Langlaagte-mynskag binnekort toegemaak

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Die departement van minerale hulpbronne het Vrydag bevestig die skag by die ongebruikte myn in Langlaagte, Johannesburg, sal toemaak word nadat drie onwettige myners verlede week dood is toe hulle dae lank ondergronds vasgekeer is.

Martina Madlala, woordvoerder van die departement, het gesê beamptes van die departement, die polisie, mynreddingsdienste en ander sleutelrolspelers het die myn besoek en met die omliggende gemeenskap vergader om menings oor die beplande toemaak van die myn in te win.

Volgens Madlala het Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, gesê die departement het ʼn verpligting om die terrein te beveilig. “Die departement is tans besig met besprekings met die relevante rolspelers met die doel om die mynopeninge toe te maak en te beveilig,” het Madlala gesê.

“Sluitingskennisgewings is gister aangebring en veiligheidswagte is sedert 06:00 gisteroggend daar ontplooi.”

Volgens Madlala het die polisie gesê hulle sal in die toekoms bystand bied wanneer daar ʼn konfrontasie met onwettige myners by die myn is. “Intussen sal die mynmaatskappy al hul beskikbare hulpbronne, soos doringdraad, inspan om die terrein te beveilig, asook om die heining rondom die terrein te herstel.”

ʼn Onbevestigde aantal onwettige myners het twee weke gelede ʼn ongebruikte skag by die myn binnegegaan, waar hulle vasgekeer is. Toe hulle nie terugkeer nie, het ʼn groep van hul vriende en familie ook in die skag ingegaan om hulle te red. Die polisie se hulp is later ontbied toe hulle nie daarin kon slaag om die vasgekeerdes te red nie.

Die amptelike reddingsoperasie is later opgeskort omdat dit te onveilig vir reddingswerkers was om in te gaan. Drie liggame is oor die volgende paar dae uit die myn gebring en sewe van die vermeende onwettige myners is in hegtenis geneem.

Verskeie groepe onwettige myners het vermoedelik die ongebruikte skag gebruik. Onwettige myners noem die skag glo spottenderwys ‘FNB’, omdat dit so winsgewend is.

Madlala het gesê die departement sal seker maak almal wat in die skag ingegaan het, is na die oppervlak gebring voordat die opening toegemaak sal word. “Ons eerste prioriteit is die veiligheid van alle betrokkenes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lance ·

Hulle weet al jare van die probleem …NOU tree hulle eers op nadat NOG mense dood is

Jakkalas ·

Myn maatskappye moet verantwoordelik gehou word vir die tragedie wat homself nou afspeel. Hulle weet hulle is verantwoordelik vir daai skagte en moet permanente rehab doen om te verseker die publiek bly veilig. Zamas is nie iets nuuts nie.

janneman ·

Ek doen sulke rehabilitasies vir myne. Die probleem is om n sertifikaat te kry wat bevestig daar is geen mens meer in daai myn nie. Tot daai dokument nie uitgereik is nie, kan jy dit nie afseel nie. Zammas( en die mense agter hulle) ken die wet goed, en terroriseer sekuriteit, heinings en wat jy ookal doen om die ingange te beveilig en te verhoed dat niemand ingaan nie. Verder wil DME nie spanne beskikbaar stel om te gaan soek na mense nie, agv veiligheidsrisikos, en SAP lede staan net en kyk, doen niks om mense te keer om in te gaan nie, want die base agter die onwettige myners laat hulle vermoor…….dus selfde as res van die res van die land…korrupte mense vir wie geld belangriker as enige iets anders is, insluitend mense lewens…….catch 22 situasie

Sê net ·

Dit is so dat die eienaars verantwoordelik bly vir beveiliging, maar onwettige myners/krimu ele sal steeds altyd probeer om met hul onwettige bedrywe voort te gaan óngeag watter veiligheidsmaatreëls getref word. Boonop is daar ook onwettige immigrante betrokke by dié bedrywighede. Eienaara kan nie áltyd vir alles cerantwoordelik gehou word nie. As iets nie aan jou behoort nie, moenie dit steel nie…punt.

KarooKlong ·

As daar nou iemand is wat moet weet dat dit gevaarlik is daar onder, dan is dit hierdie myners. Jy sal my nooit oortuig dat dit my verantwoordelikheid is om heeldag voor my toe erf te staan en te sê pasop vir my hond, veral as daar ‘n bord is wat sê: pasop vir die hond.
Komaan! Selfs ‘n doofstom (met respek gesê) myner weet dat daar gevaar is.

SNEL ·

Ja, KarooKlong, ek stem. Almal weet om uit ou mynskagte te bly, hoekom nou die skuld op mynbase sit. Hierdie klomp gee nie om om hul lewe op die spel te sit vir geld nie, en nou is hulle dood. Geen een se skuld behalwe hulle eie nie. Hulle tree onwettig op, op n perseel waar hulle geen toegang het nie, maar iemand anderste moet opdok vir hulle oortreding. Dis nonsies dat die kriminele wegkom met alles en die ou wat heeltemal onskuldig is nou soos die misdadiger moet lyk.

Jakkalas ·

Wat ek sê is by rehab is dat daai myn permanent geseël word sodat niemand kan ingaan nie ongeag wat jy moet doen om dit geseël te kry. Giet 300mtr se sement as jy moet. In ons bedryf doen ons dit…..

snoefie ·

laat die swernote betaal of hulle goud gekry het al dan nie. ek glo mynlisensies kos baie geld. laat hulle betaal en deporteer hulle summer.

Alida ·

Die dag toe die myn ophou werk het moes die skagte al toe geseel gewees het. Nou skrik hulle wakker.

KarooKlong ·

Alida, meeste eiendomme is ook geseel met deure en sekuriteitsdeure en diefwering en alarmstelsels ens. maar ons lees elke dag van inbrekers wat toegang tot die eiendomme verkry het. Ek glo die myne voldoen aan die normale voorgeskrewe seel-vereistes maar hierdie vereistes hou net nie rekening met die afrika ewolussie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.