Landswye busstaking wink voor Paasnaweek

Satawu doen ’n beroep op gemeenskappe om alternatiewe planne vir die langnaweek te maak, want die staking sal waarskynlik dienste ontwrig. (Foto: CHUTTERSNAP / Unsplash)

Pendelaars landswyd kan dalk oor Paasnaweek gestrand sit indien die vakbond Satawu met sy dreigemente om te staak voortgaan.

Die vervoervakbond waarsku dat ’n nasionale staking in die passasiersbussektor nog voor Paasnaweek kan plaasvind indien werkgewers nie ʼn sinvolle aanbod vir ʼn verhoging en mediese voordele ter tafel lê nie.

Satawu doen ’n beroep op gemeenskappe om alternatiewe planne vir die langnaweek te maak, want die staking sal waarskynlik dienste ontwrig.

Die vakbond probeer al sedert die begin van die jaar deur die Suid-Afrikaanse Padpassasiersbedingingsraad (SARPBAC) met werkgewers onderhandel, maar dié het die afgelope week ʼn dooie punt bereik. Die werkgewers word deur die Suid-Afrikaanse Buswerkgewersvereniging (Sabea) verteenwoordig.

Satawu eis ʼn 5,3%-verhoging op die minimum loon vir die eerste jaar en ʼn 7%-verhoging vir die tweede jaar. Werkgewers is egter net bereid om 4,5% in die eerste jaar en 6,5% in die tweede jaar aan te bied.

Die vakbond is ook ontevrede oor werkgewers se “belaglike eise” dat werkers wat ná April hierdie jaar aangestel word, nie dieselfde voordele sal geniet nie en dat bestuurders wat in ongelukke betrokke is, ʼn boete van tussen R500 en R1 000 oor die volgende twee jaar moet betaal.

“Satawu het probeer om ʼn staking te vermy, maar soms is dit nodig om die strate in te vaar omdat dit die enigste taal is wat die werkgewer verstaan.

“Die bal is in hul hande om hierdie ramp af te weer.”

Satawu is besig om ʼn sertifikaat te bekom.

“Hoewel ons begrip het ​​dat baie pendelaars deur die staking verontrief sal word, het ons steeds ʼn verantwoordelik om ons lede en werkers te beskerm en vir hul regte op te staan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jack ·

Ja as almal net aandring op verhogings en bonusse sonder om ‘n duit om te gee vanwaar dit kom gaan die einde vinniger kom vir die land as wat mense dalk besef.

Papsak ·

Ja pad kekker stil laat hulle vir hulle kry wil mos staak oor elke ou dingetjie hoekom ons kry mos alles reg !!!!!

Anel ·

Laat hulle maar dtaak. Waar dink hulle moet die geld vandaan kom? Die land is bankrot, maar almal wil meer geld hê. En die spul het eerstens geweet wat hulle salarisse gaan wees toe hule die werk gevat het. As hulle nie gelukkig is nie, loop. Daar is duisende wat die werk sal doen. Ons moet ophou om ons te laat afdreig!

Cassie Carstens ·

Dis duidelik Satawu geen nie ‘n duit om at betref die passasiers se onferief en dit net voor ‘n Paasnaweek nie. Kommuniste!

Di ·

Vakbonde en Taxis is die 2 grootste euwels in die land. Hulle moet alle vakbonde verbied in die land dan sal dinge baie beter gaan.

honeybee ·

Wou nie die paas naweek iewers heen gaan nie omdat die paaie so besig is. Maar as dit die geval is sal ek definitief n pla maak om bietjie op n bosveld plaas te gaan uit span. Staak julle maar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.