Langeraad rand drie bejaardes aan

Foto ter illustrasie: Pixabay

ʼn Uitsonderlik lang inbreker het binne ʼn week twee keer op ʼn groot aftreeoord in Port Elizabeth toegeslaan en die vrees bestaan dat hy weer toegang kan verkry.

Maureen Andreka, uitvoerende hoof van die Algoabaai-bejaarderaad, sê die inbreker wat die afgelope twee Sondae in die middernagtelike ure ingebreek het by inwoners van die Buffelsfontein Village, word as “aantreklik” beskryf en “lyk glad nie soos ʼn misdadiger nie”. Hy is nie groot gebou nie, vertel sy, maar so lank dat hy moet buk om by ʼn deur in te kom.

Wagte vertel die man is lank genoeg om iemand met gemak oor die 2,4 m hoë elektriese heining te tel

Die oord se veiligheidsmaatskappy het hom ook by ander persele op hul veiligheidskameras vasgevang. Andreka sê wagte vertel die man is lank genoeg om iemand met gemak oor die 2,4 m hoë elektriese heining om Buffelsfontein te tel.

Dis nie bekend hoe die hemelbesem toegang tot die oord verkry het nie, maar hy het in die eerste voorval, voorverlede Sondag in die vroeë oggendure, glo ʼn staalpyp afgebreek en ʼn eenheid se veiligheidsdeur daarmee oopgekap. Hy het die inwoner glo aangerand en weggekom met haar TV-stel.

In die tweede voorval, die afgelope Sondag, het hy ʼn egpaar in hul kothuis oorval en ook beroof. Hulle is nog te getraumatiseerd om oor die aanval te praat.

Andreka sê hulle oorweeg dit om die sowat 900 toegangsdiskette wat die 405 inwoners en hul naasbestaandes het, terug te neem en nuwes uit te reik om te probeer verhoed dat die inbreker weer toegang kry.

Baie voel steeds hulle is veilig in die oord, ondanks wat alles in die land aangaan

“Party van die inwoners is bang,” vertel sy, “maar baie voel steeds hulle is veilig in die oord, ondanks wat alles in die land aangaan. Een vrou se familie wou haar verskuif, maar sy dring daarop aan om hier te bly, want dis haar huis, sê sy.”

Volgens Andreka voel niemand hulle kan nie langer daar aanbly nie. “Baie het in elk geval nie ʼn keuse nie, want hulle kry maatskaplike toelae en sal nêrens anders woonplek met hul karige inkomste kan bekostig nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

EK ·

Vir ‘n oomblik nadat ek die opskrif gelees het het ek gedink dis die sanger “hemelbesem”.
Baie verwarrende opskrif…

Pandora ·

Ja asseblief sê liewer “Langeraat” , dit kan nogal tot verwarring lei.

Johan ·

Nog nooit van hom gehoor nie.Niks verwarrend as jy die berig lees nie.Ek glo daar is n paar seuns/kleinseuns wat hulle lippe af lek om die lafaard by te kom,my raai hys voor 5 agter tralies na die berig.

Nadia ·

Verander asb die opskrif ek het ‘n hart stil stand gehad ek het regtig gedink dis die Sanger Hemelbesem, die opskrif maak hom sleg.

Tania Heyns ·

Dagsê lesers

Dankie vir julle kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die opskrif is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Nettie ·

Johan, regtig? Nog nooit van Hemelbesem of Yoma gehoor nie, huh? Goed, hulle musiek is alternatief en nie tradisioneel-Afrikaans nie, maar selfs ek, wat níé rap of “house music”/R&B luister nie, weet wie hulle is …..

Santjie ·

Daar is seker nie vreeslik baie lang manne in daai area nie. So kom ons hoop hy word gou gevang

Neels ·

So die ou is lank baie laaaank sodat hy sy makkers oor n muur kan tel. Lyk hy seker soos n jool pop op stelte. Elke lang ou gaan nou daar in die baai voorgekeer en onder vra word . Is daar nie ook iets anders waaraan hy uitgeken kan word nie.

Piet ·

My spelling is maar sleg maar ek se jy spel dit met n d. Dalk is daar n taalgoeroe wat sal se wies reg tussen ons.

BELAGLIK BAND ·

O my hemel asseblief mense . HEMELBESEM behoort nie aan EEN persoon nie. Die woord HEMELBESEM is in die woordeboek . so moet ons nou almal met BYNAME se name vermy in die pers? Ek het geweet Afrikaners is kleinlik maar wragtie julle is die ERGSTE .. SO ASB Maroela Media, julle MAG NIE MEER van POLISIEKAR praat nie . want dit is ‘n ‘band’ se naam . HOE BELAGLIK .. hoe kan julle dink dat dit die sanger is?? O WEE die kommentaar raak nou belaglik.

dries ·

die ou kan dalk handig by die bokspan inskakel..

hoop Rassie lees die berig

Johan ·

@Nettie,Ja regtig.Ek is 46 Jaar oud met 20 en 18 jarige seuns in die huis.My smaak is 80’s maar mal oor Francois v C,Karen Zoid en Johannes Kerk.. is saam Theuns en Steve my gunsteling Afrikaanse sangers.Huidiglik luister ek na Spoegwolf wat in my boonste 3 beweeg…..Nog nooit van HB gehoor nie,my klonge ken hom maar rate hom nie…..seker daaroor.

dries ·

ek weet wie dit is, Daddy Long legs. En nie Oom hemelbesem of Langeraad soos berig word nie.

John ·

Opskrif is reg. N lang persoon is dus n…..
As opskrif verward is hier.www.cnn.com

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.