Landwye taxi-staking eers van die baan

Argieffoto: TMPD.

Die beplande landwye taxi-staking wat op 12 Julie sou plaasvind, is vir eers van die baan.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) het in ’n kort mediaverklaring gesê die nasionale uitvoerende komitee het Woensdagoggend ’n dringende vergadering gehou oor die beplande staking.

Volgens Santaco is daar besluit om die beplande staking eers af te las hangende die uitkoms van ’n vergadering Vrydag met Joe Maswanganyi, minister van vervoer, waartydens die kwessies bespreek sal word.

Santaco het vroeër gedreig om op 12 Julie landwyd te staak en verkeer tot ’n stilstand te dwing oor die koste vir die aankoop van minibusse. Taxi-eienaars is ook ongelukkig oor die hoë rentekoerse wat hulle moet betaal.

Lede van Santaco het op 15 Junie talle van Gauteng se hoofweë tot stilstand gedwing. Taxibestuurders het van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantoor van die South African Taxi Finance in Kerkstraat in Midrand beweeg waar hulle hul griewe gaan bekend maak het.

Die staking is daarna opgehef nadat daar glo ’n ooreenkoms bereik is. Santaco het egter kort daarna sy planne bekend gemaak vir die landwye staking op 12 Julie.

Maswanganyi het vroeër gesê sy departement is bewus van die uitdagings wat taxi-eienaars beleef rakende die bekostigbaarheid van en finansiering van voertuie. “Ons het simpatie, maar daar moet egter beklemtoon word dat dit ’n saak tussen die industrie en die South African Taxi Finance is,” het hy destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LS ·

Maroela media julle opskrif is verwarrend, hoe kan julle se die taxi staking is eers van die baan, maar as mens die berig lees sê dit AFHANGEND VAN VRYDAG SE VERGADERING?

Johann ·

Nog n bewys van die vrugte van die ANC se “als verniet” motto om die massas te kry om hulle aan bewind te hou! Taxi bedryf dra nie n SENT by tot belasting of tolgelde nie maar hulle beheer die kom en gaan van die land? Arrogante vermetelheid!!!!! En die polisie en weermag is magteloos of magte LIS loos om iets te doen? WETEND wie die missadigers is wat n land lanmle maar niks word gedoen nie. Welkim in die NIWE SA waar die ANC se legacy skree van verwoes en breek en brand en dreig en leeg steel!!!!

Moedeloos ·

Amen Johann!! Dis onaanvaarbaar en heeltemal belaglik!! SA word geiselaar gehou deur kriminele wat boggerol bydrae tot die land nie behalwe vir kriminaliteit! En cANCer speel maar te lekker saam omrede hulle self ‘n sleg korrup bende is!

Eish ·

Née wat Toyota, lig daardie minibus taxis se prys nog n bietjie. Daar is heelwat goedkooper alternatiewe beskikbaar soos Inyathi.

omgekrap ·

Ek kan nie verstaan hoekom moet die gewone padgebruikers altyd daar onder lei as hul wil staak nie ons het niks met hul stakings uit te waai nie Ons sukkel om op ons bestemmings te kom en dit is onnodig

Jeannette ·

Dit is SO TIPIES van hulle. Wil altyd bakhand staan, alles verniet, pasella, gratis op ‘n silwer skinkbord hê, “the works”. Toe ek my ou Taiwanees-vervaardigde karretjie gaan koop het en “signed on the dotted line” het ek my vasgekoop vir 7 jaar om x-bedrag per maand te betaal. Vandag wurg ek om daai paaiement by te bring, maar betaal BETÁÁL ek hom elke maand. Ek kan nie na my motorhandelaar toe gaan, dreig om die plek af te brand ens. omdat ek nou so baie vir die kar moet betaal nie! Maar nee, dit is mos hul manier van doen – danksy die verdekselste Engelse en Duitse ‘good-doers’ van die 1800’s (die sendelinge) wat hulle geleer het om bakhand te staan by die witman.

2 kante van die saak ·

Jeannette, ek is ‘n F&I by ‘n Toyota-handelaar en praat eerstehands uit ervaring. SA taxi Finance vra tot 28% rente op ‘n taxi, teenoor ‘n ander bank se gemiddelde 16 tot 18%. Hulle dwing ook die kliënt om HULLE versekering, HULLE opsporingstelsel, HULLE Top Up dekking en HULLE Kredietlewensdekking te neem. Ek sien nie hoe die TCF-wet toegepas word nie. Dus dink ek nie dit is ‘n slegte ding dat hulle opstaan teen SA Taxi Finance nie…

CHRISTA ·

Waarom doen hulle nie by die banke aansoek vir ‘n lening nie? Omdat GEEN bank dit sal toestaan nie as gevolg van hulle roekelose bestuur en verontagsaming van ALLE padwette!!! Dit is deur hulle EIE toedoen dat hulle ‘n arm en ‘n been moet betaal op rente en versekering!!!

Ja nee. ·

Ek dink ek moet ook staak. Ek kan nie n nuwe kar bekostig nie.(Ha ha)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.