Lang pad van herstel ná seun van derde verdieping spring

Wian van Vuuren (Foto: Verskaf)

Dit gaan onder omstandighede goed met die gr. 9-leerder wat sowat twee weke gelede van die derde verdieping van sy skool in Rustenburg in Noordwes gespring het.

’n Lang pad van herstel en rehabilitasie lê waarskynlik voor ná die beserings wat die 15-jarige seun tydens die val opgedoen het.

Hoewel Wian van Vuuren nog onder verdowing in die hoësorgeenheid van ’n plaaslike staatshospitaal is, is hy byna ’n week gelede van ’n ventilator gehaal. Die dreineringspype vir sy inwendige beserings is ook reeds verwyder.

Marietjie van Vuuren, Wian se ma, vertel aan Maroela Media dat Wian se bekkenbeen met die val op 7 September gebreek het. Hy het ook verskeie inwendige beserings waaronder skeure aan sy lewer, milt en blaas opgedoen.

Dié skeure is kort ná die voorval tydens twee operasies geheg. ’n Mediese struktuur wat sy heupe tans in plek hou, sal na verwagting Donderdag in die teater verwyder word.

“Hy lyk soveel beter as verlede week. Hy gaan baie goed aan,” vertel Marietjie wat weens die Covid-19-pandemie slegs elke tweede dag toegelaat word om haar seun vir ’n paar minute te besoek.

“Hy kan al ʼn bietjie gesels, maar dis baie onsamehangend omdat hy nog onder verdowing is.”

Marietjie verduidelik dat daar nog ’n lang pad van herstel vir Wian voorlê aangesien hy waarskynlik rehabilitasie ná sy hospitaalbehandeling sal moet ontvang om sy mobiliteit te verseker.

“Ons praat hier van weke.”

’n Geldinsameling word nou gehou om Wian se mediese uitgawes, waaronder sy rehabilitasie, te dek.

Klik hier om ’n bydrae te maak of besoek dié Instagram-blad vir inligting rakende Wian se vordering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Verstaan ek reg as ek sê die jongman is waar hy is agv die feit dat hy self gespring het? Sekerlik moes iemand al gevra het hoekom? En behalwe die fisiese rehabilitasie, wat van sy emosionele welstand? Hoe help jy so ‘n stukkende jong mens om te wil lewe na wat hy gedoen het?

Kompas

Tienerfase is baie moelike fase in kind se lewe. Hulle is nog vis nog vlees. Dit gaan oor selfaanvaarding en selfontwikkeling en as iets ( of iemand) dit negatief beïnvloed- hetsy boelie of depressie- gebeur wat nou met die kind gebeur het. Baie sterkte vir hom en sy gesin.

Ferryman

Daar moet dringend iets gedoen word aan dit wat aanleiding gee dat kinders sulke dinge doen. Te min aandag word gegee aan depressie onder kinders en wat daartoe aanleiding gee.

Niklaas

Hierdie is vreemde gedrag. As iemand wil selfmoord pleeg, spring jy van 10 de of 12 verdieping nie 3 de. Dis moontlik ‘n kreet om hulp.