees in ons ekonomie vir enige nonsens (bv. nasionale gesondheidsorg) nie. Kom ons hoop hierdie krisis dwing ons regering om later die regte ekonomiese keuses, i.p.v. gewilde ekonomiese keuses te maak.
Ek lees so en wonder, reg daar is nog mense wat rond beweeg en aangaan met hulle lewens. So hulle is verkeert veral as hulle kuier en so aan. Maar mense voor julle so oordeel oor die inperking wat verleng is, gaan kyk op cnn vir n dag. Kyk wat gebeur in new York en in amerika waar dieregering nie ag geneem het op ander lande oor die virus nie. Dan sal julle dankbaar wees oor die voorsorg wat hier getref word. Ons word nou geontrief, maar ons moet glo en sterk wees in daai geloof dat ons sal opstaan hierna en dat ons sal herstel. Die jaar is n beproewing vir almal, glo my ek weet want my famielie lei self onder die afsondering, my skoonouers, my eie ouers lei hier onder want hulle lewe was voor die tyd reeds moelik. Maar ons het geloof, ons glo dat na die tydperk die lewe vir almal van ons weer sal herstel al moet my ouers eers by ons kom bly vir n tyd. Die gejaag na geld is wat ons het waar ons is.
Ek sê nog steeds hulle ruk die see onder die eend uit. Mense is besig om van honger dood te gaan en regering in bekommetd oor ‘n verkoue virus. Daar gaan jaarliks meer mense dood aan TB, Vigs en ander siektes sowel as moorde , maar die land kom nie daarvoor tot stilstan nie. Gaan alle siektes nou toe geskryf word aan die virus? Meer mense gaan doodgaan van ander siektes en oorsake as die virus. En verder verarm almal net.
Duidelik is jy nog n spring chicken….ons ouer honde stres maar…hoop regtig nie JY word siek nie!
Strandloper, ek is al in die 60 en my ouers in die 80, maar ek is gesond, lewe gesond. My ouers is gesond maar ek maak gereeld by hulle draai en doen hul inkopies vie hulle. Hulle bly nog on hul eie huis. Ons is gelukkg maar duisende is nie. Sou jy eerder van honger wou doodgaan? Dit is wat met miljoene hier gaan gebeur, nie aan die virus nie.
Strandloper, as die skoen pas trek hom aan. Ek is ook al in die 60 maar ek het ook al geleer dat stres mees ook doodmaak. So hoekom moet ek stres? Ek is gesond, lewe gesond. Ek is meer bekommerd oir die miljoene mense wat een van die dae gaan dood gaan van die honger as van die virus. Soos ek al die hele tyd sê, meer mense gaan doidgaan van ander oorsake, TB, Vigs, moord esm as aan die virus. Vir 20 moontlike virussterftes word die land se ekonomie tot niet gemaak, maar dit is niks as 100 plus mense vermoor of verkrag of met vigs besmet word of aan verkoue of kanker of wat ook al stetf nie. Hou op om histeries te wees.
Ek stem saam, maar dis nie ‘n verkouevirus nie – dis meer verwant aan ‘n griepvirus.
Ek is regtig bekommerd oor diegene wat slegs op kommissie basis werk, wat gaan die arme mense doen. Niemand van ons het finansiele beplanning gedoen vir die gemors nie. Maar SARS eis nogsteeds sy pont vleis. Wat my meer bekommer is dat daar alreeds in twee weke se tyd soveel werkloosheids versekering geeis is, is al die wat eis regtig in twee weke al genoodsaak om dit te doen, is daai individue wel mense wat bydrae tot maandelikse UIF?? Ek voel steeds dat die regering nie die regte stappe gevolg het om te verhoed dat die ding in die land versprei nie. As hulle alle toeriste huis toe gestuur het, ons grense vooraf toegemaak en al ons burgers wat van oorsee af terug gekeer het vroegtuidig gemonitor het was ons nie nou in die situasie nie.
