Lang vonnis vir Grassy Park-moordenaars verwelkom

Argieffoto

Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie het gesê hy verwelkom die vonnis wat Marco Joostenberg (29) en Riyaad Canham (27) opgelê is vir ʼn moord in 2017.

Mihlali Majikela, woordvoerder van die polisie, het gesê bure het op 8 Maart 2017 op die liggaam van ʼn 29-jarige man afgekom by sy huis in Jacanalaan in Pelican Park. Die man is met ʼn gordel en skoenveters vasgebind en ʼn kous is in sy mond gedruk. ʼn Saak van moord, huisroof en diefstal is by Grassy Park aanhangig gemaak. Die dossier is daarna na die teenbende-eenheid oorgeplaas vir verdere ondersoek.

“Ná ʼn lang ondersoek is ʼn deurbraak gemaak toe die twee mans, met verbintenisse aan die Young Gifted Six Bobs-bende as moontlike verdagtes geïdentifiseer is,” het Majikela bygevoeg. DNS op die toneel het die verdagtes positief met die misdaad verbind.

“Albei beskuldigdes het, weens oorweldigende getuienis teen hulle, skulderkenningsooreenkomste met die staat aangegaan en hulle het lang vonnisse aanvaar.”

Joostenberg en Canham is elkeen tot 35 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en hulle is onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Die 35 jaar is waarskynlik soos gewoonlik ‘n paar vonnisse wat bymekaar getel word vir ‘n indrukwekkende syfer maar gelyklopend uitgedien word, minus parool. Hopelik is dit nie die geval nie, maar dit is hoe vonnisse gewoonlik uitgespreek word.

Sarel

Beter as die sg Lewenslank. Wanneer kwalifiseer hulle vir Parool? Hulle gaan seker Bendebedrywighede in die Tronk voortsit?