Lang vonnis ná moord by bank

Helen Janse van Vuuren en haar man Corrie. Foto: Facebook.

Tebogo Masire (23) van Douglas in die Noord-Kaap is Maandag in die hooggeregshof tot 42 jaar tronkstraf gevonnis ná die moord op Helen Janse van Vuuren (60) op 28 Augustus 2018 by ʼn bank in die dorp.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Masire is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede, lewenslange tronkstraf op aanklag van moord en nog twee jaar op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Maroela Media het vroeër berig Janse van Vuuren was die oggend omstreeks 08:30 in die Absa-bank om kontant van ʼn plaaslike supermark, waar sy werksaam was, te deponeer. Masire het die bank betree en haar twee keer met ʼn mes gesteek voor hy met die kontant van die toneel gevlug het.

Janse van Vuuren is op die toneel dood.

“Die beskuldigde het ook nog ʼn man, wat wou ingryp, gedreig en gepoog om hom aan te val. Die polisie het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur en Masire is ʼn paar uur later by sy huis in Breipaal in hegtenis geneem. Hy was in aanhouding tot sy vonnisoplegging,” het Kock bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DV ·

Is dit efektiewe tronkstraf of Kan hulle na ‘n jaar of twee op vrye boer wees met parool???

Oom Charles ·

Doodstraf is oral uit die mode in die verligte samelewing.
Maar dis al wat ‘n moordenaar verdien.
Daar is duisende eerlike mense op straat wat daagliks meer sukkel om liggaam en siel aanmekaar te hou as wat die moordenaars in die selle oor hoef te bekommer. En dit terwyl ons belastinggeld vir jare op hulle spandeer word sodat hulle solank kan beplan wat hulle volgende gaan doen as hulle die dag ontslaan word.

Petro ·

Ek binge kyk op die oomblik Women behind Bars op Netflix. Die Amerikaanse regters en juries vat net nie nonsens nie. Jy moor… Jy sit! Ons kan leer by hulle….

willem Botha ·

Die gepaste straf moes gewees het lewenslank sonder die moontlikheid van parool maar in hierdie geval kan ons net dankbaar wees die “polisie ” het hulle gevang as dit so is en n derde party het hulle nie aan die klomp oorhandig nie.

Petro ·

Dit was daardie dag of die polisie of die gemeenskap hier in Douglas.
Daar word nie aan ons mense gevat nie

Jan Alleman ·

Oom Charles, daar is state in die VSA wat die doodstraf weer inbring. Dit laat ‘n mens dink.

EENDJIE ·

Ek verstaan nie lekker nie. Lewenslank vir moord maar hy sit 42 jaar? Mis ek iets?

Naam ·

Ek mag verkeerd wees, maar lewens lank is 25 jaar. So dit saam met die ander 15 en 2 jaar gee die 42 jaar tronk straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.