Langer skooldag weens geskiedenis as verpligte vak

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die instel van geskiedenis as ʼn verpligte skoolvak sal na verwagting tot ʼn langer skooldag lei, het die ministeriële taakspan oor die onderwerp bevind.

Die taakspan het vanoggend die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys ingelig oor hul vordering met die daarstel van geskiedenis as verpligte vak.

Die taakspan het baie ernstig gewaarsku dat geskiedenis maklik verpolitiseer kan word, en daar moet absoluut daarvan weggestuur word. Voorbeelde van hoe om dit nié te doen nie – so het die taakspan bevind – sluit in die stelsels in Zimbabwe, waar die geskiedenis van die regerende party onderrig word, en Rwanda, waar die Tutsi-oogpunt bo die Hutu-oogpunt gepropageer word.

Verskeie voorstelle is oorweeg in die omvattende verslag deur die taakspan. Dit sluit in die vraag of geskiedenis afsonderlik, of dalk saam met die vak lewensoriëntering aangebied moet word, wat die invloed op die opleiding of heropleiding van onderwysers sal wees, die tydsbestuur en klastyd ter sprake, of en hoe dit sal bydra tot samehorigheid in die land, en of die kurrikulum Afrosentries of Eurosentries moet wees.

Die aanbevelings van die taakspan is soos volg:

* Geskiedenis moet tot matriek verpligtend wees, en moet lewensoriëntering op die rooster vervang.

* Lewensoriëntering moet verpligtend bly tot gr. 9, en die kurrikulum moet versterk word.

* Lewensoriëntering moet uitgefaseer word in gr. 10 in 2023, in gr. 11 in 2024 en in gr. 12 in 2025.

* Dit gee die departement van basiese onderwys ses jaar om die sillabus gereed te kry.

* Die klastyd vir gr. 10 tot matriek sal van 27 en ʼn halfuur tot 29 en ʼn halfuur verhoog.

* Geskiedenis moet van laerskool af geskei word van geografie as vak.

* Veranderings aan onderwysopleiding sal nodig wees.

* Die KABV-stelsel vir geskiedenis moet hersien word.

* Daar moet groter klem op Afrikageskiedenis wees.

* Antieke en pre-koloniale Afrikageskiedenis moet in die laaste skooljare onderrig word.

* Die twee geskiedenisvraestelle aan die einde van matriek moet as eerste vraestel ʼn vraestel oor Suid-Afrikaanse en Afrikageskiedenis insluit, en as tweede vraestel ʼn vraestel oor internasionale geskiedenis.

* Die begrotings en beurse vir die groter klem op geskiedenis moet deur die onderwysdepartement verreken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Haan ·

Wonder wat hierdie “geskiedenis” ons kinders gaan wysmaak oor oa. Van Riebeeck, die voortrekkers, apartheid ens

Klink baie na n poging tot indoktrinasie.

ZIMPOPO ·

Dis precies wat dit is.
Jammer om te se maar eks dankbaar ek het nie meer kinders op skool nie

Leonora ·

Dit is belaglik!!!! Wie de hel wil geskiedenis tot in matriek hê, veral as dit verpligtend is, en dit nogal die tjol wat die kinders nou moet leer. Voel jammer vir vandag se kinders

Paul Stefanus Van der Hoven ·

Baie mense besef die waarde van Geskiedenis tot in matriek, en selfs daarna. Toegegee, dit hang af van wat in die nuwe sillabus onderrig gaan word, waar die klem gaan le en hoe daar van onderwysers verwag gaan word om dit aan te bied.

Jacques ·

Dit is belaglik . Is daar nie belangriker dinge om te doen as om ou nuus in n kind se keel af te dwing nie ?

Paul Stefanus Van der Hoven ·

Die vak Geskiedenis gaan lankal nie meer oor dieafdwing van ou nuus nie. Vir die laaste 10 jaar ten minste gaan dit oor die verkryging van broodnodige vaardighede soos objektiwiteit, die herkenning van vooroordeel, die aanmekaarsit van ‘n logiese, beredeneerde argument, gebaseer op feite en die deel van gemeenskaplike ondervinding. Geskiedenis as ‘n vak is ideaal vir nasiebou, toegegee, dit hang af van wat hierdie nuwe plan behels en hoe daar verwag gaan word om dit aan te bied.

