Langlaagte-myn: Nóg myners na oppervlak gebring

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Woensdag gesê minstens drie van die onwettige myners wat in ʼn mynskag in Langlaagte in Johannesburg vasgekeer is, is dood.

ʼn Groep mense het verlede week onwettig in die goudmyn by die George Harrison-park ingegaan en is sedertdien ondergronds vasgekeer. Verskeie ander mense is later ook in die myn in om die vasgekeerdes te probeer red. Dit is nie duidelik hoeveel mense deel van die eerste groep was wat in die myn ingegaan het nie.

Noodreddingswerkers het Maandag die liggaam van een van die onwettige myners na die oppervlak gebring. Hulle het nóg ʼn myner gered wat in ʼn kritieke toestand na die Helen Joseph-hospitaal geneem is.

Dinsdagnag het vriende en familie van die vasgekeerde myners ondergronds gegaan en nog twee liggame na die oppervlak gebring nadat die polisie en die reddingsdienste die reddingsoperasie afgelas het. Daar is sedertdien vasgestel dat die mans wat aanvanklik onwettig in die myn ingegaan het almal Zimbabwiese burgers is.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê vier van die onwettige myners is Sondag in hegtenis geneem toe hulle uit die myn gekom het, gevolg deur nog drie inhegtenisnemings Maandag. “Die sewe verdagtes sal almal teregstaan op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbedrywighede en sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn,” het Makhubele gesê.

“Die liggame van die onwettige myners wat dood is sal na die regeringslykshuis in Hillbrow geneem word,” het hy gesê.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Maandag die myn besoek en die families van die vasgekeerde myners versoek om nie “onopgeleide” mense ondergronds te stuur om die vasgekeerdes te red nie.

Ngqabutho Mabhena, voorsitter van die Zimbabwean Community in South Africa, het die Suid-Afrikaanse regering gekritiseer omdat hy die reddingspoging opgeskort het. “Die Suid-Afrikaanse regering het die besluit geneem om die reddingsoperasie op te skort en beweer daar is niemand in die myn nie. Ons het egter bewyse daar is inderdaad mense in die myn is,” het Mabhena gesê.

“Dit is na ons mening arrogansie in die ergste graad. [Minister Zwane] het gister hier aangekom en die families toegespreek sonder om met hulle in gesprek te tree. Hy het geensins belanggestel om met die mense te praat wat in hierdie myn werk nie.”

Mabhena het gesê die myners se liggame sal teruggeneem word Zimbabwe toe om begrawe te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Domkop ·

Wat de drommel! Onwettig in die land-onwettig ondergronds-diewe van minerale hulpbronne-misbruik van swaarverdiende belastingbetalersgeld (vir die reddingsaksies) en dan het Mabhena voorwaar die vermetelheid om te se die minister is “arrogant”! Wie het het hom aangestel as woordvoerder namens wie-ook-al! Kragtie man! Dit sou beter wees om eerder ‘n Ronald Trumpkarakter aan bewind te gehad het wat grense kon sluit en vir ‘n slag na ons eie mense kan omsien!

Neewat ·

Hahaha moet nie ‘onopgeleide’ mense stuur om hulle te gaan haal nie? Julle kan bly wees hulle het enigiemand gestuur om hulle te gaan haal. Sover ek weet is onwettige mynbedrywighede ‘n kriminele oortreding, hoekom moet ons al ons Resources gebruik vir onwettige myners uit ander lande wat hier kom kriminele dade pleeg? Die families van hierdie mense moet aanspreeklik gehou word vir die onkostes aangegaan om die myners te gaan uithaal, wat se behandeling verwag julle in SA? VERSOEK nogals? Wat se regte het onwettige myners en hulle gesinne uit ander lande in SA? Dis arrogant om die minste te sê! Hoekom moet die Minister met julle praat? Hy moes nie eers soontoe gegaan het nie.

Miemie ·

ek gee nie om wie daar in die myn vasgekeer is nie, maar as hulle nog bewyse het dat daar wel mense nog onder die myn vasgekeer is, hoekom red hulle nie die mense nie???? Watse tipe Minister is hy dan? Dis swak man!!!

