Lang tronkstraf oor duisende pynpille

(Foto: Unsplash)

ʼn Vrou van Grootbrak in die Wes-Kaap gaan tien jaar agter tralies sit nadat sy met 12 000 pynpille betrap is.

Heidi Moolman (42) is in 2016 by ʼn padblokkade op die N2 naby Knysna afgetrek. Haar voertuig is deursoek en die polisie het op 12 000 versteekte Stilpane-tablette afgekom, het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gesê.

“Sy kon destyds nie enige bewys of geldige rede verskaf oor hoekom sy in besit van die skedule-medisyne is nie,” het Pojie gesê.

Moolman en nog twee mans is in hegtenis geneem, maar die saak teen die mans is later laat vaar. Moolman is aangekla van oortredings van die Wet op Medisynebeheer.

Die Knysna-landdroshof het haar Woensdag tien jaar direkte tronkstraf hiervoor opgelê.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die ondersoekspan vir hul werk in die saak geloof en gesê dit is versterk deur die uitstekende samewerking tussen die staatsaanklaers en die ondersoekspan.

“Die swaar straf moet dwelmsmouse ontmoedig en terselfdertyd vertroue in ons regstelsel inboesem,” het die polisie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

STILPANE is n bekende produk. Hoe kry n mens 12 000 vd pille in die hande? Wie lewer aan so n persoon sóveel pille. Geen apteek of selfs hospitaal sal soveel koop nie. Iewers is n lekplek by die fabriek.

Sarel ·

10 jr vir Dwelmhandel terwyl sommigexander lande ‘n vonnis van Lewenslank gee. Dis lekker plek hietdie

Leon ·

Wat is “direkte tronkstraf” ? Is daar dan “indirek” ook?

Jakes ·

Die vrou het soveel pille in haar besit gehad want dit is klaarblyklik hoeveel sy in n maand sou gebruik om haar stresvlakke in toom te hou agv die misdaad in ons land en die onbevoegde regering wat SA oor die afgrond bestuur het.

Danie ·

In china as net een voorbeeld, sal sy sonder twyfel as dwelmsmous gevonnis word met die doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.