Lang dag lê in parlement voor

Pres. Cyril Ramaphosa skud blad met die EFF se Floyd Shivambu by die parlement waar hulle as LP’s geregistreer het [22 Mei 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

’n Lang dag vol verwagte onderbrekings en kinkels lê vandag in die parlement voor.

Eerstens moet hoofregter Mogoeng Mogoeng die 400 lede van die Nasionale Vergadering insweer. Dit doen hy gewoonlik in groepe van tien, wat redelik Babelse verwarring veroorsaak. Elke nuwe LP moet ook hul ampseed onderteken.

Drie prominente verkosenes wat nie meer vir diens gaan aanmeld nie, is Baleka Mbete en oudminister Malusi Gigaba aan die ANC-kant, en Gwen Ngwenya aan die DA-kant.

Daarna vra die hoofregter nominasies vir die posisie van speaker van die Nasionale Vergadering. Namens die ANC sal Thandi Modise deur die minister in die presidensie, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, voorgestel word en deur die ANC-LP Madala Ntombela gesekondeer word.

Die verwagting is dat die opposisie ook minstens een kandidaat kan nomineer, wat sal beteken dat die Nasionale Vergadering kortstondig sal verdaag om in ’n kieslokaal omskep te word, met stemhokkies en stembusse.

Die 400 LP’s se name sal dan alfabeties afgelees word, elkeen sal ’n stembrief ontvang en dit in die stembus gooi. Nadat die stemme getel is, sal die uitslag bekend gemaak word.

Die hoofregter sal die stoel en die lokaal verlaat en die speaker sal die voorsitterstoel inneem.

Pres. Cyril Ramaphosa by die parlement waar hy as LP geregistreer het [22 Mei 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die proses word dan herhaal vir die posisie van adjunkspeaker, met die dienende adjunkspeaker, Lechesa Tsenoli, wat namens die ANC deur die LP Alvin Botes genomineer en deur die minister van samewerkende regering, dr. Zweli Mkhize, gesekondeer sal word.

Daarna word dieselfde proses gevolg vir die verkiesing van die president, met Cyril Ramaphosa as die ANC-kandidaat. Hy sal deur die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, voorgestel word en deur die minister van toerisme, Derek Hanekom, gesekondeer word.

Daarna sal elkeen van die veertien politieke partye in die Nasionale Vergadering die nuwe president gelukwens, gevolg deur die verdaging van die vergadering.

Moreoggend sal dieselfde proses in die Nasionale Raad van Provinsies volg, maar dit sal aansienlik korter wees, want daar is minder lede vir Mogoeng om in te huldig en hulle hoef net ’n voorsitter en ’n ondervoorsitter te kies.

Die ANC sal die oudburgemeester van Johannesburg, Amos Masondo, as voorsitter voorstel, maar sal ’n nuwe kandidaat vir ondervoorsitter moet kry nadat die oudpremier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, besluit het om nie in die parlement te dien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Ag siestog. Hulle darem báie hard vir hulle karige salarissie… ?

Felix ·

Vir van hulle om in bekgevegte betrokke te raak, te toi-toi of in protes uit die vergadering te stap, is werk.

Gert van Wierdapark ·

Suid-Afrikaners moet asseblief nie komkommer oor die Impak van die lang dag op die 400 stuks nie! Baie is fiks vir die stryd van die comrades. Daar is genoeg tyd om uiltjies te knip – dit is een van die byvoordele!

Angeline ·

ANC en EFF, bladskud?!? Klare bewys dat hul voëls is van eenderse vere.

Lana ·

Weet nie van die vere nie, maar hulle is beslis dieselfde kleur.

Dries du Toit ·

En heel voor in die parlement sit die speaker. In die ou dae was daardie posisie net beskore vir n mens met n vlekkelose, hoë integriteit, totaal verhewe bo politiek en dinamiese persoonlikheid wat gerespekteer was deur die totale bevolking. NOU gaan daar n persoon sit wat bekendheid verwerf het met die afskuwelike vermoor van onskuldige diere op haar plaas. Ek walg aan daai gedagte

Angeline ·

Ek stem saam jou. Ek walg ook aan daai gedagte. Daar is geen integriteit, geregtigheid of menslikheid nie net selfsug, wreedheid en haat

Helene ·

Ek stem saam! Maar hierdie land is mos ‘n sirkus van Korrupsie!

Gert van Wierdapark ·

Gelukkig is daar baie Uiltjies wat geknip gaan en kan word!

Heinrich ·

Ja en dalk ‘n paar games gespeel gaan word soos Candy Crush of Angry Birds

J ·

Parlament – die gebou met die meeste skelms en kriminele onder een dak!

Ben ·

Nuwe definisie van Demokrasie: ‘n Stelsel om die wettige eienaars te beroof en die land na armoede toe te lei.

Nee wat ·

Net nog ministers wat op die “gravy train” klim. Die beste werk in die land…..sit agteroor en slap in die parlement, slaan vuis en drink en eet die belastingbetalers se geld uit. Happy days.

Pieter ·

Lekker! ‘n Walglike spul wat elk ‘n miljoen plus ontvang met “perks” wat nog bykom. Hul bydrae tot die land se agteruitgang? Fenomenaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.