Lang herstelpad vir jong man ná vliegtuig-voorval

Tiaan Daffie (21) tydens sy hospitaalbehandeling na die voorval. Hy sterk nou tuis aan. (Foto: Verskaf)

ʼn Lang rehabilitasieprogram lê voor vir die 21-jarige Tiaan Daffie wat ernstig beseer is nadat die vlerk van ʼn bespuitingsvliegtuig hom glo vroeër vandeesmaand getref.

Michael Ellis, Daffie se regsverteenwoordiger, sê hy die jong man herstel tuis nadat hy vroeër uit die Mediclinic Potchefstroom ontslaan is. Daffie het Maandag weer ʼn dokter besoek en moet in die toekoms tweeweekliks dieselfde doen.

Daffie (21) was verlede Saterdag op sy vriendin se ouers se plaas toe hy ʼn video van die bespuitingsvliegtuig in die landerye op die plaas in die Fochville-omgewing in Gauteng gemaak het.

Die vlerk van die Air Tractor 502 het die jong man glo getref en hy het ʼn ernstige beenbesering opgedoen. Daar is ook vrese dat hy weens die voorval moontlik sy been kan verloor.

“In hierdie stadium loop hy met krukke en kan hy nie op die been trap nie. ʼn Lang herstelpad lê nog voor,” sê Ellis.

Daffie gaan onder meer intensiewe arbeid- en fisioterapie nodig hê. Dit lyk minstens of die infeksie nou onder beheer is nadat Daffie vroeër met ʼn baie hoë infeksietelling gesukkel het, sê Ellis. Daar is tans nog nie uitsluitsel oor of hy sy been kan verloor nie en dokters hou die situasie fyn dop.

“Hy sterk nou aan op die plaas en het beslis nog baie pyn. Dit lyk darem of hy positief bly.”

Daffie is ʼn ywerige sportman en veral ʼn goeie rugbyspeler en die voorval het sy toekoms onherroeplik verander. Hy oorweeg moontlike stappe ná die voorval, maar volledige inligting daaroor word eers ingesamel.

Die Burgerlugvaarowerheid het reeds ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Oorweeg stappe waarvoor ? Spuit vliegtuie vlieg baie laag en mense behoort ver daarvandaan weg te bly en daar word ook gif gespuit wat jou kan doodmaak. As jy daar naby rondstaan ongeag die rede is dit op eie risiko.

Anel

Hy het bewyse dat hy nalatig was. Hoe dom kan mens wees om in ‘n land te staan wasr daar deur muddel van ‘n vliegtuig bespuit word! Nou wil hy iemand anders die skuld gee vir sy domgeit!

Cherokee

Sy enigste wins hieruit gaan gaan wees dat hy (ver)seker die enigste mens is wat deur ‘n vliegtuig om gevlieg is. Ander wins wat hy op hoop is bloot wind wat weg waai.

Benn

Meneer Daffie, U is die een wat nalatig was. U moet maar hoop die Vlieenier dagvaar u nie.

Agge nee

Wou seker ‘n selfie neem vir Sosiale Media. As die vlerk hom teen die been getref het, was die vliegtuig nog op die grond, besig om te ‘taxi’ vir opstyg. As die vliegtuig besig was om te spuit, sou die vliegtuigvlerk sy kop afgehaal het. Jy kan niemand dagvaar nie. Daar is nie pille vir domheid nie.