Lang vonnis vir man wat vyf in een aand aanval

Argieffoto

ʼn 31-jarige man is in die Bethal-streekshof in Mpumalanga gevonnis nadat hy op een aand vyf persone aangeval het waarna twee aan hul beserings beswyk het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die hof het gehoor Wonder Paulos Mabuza het op 20 Mei 2015 van ʼn kroeg af huis toe gestap. “Hy het vyf persone met ʼn mes aangeval en beroof, insluitend ʼn vrou wat hy wou verkrag, maar sy kon betyds vlug. Twee van die slagoffers het aan hul beserings beswyk. Die ander is in hospitale opgeneem en is later ontslaan.”

Mabuza is later in Bethal in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga en ʼn gevaarlike wapen. Dit het daarna aan die lig gekom dat hy gesoek word in verband met die reeks misdade.

“Hy is Woensdag tot 79 jaar tronkstraf gevonnis: 15 jaar vir elke moord, 15 jaar vir elke rooftog, twee jaar vir poging tot moord en twee jaar vir seksuele aanranding. Die vonnisse sal almal gelyklopend uitgedien word met die eerste aanklag, naamlik moord. Die hof het verder beslis dat 10 jaar van een van die rooftogte tot die aanklag van moord bygevoeg moet word. Mabuza sal dus effektief 25 jaar tronkstraf uitdien,” het Sedibe verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marietjie ·

Dit maak regtig nie Vir my sin nie. n Persoon vermoor sê bv 3 mense waarvoor hy Vir elkeen 15 jaar tronkstraf kry plus hy kry nog 10 jaar Vir bv regsverydeling dit gee Vir my 55 jaar. Nou sit die persoon net Vir 25 jaar. In my oë is dit onregverdig. Mense wat Sulke gruweldade pleeg Moet Vir die hele tydperk sit hulle verdien nie Om in die samelewing te wees nie… My opinie

Se maar net ·

Ek stem saam en ander moet vir 3 moorde lewenslank sit. Verstaan ook nie!

LB S ·

56 dan kom Meneer uit en is hy nog lewenslustig genoeg om voort te gaan met sy gunsteling tydverdryf. Hoekom kan hulle nie maak soos Amerika nie, laat hom werklik sy lewe lank sit, maar nee, ons tronke is te vol!

Gert ·

Van Breda kry 25jaar per moord
die ou kry 15jaar per moord
Alhoewel hulle altwee 25jaar gaan sit maak die vonisse nie sin. ń moord is ń moord
Geen standaard in howe nie
Volgens my moet albei vir ewig weggebere word.

Ver links ·

The normal punishment for murders is 25 years, which become lesser for good behaviour as well as for rehabilitation. It is a good judgement for his actions done.

Koos Le roux ·

Die waardeberekening van lewe en roof is albei 15 jaar …. belaglik. Die regstelsel kan nie werk as lewe met lewe bereken word nie. Lewe word met tyd bereken. En daardie waardebepaling kom neer dat n persoon se lewe net soveel werd is as die besittings aan sy lyf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.