San1 ·

Ai tog, dis nou uiters onnodig, wonder wat word van die wit geskiedenis?? Maar soos ons almal weet is ons wit mense uitgelewer en tel ons nie.

Eish ·

” Antieke en pre-koloniale Afrikageskiedenis moet in die laaste skooljare onderrig word.”
Ek is geen etnoloog nie, maar die bietjie wat ek weet oor volkekunde, is die resultaat van geskiedenis op skool asook n paar goeie boeke. Synde n Vrystater gebore en getoeë, het die streek se geskiedenis besondere waarde vir my. Die eerste sendelinge van die Franse Paris Evangelical Mission Society of PEMS het twee sendelinge opgelewer wat veral die geskiedenis van die Vrystaat goed opgeteken het synde hul by Mosheshwe hul werk gedoen het. Eugene Casalis, een van die sendelinge, het dan ook n boek geskryf met die titel, ” My life in Basutholand. ”
Uit die boek is dit baie duidelik dat die Basutho’s
met die sendelinge se aankoms in die vroeë 1800′ s geen gekodifiseerde taal gehad het nie. Met ander woorde, geen geskrewe taal nie.
Nou vra ek jul met trane in my grasgroen oge, hoe op dese aarde gaan jul bronverwysings bekom vir die pre-koloniale tydperk. Van die antieke geskiedenis praat ek nie eers nie.
Asseblieftog, gee die kinders n keuse tussen stories(Folklore) en geskiedenis!

Retha Thiardt ·

Mens sal dink met die hoë vlak van ongeletterdheid en werkloosheid dat hul eerder sal fokus op tegniese en praktiese vakke, maar nee, ons mors tyd met Geskiedenis. Hoe op dees aarde gaan dit leerders NA SKOOL help???

Prioriteite is gruwelik verkeerd in hierdie land!

Willem ·

Pre-koloniale Afrika-geskiedenis, was dit van 1510 af waar dit by die Portugese begin het, dan ‘n ‘gap’ en dan seker van 1994 af? Kan iemand help? Dalk vanaf 1600, dalk later, vanaf watter datum sal dit beskou word as taboe om daaroor onderrig te word? (Een dag was daar net swart mense in Afrika en per die volgende hoofstuk wemel dit van die blankes?)

Nel ·

Die Suid Afrikaanse geskiedenis sal seker net oor afbrand, klipgooi en stakings handel. Of so nie sal die skrywers liegstories moet opmaak om iets positief op te dis.

Thersia ·

Maak liewer bestuurs lisensie en padgebruik ‘n verpligte vak. ALMAL gaan moet bestuur….. Dit kan mos ons almal baat. As hulle wil reels maak, kan hulle nie net ten minste ‘n reel maak wat iets beteken nie???. Ai…..

Geskiedenis ·

Hoe gaan die arme kinders al die datums van al die betogings wat daagliks en op verskeie plekke gebeur , onthou?
Hoop hulle leer die WARE geskiedenis en nie “opgemaakte’ geskiedenis nie.
En dan ook – wat gaan hulle met Geskiedenis op Universiteit maak?
Leer hulle eerder wiskunde en wetenskap in ekstra tyd.

marous ·

Skryf asseblief die geskiedenis oor die suksesse van die afgelope 25 jaar , dan behoort skole al 9 uur die oggend uit te kom…..

Petro ·

Hoop nie hulle gaan vir die kinders van die klomp stropers leer nie wat die land tot op sy kniee gedwing het of van die Guptas nie

Tertia Human ·

WIE BETAAL MY KINDERS SE SKOOLFONDS? EK OF DIE REGERING? WIE BETAAL DIE ONDERWYSERS SE SALARISSE ONS AS OUERS OF DIE REGERING? SIT GESKIEDENIS KOS OP MY KIND SE TAFEL? NEEE!!!! SO HY WIL DIT NIE LEER NIE!!! EINDE

Helizna ·

Ek het Geskiedenis gedruip op skool tydens Apartheid, en het my kind het Geskiedenis gedruip onder ANC. Trotse familie tradisie.

