Landwye busstaking aangekondig

Argieffoto: https://pixabay.com

Duisende buspassasiers is gemaan om alternatiewe reëlings vir die komende Paasnaweek te tref aangesien talle busbestuurders vanaf Woensdag landwyd gaan staak.

Vyf vakbonde het as lede van die Suid-Afrikaanse padpassasiersbedingingsraad (SARPBAC) ʼn kennisgewing van 60 uur gegee om met ʼn landwye staking te begin.

Die vakbonde SATAWU, NUMSA, TOWU, TAWUSA en TASWU onderhandel sedert Januarie met werkgewers. ʼn Dooiepunt is egter bereik waarna ʼn bemiddelingsproses by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gevolg het. Daar kon egter steeds nie ʼn ooreenkoms bereik word nie en die vakbonde het hul voorneme om ʼn staking te hou bekend gemaak.

Die vakbonde dring onder meer aan op ’n verhoging van minstens 12%, terwyl werkgewers 7,5% aanbied. Daar is ook eise rakende nagwerkure, slaaptye en die betaling van langafstand-bestuurders. Volgens die vakbonde verdien busbestuurders gemiddeld R5 000 per maand.

“Die werkgewers het op arrogante wyse ons eise vir ʼn menswaardige loon en beter werkstoestande geweier. Die werkgewer gee nie om oor die welstand van hul werkers of die pendelaars nie en is bereid om, weens hul onversadigbare gierigheid, die industrie in ʼn krisis te dompel enkele dae voor die Paasnaweek,” het Phakamile Hlubi, waarnemende woordvoerder van NUMSA, gesê.

Hlubi het die werkgewers met “slawe-eienaars” vergelyk en gesê werkers word gedwing om tot 16 uur lange skofte te werk en kry nie genoeg tyd af om te ontspan of tyd met hul families deur te bring nie. “Werkers moet genoegsame rus kry sodat hulle kan herstel en tyd met hul families deurbring. Werkers is ook mense. [Om sulke lang ure te moet werk] is nie net ʼn misbruik van werkers nie, maar stel ook pendelaars en die groter publiek in gevaar.”

Die staking sal ʼn wye verskeidenheid busdienste affekteer, onder meer Putco, Buscor, Golden Arrow, Megabus, Gauteng Coaches, ReaVaya, Greyhound en Great North Transport.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

linda ·

kyk die laaste maand was darm so ‘n sirkus
miskien kan die spul wat berg toe wou gaan nou die legal dagga rook om oor dit te kom
nie dat ek dink hulle gebruik daardie busse nie laat ons nie te gou bly word

Zelieka ·

Ek verstaan die ongelukkigheid oor R5000 p/m vir lang ure. (Somtyds 16 ure skofte) Nie baie mense kan op daardie salaris oorleef nie. Maar op ‘n ander noot….jy het geweet wat die salaris is voor jy die pos gevat het. So jy kan nie nou wil kom moan & toi toi nie!! Niemand dwing jou om daar te werk nie! Ek werk al vir amper 4 jaar (vir dieselfde maatskappy) sonder enige form van verhoging!! En jy trek jou neus op want dis nie 12.5% nie maar 7.5%!!! Daar is baie werkloses wat daardie werk sal doen as jy nie belangstel nie! Since 1994 it became January, February, March, March, March!! Belaglik!

linda ·

*tong in die kies
nee kyk ek sit en bekyk die sirkus so van die afgelope maand”
dagga gewettig sodat ons kan chill terwyl die rand in sy kanon is, jy kan nou renoster horing verkoop, wit swart pienk bruin het gestaak om saam te toi toi en kyk of ons die prezzie Zupta uit die parlement te kry
en nou……….
geen Moria (siestog)
dit kan net nog beter raak, ek wonder wat is volgende?

en………

Danie ·

Ek sien hier gaan burger oorlog uitbreuk as zuma en sy spul korupte bondgenote nie gaan afstand doen van hul poste nie. Ek se so omdat all rasse, kleure en geslagte saam staan en nou gat vol is. Die land soek `n land met goeie vooruitsigte, veiligheid en besnedigheid. `N regereeing wat omsien na sy mense en die armes en nie hul self veryk nie en nog reise na buiteland neem, kamtig om land te veteenwoordig en dan vakansie hou – wonder net hoe in die kol ek is.

Marius ·

Dink nou aan al die onpadwaardige voertuie wat nou op die pad gaan wees en taxi’s.

riana ·

Ja nee Maruis nou gaan die taxis geld maak soos bossies en nie omgee hoe hulle ry om baie trips in te kry nie. Oor moeg wees en net gaan en gaan. Die mense wat weg gaan julle moet asb veilig wees op die pad. Sien Bloed is ook net so skaars mense wat kan skenk gaan skenk asb dit red n lewe. Ek kan ongelukkig nie my are vries het altyd geskenk.
Ja so gaan ons land agter uit mens is te bang elke dag om op te staan want jy weet nie wat lees of staan jou weer in die oe vandag nie.
Maar ons sal Positief bly in hierdie land Zumpta.

