Landswye inentingsmandate teengestaan

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Prokureurs vir Sakeliga en vier ander sakeorganisasies het ’n brief insake die kwessie van verpligte inenting aan die presidensie gestuur.

“Ons kliënte is gekant teen staatsgedrewe verpligte inentingsbeleid en moniteringsmeganismes soos inentingspaspoorte, benadeling en uitsluiting van ongevaksineerde persone, en regulatoriese verpligting op besighede om verpligte maatreëls moontlik te maak en af te dwing,” lui die brief.

“Ons bring onder u aandag dat ons kliënte nie gekonsulteer is nie en dat enige proses wat voorgee om dit te gedoen het gebrekkig is. Dit is daarom ons kliënte se versoek dat die regering ons kliënte by sy konsultasieproses insluit, ten einde te verseker dat alle perspektiewe erkenning en oorweging geniet.”

Sakeorganisasies verteenwoordig in die brief sluit in Agri Noord-Wes, die Nasionale Werkgewersorganisasie van Suid-Afrika (NEASA), SAAI, Sakeliga en TLU SA.

Die brief volg op foutiewe stellings deur die president, in sy televisie-toespraak van 28 November, dat daar “algemene ooreenstemming is oor die noodsaak van sodanige maatreëls (staatsgedrewe beleid vir verpligte inenting)” onder “besigheid”, onder andere. “Veralgemeende verklarings dat ‘besigheid’ staatsgedrewe verpligte inenting en monitering ‘ondersteun’ is ’n wanvoorstelling en dui minstens op ernstige gebreke in die regering se konsultasieproses.

“Inderwaarheid is daar beduidende weerstand en meningsverskil oor sulke maatreëls nie net onder besighede nie, maar in die samelewing in die algemeen. President Ramaphosa het bowendien so onlangs as ’n week gelede self nog sy vorige, uitdruklike versekering gehandhaaf dat daar geen benadeling of verpligting gegrond op inentingstatus vir persone sou wees nie.”

Die brief is gerig aan die presidensie, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake en die minister van gesondheid. Vir die volledige brief, klik hier.

Sakeliga is ten gunste van vrywillige inentingsveldtogte, ’n einde aan inperkingsbeleide en ’n gedesentraliseerde benadering tot risikobestuur en gesondheid ooreenkomstig die spesifieke omstandighede van organisasies, maatskappye en persone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

56 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mier14

My bekommernis is universiteite. Sommige dwing dit nog nie af nie, maar vereis dan godsdienstige/mediese vrywaring. Dit word teen vasgestelde kriteria beoordeel. Studente moet N95 masker dra (nie regtig d issue) maar weekliks PCR toetse doen op eie onkoste. Hoop daar kan uitsluitsel wees wanneer Univ weer begin. Te veel Vax newe effekte wat verswyg word, en ons wil wag dat kliniese toetsperiode sy volle tyd verloop het.

casper

As die spul in die “gesondheids” departement enigsins om gegee het sal hulle die booster inspuitings begin toe dien — Maar nee – nie hier nie !!!

casper

Sertifikate te koop !!
R100.
Kies tussen inentings of BCom sertfikaat.
Vinnige diens !!

voor ek vergeet ...

Wonder net – 27 November 2021, Maroela Media berig: ‘Covid-19: 61 Positief in Nederland ná vlugte uit SA’ – Moes die ouens nie almal ten volle ingeënte gewees het om internasionaal te kon vlieg het nie? Moet die samelewing nie dalk teen ons ingeënte mense beskerm word nie?

Marietjie

Mense stel almal wat nie die inenting vat nie bloot aan ander en so sal die covid nie minder raak nie. Die uiters selfsugtig.