Elaine ·

Plaas daar meer aandag aan Wiskunde en Wetenskap gegee word. Dit is alreeds ñ skande hoe Suid-Afrika se standaard heel onder aan die ranglys is.

Pieter h ·

Dit gaan alles oor indoktrenasie teen die witman. Ons sien reeds die resultate met al die aksies teen die VERAL DIE BLANKE AFrikaner.

Paul Stefanus Van der Hoven ·

Dit is meer werd vir ‘n kind om 60 persent in Geskiedenis te kry kry as 40 persent in Wiskunde.

Koeks ·

Indoktrinasie, goeie vriende. En behoorlike opleiding in die kuns van struggle en revolusie. Maar daar is mettertyd ook voordele. Sodoende ontvang die ou garde uiteindelik ‘n stewige dosis van hulle eie medisyne.

Tinkie Kriel ·

Geskiedenis? Wie se geskiedenis!? En wat in lyn is met wie se waardes? Ek leer my kind om positief vorentoe te beweeg en dat ‘n mens uit jou foute moet leer…..en dis nou gied en wel datv ‘n mens jou land se geskiedenis moet ken, so, wat de hel wil die departement my kind leer? Daar is nie ‘n manier dat sy allerhande snert sal leer nie.

Michelle ·

Hoe meer kinders in privaatskole geplaas word hoe meer bekostigbaar kan dit word (hopelik). Kom ons verander ons denke en ondersteun die verskeie inisiatiewe wat reeds in die opsig begin is.

sw ·

Ekonomie behoort as verpligte vak in skole aangebied te word, sodat daar besef word waar geld vandaan kom, hoe geld gegenereer word, maatskappye se finansieële state verstaan word alvorens daar sommer net gestaak word.

Geskiedenis ·

Ek Sal sê gee Geskiedenis ‘n kans. Die geskiedkundiges wat die sillabus/kurrikulum opstel weet wat hulle gaan doen en nie een van die reenboognasie gaan vooroordeeld wees nie juis omdat ons die kennis, vaardighede en waardes vir die kinders wil leer selfs ook hoe hy/sy as ‘n sterk leier na vore sal kom d.m.v. Geskiedenis . En ek praat nie van geweld/optogte/boikotte nie. Lewensorientering tel nie eers baie as die kind verder wil studeer nie. En hierdie geskiedkundiges is bewus daarvan en gaan beslis daaraan werk dat dit op universiteit gaan tel. Moet nie negatief oor verandering wees nie.

Livia ·

Basta met dit swak idee, leer sie kinders eerder ñ maklike rekeningkunde meer basies sodat dat almal kan leer , begroot en beplan in die moeilike finansiele tye. Dit is meer leersaam om spaarsamig te lewe.

Nikki ·

Ek weet nie wat hulle DINK hulle gaan hierdeur bereik nie maar ek WEET dit gaan gaan BAIE ongelukkigheid veroorsaak. Is daar n manier wat ons as ouers daarteen kan werk?

Hetta ·

Ons blanke geskiedenis is reeds uit di boeke verwyder my kind in gr7 ek sien mos wat hulle hom probeer leer, daai is sommer pot bull. Wat hulle probeer

Se maar net ·

My kind hou niks van geskiedenis nie, kry nie eers goeie punte vir dit nie. Ek neem haar nie kwalik nie want dis net n klomp snert. As hul die boeke verander hoop ek hul plaas oor korupsie, bedrog, staatskaping, grondonteiening sonder vergoeding en en en ook in want dis al wat mens vandag lees en hoor. Hopenlik sal alle leerders slaag dan as geskiedenis n verpligtende vak word.

Adrie ·

Ek reken nie een van die beleidmakers het self kinders op skool wat dit nog moet deurmaak nie – Ek sou stem: maak NET Afr, Eng, en Wsk vepligtend en gee kinders n wyer keuse om vakke te KIES wat vir hul toekomstige studies relevant is!

Jenny ·

Hoop julle gaan hulle die ou Geskiedins Boeke gee …daar waar bloedrivier in die prentjie was en waar die blankes vandaan kom met al daai lekker datums wat ons geleer was!!!!!

Ben ·

Dit is sommer maligheid! As hulle dit wil instel moet daar oor alles gepraat word en nie net oor Sekere gedeeltes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.