Lang wagtyd by hospitaal beperk kans op oorlewing

Argieffoto (Foto: klbz, Pixabay)

Lang wagtye vir kankerbehandeling by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg verminder die pasiënte se kans op oorlewing, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

Volgens die hospitaal se uitvoerende hoof, Gladys Bogoshi, sal 300 prostaatkankerpasiënte ongeveer twee jaar lank moet wag vir behandeling, het DA-LP Jack Bloom gesê.

Die wagtydperk vir 50 borskankerpasiënte is tussen vier en ses maande en 150 pasiënte met ginekologiese en ander kankers sal tussen drie en vier maande moet wag.

“Ek is bly dat hierdie statistiek uiteindelik bekend gemaak is in reaksie op ʼn besoek deur die Menseregtekommissie verlede week aan die hospitaal. Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid in Gauteng, het vroeër vanjaar dié ontstellende statistiek verbloem in reaksie op my vrae. Sy het bloot gesê die wagtydperk vir behandeling ‘verskil van maand tot maand’.

“Sy het dieselfde vae antwoord gegee in reaksie op my vrae oor kankerbehandeling by die Steve Biko-hospitaal. Die kankereenheid by Charlotte Maxeke-hospitaal het slegs drie radiasie-onkoloë, terwyl minstens vyf benodig word. Ek hoop die MRK kan seker maak dat behoorlike hulpbronne beskikbaar gemaak word vir kankerbehandeling in Gauteng om gehaltesorg te verskaf,” het Bloom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Want die ander helfte staak ook nog

leser

ek het net die hoogste agting, lof en respek vir almal wat my behandel vir prostaat kanker by mary-potter (lcm), en ek bedank almal vir hul werk
vandat ek met prostaat kanker gedianoseer is, was almal daar, behulpsaam, vriendelik en professioneel

MG

Wat ‘n tragedie!

Heila Fourie

Ek was 3 junie in tswane hospitaal opgeneem en is maandag 4 junie om 2:00 die mid ontslaan. hul het geweier om die drup uit te haal plus die kateter en ek het niemand gehad om my te help nie. ek het die oord gebel en 6:00 die aand is my drup uit die arm geruk plus die kateter. ek kon nie self die bed se opgeslane handvatsel los kry nie en net voor 6:00 het een dit vir my gedoen. ek het so vining as ek kon uit die hospital gehardloop waar een van my oord mense my tot… Lees meer »

Peet Schabort

Is hierdie toedrag van sake enigsins aangehaal met die beraad in Kanada? Kom ek gee jou ‘n brief: NEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!