Maggie van Zyl ·

Hulle moet die dooies net daar los as waarskuwing vir die ander wat kom… Nou kos dit ons weer ‘n spul geld om hulle daar uit te vis, en te begrawe. Hulle families moet onmiddellik gedeporteer word terug na die lande waarvandaan hulle kom. Miemie, ek dink hy is ‘n “goeie” minister, die klomp goed het geweet waarvoor hulle hulself inlaat, deur daar in te gaan, maar hulle wil net gaan steel, so hulle gee nie om vir die moontlike gevare nie. Daar is mos altyd iemand om agter hulle skoon te vee..

Domkop ·

Ag Miemie, waar val jy uit?! Daardie mense as Zimbabwe-burgers (onwettige immigrante) het in die eerste plek niks te soeke in ‘n ander land se myne nie!

Sê net ·

Ek is jammer, maar ek het GEEN simpatie met onwettige immigrante nie. Baie misdade word gepleeg deur mense wat onwettig uit ander Afrika lande in SA kom plak. SA skuld hulle niks.

Paula ·

En almal van julle wat so oordeel eet rustig elke aand smul lekker aan julle borde kos. Werk is bitter skaars en hierdie mense roof nie mense van hul huislike besittings en moor en verkrag nie. Nee hulle stel hul eie lewens in gevaar om kos op die tafels te sit vir hul gesinne. Want weet julle wat? Werk is skaars. So kom by almal wat so klippe gooi. Die wiel kan skielik draai en jy sal eers verstaan as jy in n ander se skoene staan. Tot dan, BLY STIL OOR ANDER!!!!

vermeende ·

Paula, sou jy n dwelm smous oor dieselfde kam skeer aangesien werk so skaars is en hy net handel dryf om kos op die tafel te sit.

Nee ou girl, kom jy by! Dit is misdaat en kos die ekonomie baie geld en lewens.

Paula ·

En nog n ding. Hierdie myne is tans ni in gebruik nie. So hulle doen niemand skade aan nie want die grond le net. Wens mense se siele wil begin kyk en nie oe wat haat nie.

vermeende ·

Paula vertel ons eerder van koek bak of naaldwerk want van mynbou weet jy niks.
Weet jy hoe warm dit ondergrond raak, waar kom hulle wentelasie vandaan.
Is daar mitaangas in die myn.
Skop die tonnels al toe.
Het die hang al begin sak en hoe lyk dit.

Miskien is jy reg, los die rowers om te gaan myn in die myne. Maar net een manier om van hulle ontslae te raak want dooi gaan hulle dooi daar.
Het jy al gedink hoekom n myn, myn ingeneers het, seker maar om geld te mors ne?

Dink voor jy twak praat ·

Paula, Miemie jul praat oor goed waarvan jul niks weet nie
Wat sal jul sê as jou kind gestuur word om onwettige myners, diewe, te gaan red waar dit Dom en onveilig is om in te gaan. Hoeveel budgies wil jul hê moet ook sterf om die reddingspan veilig te hou?
Ek stem laat die famirls van die myners die kostes dek van mediese sorg asook hulpbronne wat elder aangewend kan word

VelvetBlue ·

Kyk siende dat die organisasie wat vir Zimbabwiese onwettige burgers in Suid Afrika se regte baklei…laat hulle dan hulle eie proto team af stuur om die zama-zama’s te gaan red. Hoekom moet ons eie proto teams hulle lewe in gevaar stel vir mense wat in elke geval nie reels kan gehoorsaam nie…. Dalk moet ons al die dwelm smouse en moordenaars ens motiveer om onwettig te myn… dan kom hulle van die straat af en bly dalk permanent daar onder…. vir die van julle wat hulle so jammer kry…daar is net soveel mense vir die proto-team. Dus as hulle hulle tyd verwyl met die zama-zama’s gaan die mense wat werklik eerlik hulle geld verdien dalk nie gered word nie want zama-zama’s neem hulle tyd op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.