Lang wagtyd by hospitaal beperk kans op oorlewing

Argieffoto (Foto: klbz, Pixabay)

Lang wagtye vir kankerbehandeling by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg verminder die pasiënte se kans op oorlewing, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

Volgens die hospitaal se uitvoerende hoof, Gladys Bogoshi, sal 300 prostaatkankerpasiënte ongeveer twee jaar lank moet wag vir behandeling, het DA-LP Jack Bloom gesê.

Die wagtydperk vir 50 borskankerpasiënte is tussen vier en ses maande en 150 pasiënte met ginekologiese en ander kankers sal tussen drie en vier maande moet wag.

“Ek is bly dat hierdie statistiek uiteindelik bekend gemaak is in reaksie op ʼn besoek deur die Menseregtekommissie verlede week aan die hospitaal. Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid in Gauteng, het vroeër vanjaar dié ontstellende statistiek verbloem in reaksie op my vrae. Sy het bloot gesê die wagtydperk vir behandeling ‘verskil van maand tot maand’.

“Sy het dieselfde vae antwoord gegee in reaksie op my vrae oor kankerbehandeling by die Steve Biko-hospitaal. Die kankereenheid by Charlotte Maxeke-hospitaal het slegs drie radiasie-onkoloë, terwyl minstens vyf benodig word. Ek hoop die MRK kan seker maak dat behoorlike hulpbronne beskikbaar gemaak word vir kankerbehandeling in Gauteng om gehaltesorg te verskaf,” het Bloom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

leser ·

ek het net die hoogste agting, lof en respek vir almal wat my behandel vir prostaat kanker by mary-potter (lcm), en ek bedank almal vir hul werk
vandat ek met prostaat kanker gedianoseer is, was almal daar, behulpsaam, vriendelik en professioneel

Sterkte ·

Dankbaar saam met jou,dat hulle jou goed behandel. Hou goeie moed en baie sterkte.

Heila Fourie ·

Ek was 3 junie in tswane hospitaal opgeneem en is maandag 4 junie om 2:00 die mid ontslaan. hul het geweier om die drup uit te haal plus die kateter en ek het niemand gehad om my te help nie. ek het die oord gebel en 6:00 die aand is my drup uit die arm geruk plus die kateter. ek kon nie self die bed se opgeslane handvatsel los kry nie en net voor 6:00 het een dit vir my gedoen. ek het so vining as ek kon uit die hospital gehardloop waar een van my oord mense my tot by die kar gehelp het. ek het tot nou ook nie mediese verslae gekry nie. soek vir genadade dood want ek weet nie waar om te soek. wat ‘n nagmerrie sowaar voor GOD
Heila Fourie

Peet Schabort ·

Liewe Heila, ja my naam is Peet. Jy vat my twee jaar terug waar ek goddank my vrou tot die einde kon versorg met op die ou einde breinkanker. Al wat nou saak maak is jou GELOOF want dit is wat my vrou ook dit kon maak dra. Ek wil en gaan nie hier in besonder daarop ingaan maar dit is die moeilikste pad wat geloop kan word. Tog is daar die kans om met God te praat in ‘n tyd van diepe afhanklikheid. Wat kan ek vir jou beteken? Dalk is ons té ver van mekaar, Mag jy berusting vind en aanvaar . Ryklike seën vir die res van jou dae. Peet Schabort.

Peet Schabort ·

Is hierdie toedrag van sake enigsins aangehaal met die beraad in Kanada? Kom ek gee jou ‘n brief: NEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!

Antiestabliesment ·

Aan alle kanker pasiente wat hier lees en laaste uitweg soek.

Soek op Youtube ‘A MESSAGE OF HOPE’

HPV ·

Regering jaag dokters landuit, nou is daar te min. Skole word letterlik daagliks afgebrand, nou is daar te min. Nou wonder hulle waar is al die dokters , skole en baie ander dinge wat nie meer daar is nie Die land sterf elke dag bietjie vir bietjie! Genoeg gesê.

Alida ·

Ek kan nie verstaan dat CR nie insien dat hy sal moet SKOONMAAK in alle departemente nie. Gesondheid en Onderwys eerste. Hy moet nie net ministers vervang nie maar hul adjunkte en hospitaal personeel die hele lot. Stel tog opgeleide mense aan ongeag kleur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.