Ramkat ·

Drie baie interessante dinge gaan nou gebeur.
1. Die bus maatskappye gaan minder inkomste kry wat hulle vermoee om die hogere lone te betaal aan bande le.
2 Die bus (drywers) gaan salaries ontbreek wat maande insien nie jare gaan neem om gelyk te breek.
3 Baie werkers sal nie by hul werk kan rapporteer nie en sal dus inkomste verbeel, iets wat hulle nie juis kan ver werk nie

Demand ·

Die paaie gaan dus lekker stil wees, moet nou net vinnig aan ‘n plekkie dink waarnatoe ons vir die naweek kan gaan. DANKIE NUMSA en kie! Ja ek glo daar is baie uitbuiting in die mark, maar is dit die WHITE MONOPOLISTS of julle eie mense? Al wat ek wil se met uitbuiting of lae salarisse is as volg. Wanneer mense aansoek doen vir werk COMMIT hulle hulleself tot die werk en stem hulle in tot die salaris. Daarna kry hulle soos ons gewone salaristrekkers 7% verhoging ‘n jaar en skielik wil hulle 10% of 15% he. Hoekom het jy dan aansoek gedoen vir die werk as jy nie vir die R5000 kans gesien het nie. NEE ek se nie dit is ‘n billike salaris nie, ek se JY het daartoe INGESTEM en jouself daartoe VERbIND soos wat ek my tot my werk en salaris verbind het. As ek more ‘n 15% verhoging vra, vra my baas my om te gaan, hy gaan nie eers met my onderhandel nie, en ek gaan nie kan staak nie, dit gaan onwettig wees.. BETAAL jou werkers wat hulle toekom (laat gradeer die poste deur ‘n onafhanklike party) maar dan weet ek ook werkers kom SMEEK mense vir werk, en se hulle sal vir ENIGIETS werk, nes hulle die werk het, begin die demands ..

Piet Pompies ·

Die probleem in SA is as volg, die salaris begroting pm vir ‘n maatskappy is R100 000, die hoogste pos vat 50% – R50 000pm, die middel bestuur bestaande uit 2 mense 25% – R12 500 elk en dan die 10 werkers wat die bus ry kry die oorblywende 25% – R2500pm.
Gierigheid van bestuur noem ek dit ….

Ronny ·

Die vakbonde dring aan op 12% verhooging , pleks dat hulle die bus bestuurders ook oor die vingers tik oor die manier wat hulle bestuur. Op die R101 beteken ‘n soliede wit streep niks vir hulle nie en ek glo dat van hulle het geen benul van pad reels nie. Ek se nie almal is so nie maar hulle het geen respek vir ‘ mens se lewe nie , nie motoris of die passasiers nie. Busse ry sonder ligte en is nie padvaardig nie.

riana ·

Ja nee hulle wil meer he en ry net soos hulle wil. Maar die Taxis gaan nou erg wees en hulle gaan ry om voor te bly en oor laai. Want hulle gaan nou kyk hoeveel mense hulle kan in laai en trips kan doen.
Gaan moeg wees en so gaan baie ongelukke plaas vind. Mense wat weg gaan asb wees veilig en versigtig op die paaie.

Geduld geduld sal julle moet he.

Alida ·

Ek glo hierdie staking is aangevuur deur die ANCJL want hulle wil die mense weghou van more se optogte. Skelm genoeg om dit te doen. Die EFF sal egter privaat busse huur om die mense aan te ry.

Landi ·

Waarom die suur en snedige opmerkings oor mense wat Moria besoek? Hulle dien dieselfde God, glo in dieselfde Christus…

Nee kyk, partykeer laat my volkie my regtig wonder. Of is party Christene meer Christen as ander?

danie ·

Ongelukkig nie regtig waar nie. Hulle het die volgende gekombineer: Voorvader geeste, Moslem en Christelik. In daardie volgorde. Die vereiste is 100% Chrstelik. Niks minder nie.

Pim09 ·

Danie en dis nie een van ons se plek om te oordeel nie…….. NIEMAND het die reg om enige ander mens se geloof/leefstyl ens. te oordeel nie. As ‘n groep wil saam kerk hou soos hulle met Moria doen, los hulle. Dit het mos niks met jou te doen nie. Gun elkeen sy plekkie, niemand dwing jou om te gaan nie. Mense is baie vinnig met snedige opmerkings maar oooooo weeee.

Liendempers ·

Ek wonder het jy al in die moria verkeer vasgesit? Of gesien hoe n bees wat raakgery is en le en bulk langs die pad stuk stuk opgekerf word vir nyama? Terwyl hy lam le en bulk??? Neewat, Danie is 100% reg.

Danie ·

Putco: Trots: 95.2% werknemers is swart
Buscor: 99.37 swart eienaarskap
Golden Arrow: Blykbaar ‘n Voorbeeld vir ander BEE
Megabus: Blykbaar ‘n Voorbeeld vir ander BEE
Gauteng Coaches: Sê maar
ReaVaya: Lyk soos 100%
Greyhound: Weet nie
Great North Transport: Doelwitte ooreengekom tussen hulle en regering meestal bereik
Wys jou net…

marous ·

Dankie Danie. Die inligting behoort lewensgroot op die busse geverf te wees !

Johannes van Staden ·

O genade nou wat van zcc moria nou …dis n ramp ook komplimente anc …lekker !

Dalene ·

Als goed en wel die paaie gaan stil wees maar daar is van ons wie se families of kinders afhanklik is van die busdiens. My seun moes nog ‘n dag verlof insit om more te moet af kom vir die naweek, hy bly 450km van ons af en bus is goedkoper as om self te ry. Ons hoop hul kan weer Maandag terug gaan!

Jawat ·

Almal moet maar bietjie opoffer. Dis nie ons wat staak nie, gaan praat met die stakers.

johan smith ·

Hier volg doe ekonomiese nuus van die dag. 1] Stakings 2]Hofsake 3]Begrafnisse 4] Gestorwe gedenkdienste —Afrika is mos maar orals dieselfde “You vote me in,you not vote me out Aikona”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.