En nie ‘n woord oor ras nie. Is blankes nou ingesluit of uitgesluit?
Ek sien uit na 1 Mei want dit is n vakansie dag.
Skerp….
Stefan, wil net vir jou se. My dogter is in di lugmag en stel haar lewe in gevaar om ongehoorsame mense in hul huise te hou. Sy moet steeds elke dag gaan werk. Haar salaris is gladnie groot nie. Sy lewe skaars met dit. Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Ministers kry R200 000 per maand. Sy kry ni eens R20 000 nie. En dit terwyl sy al 10 jaar in di mag is en al ń lt is
Ek sou dink R20 000 is meer as te veel vir rondsit heeldag!Weermag wat Lugmag insluit is permanent op verlof(betaalde verlof)
Ag boeeee. Duidelik het julle wat so maklik sê mense van die polisie en die weermag doen heeldag “niks” nie, geen idee waarvan julle praat nie
Dankie dit is n wyse besluit.
Dit maklik om te se hou aan betaal verleng esv maar waar gaan mens geld lry uif gaan nie almal se aansoeke kan proseseer nie en dus kry ons nie geld nie so hoe hou mens die geld aan die rol?
Stem saam met netekalleen. Ek kan die geluid van verkeer in hoofstraat so twee blokke van hier goed hoor. Na ses in die aand doodstil. Gedurende werksure is dit taxi toeters en duidelik baie verkeer. Te veel mense ignoreer die inperkings.
Dalk mense wat noodsaaklike dienste lewer?
Al wat mens hieruit aflei is dat daar nogtans ‘n ‘hulle’, ‘julle’ en ‘n ‘ons’ is.
1. “Hulle” elk ‘n 3de salaris skenk oor 3 maande (hy kon maar ook, soos die Mickey Muis Huis Voorsitter, sy volle jaarlikse salaris geskenk het, ek glo hy kan doen sonder ‘n miljoen of 3)
2. “Julle” nog groter opofferings gaan moet maak. Want ironies, sal nie een van die sg. “wêreldleiers” na “hulle” alles gesê het, krepeer van ellende nie, agv van “hulle” swak besluite nie, al is “hulle” verantwoordbaar nadat talle waarskuwings oor die globale risiko van so virus vir jare aan “hulle” gerig is nie.
3. Nogtans moet “julle” “ons” ondersteun.
Enigste probleem is, “julle” kan “ons” nie meer ondersteun nie want “julle” het ook geen inkomste meer nie, en dit beteken: geen geld nie, no money, ayikho imali; hapana mari; ha ho na chelete; hakuna pesa
… watter deel verstaan “hulle” nie.
Ek dink hy moes gewag het tot na Paasnaweek om te sien hoe die getalle lyk. Hoop hulle skort dit op as dit aan die lig sou kom dat die getalle so ongelooflik laag bly.
Met die lockdown gedurende Paastyd sal ons padsterftes hopelik vir die 1ste keer in jare onder 13000 vir die jaar wees. Ek glo Corona gaan nie 13000 in SA doodmaak nie. As ons regering rerig so ernstig is oor lewensverlies, hoekom nie elke jaar ‘n maand-lange lockdown op padverkeer nie? HA-Ha. Ek sien hoe stik almal in hulle voggies!! “Just joking”.
met die siening en houding van baie mense sal die ramp nie beter word nie….
gister praat ek iemand aan wat in die straat voor ons huis stap….dis lockdown for all…stay at home!!!…… lockdown is to keep you people inside so that we can walk free outside…. dis rassisties … en ek kon sien hy is n uitlander …. maar voordat ‘our people’ nie houding verander nie gaan dinge nie goed uitwerk nie…. hel ek het gedog ons is nou al n nasie van SA
En die ou wat die verlenging voorspel het word nou aangekla van “Fopnuus”? Dit was dan die waarheid??