Landwye inligtingsessies oor grondonteiening sonder vergoeding

Argieffoto

AfriSake het in samewerking met AfriForum die Stop Ongegronde Onteiening-veldtog van stapel gestuur na aanleiding van die parlement se aanvaarding op 26 Februarie 2018 van die mosie om onteiening sonder vergoeding te ondersoek en te bepaal of die Grondwet, en meer spesifiek artikel 25 daarvan, gewysig moet word of nie. Die veldtog fokus daarop om juis oor dié aangeleentheid met die publiek te gesels en om die publiek van die proses in kennis te stel, asook hul regte as eiendomseienaars van eiendom.

Die staat se voorstel van onteiening sonder vergoeding kom in sy geheel op diefstal van eiendom neer en sal alle Suid-Afrikaners tot nadeel wees. AfriSake sal nie by enige onteiening berus wat teen Suid-Afrikaners se regte indruis nie. Dié organisasie sal voortaan dus daarop fokus om ’n staatsbestande sakenetwerk daar te stel sodat almal aan die vryemark-ekonomie kan deelneem en vry kan handel en sake bedryf.

Die hooftemas wat bespreek word, sluit in:

  1. Onteiening sonder vergoeding;
  2. Grondeise;
  3. Grondgrype;
  4. Herverdeling en hervorming;
  5. Wat ons reeds doen; en
  6. Veiligheidsaspekte.

Die doel is ook om die publiek in te lig oor AfriSake se huidige projekte en hoe dié voorstelle van die huidige regering beveg kan word. AfriForum woon ook al die inligtingsessies by en fokus spesifiek oor hoe mense hul eiendomme fisies kan beskerm en waarom dit belangrik is om by georganiseerde veiligheidstrukture betrokke te raak.

AfriSake en AfriForum praat in die volgende dorpe en nooi alle lede van die publiek uit om hierdie inligtingsessies by te woon:

Om alleen te staan, is bloot nie ’n opsie nie en daarom word die publiek gemaan om aktief by organisasies soos AfriSake en AfriForum betrokke te raak om te verseker dat eiendomsreg in Suid-Afrika beskerm word.

Bespreek jou sitplek by www.stoponteiening.co.za.
Stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel AfriSake by 012 644 4397 vir enige navrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.