Langste algehele maansverduistering vanaand

Fotosamestelling van ‘n maansverduistering.

Die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu sal Vrydagaand ook in Suid-Afrika sigbaar wees.

ʼn Algehele maansverduistering gebeur wanneer die maan deur die middel van die aarde se skaduwee (umbra) beweeg en die son, aarde en maan in lyn met mekaar is.

Mars sal ook op sy helderste vertoon in baie jare aangesien dit op sy naaste punt aan die aarde is. Venus, Jupiter en Saturnus sal ook sigbaar wees.

Die algehele maansverduistering sal sigbaar wees vir inwoners van Suid-Amerika, Europa, Afrika, Asië en Australië.

Volgens die Astronomiese Vereniging van Suidelike Afrika (Assa) sal die maan teen 19:15 begin donkerder raak wanneer dit in die aarde se skaduwee begin inbeweeg. Die totale verduistering sal teen 21:30 begin en vir sowat twee uur duur.

Grafika: NASA

Die rede hoekom die maansverduistering so lank sal duur is omdat die maan deur die middel van die umbra sal beweeg en die maan vanaand op sy verste van die aarde af is in sy maandelikse wentelbaan.

Wanneer die maan ten volle in die skaduwee van die aarde is laat dit die maan in kleure van oranje tot dieprooi verander. ʼn Mens sou dink omdat die aarde se skaduwee groot genoeg is om die maan tydens ʼn totale maansverduistering te bedek die maan heeltemal donker sou wees.

Die aarde se atmosfeer strek egter verder uit oor die aarde en sonlig dring deur. Dit is dieselfde straling wat ʼn sonsondergang rooi maak.

Die skakerings en intensiteit van die kleure tydens ʼn totale maansverduistering hang af van hoeveel stof, water en ander deeltjies in die aarde se atmosfeer is, asook faktore soos temperatuur en humiditeit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

E.K. die eerste ·

Ons is REG – hoop wolke bly weg. Kamera, verkyker, bottel “bubbly” in yskas (enigsiets mos rede vir “bubbly” en buitendien is dit Vrydag en ons bestuur nie onder invloed!) lekker happies reg so ons sien uit. Hier buite die dorp gaan dit beslis iets wees veral met Mars nog ekstra helder ook.

Chris ·

Dit gaan beslis iets uitsonderlik wees om te sien en ek glo baie beter as Eskom se duisternis wat hulle elke nou en dan op ons loslaat

humor ·

Hierdie natuurverskynsel, het dit simboliese waarde vir die toekoms van Suid Afrika of miskien vir die hele aarde?

Cherokee ·

Dankie MM, vir die inligting. My driepoot is permanent opgestel maar die kamera se battery is nie permanent gelaai. Toevallig ìs dit vol maar as nie vir hierdie berig sou ek nie voorberei het daarvoor. My werklike belangstelling en stokperdjie is nie Internet chats maar fotografie.

Wilco ·

Sal ongelukkig nie kan sien nie. Hier waar ek woon reen dit en is bewolk tot môreoggend.

Francois le Cochon ·

Maak seker oor die wolke. Google net “yr”.

Natuur liefheber ·

E.K. die eerste Hoe laat moet ek daar wees en wat is jou adres hoop jy maak n lekker vuur ook haha geniet dit julle. Lekker tydjie om saam jou gesin te ontspan en na ons Vader se wonderlike skeppin te kyk

Wynand ·

Sou die maansverduistering nie langer geduur het as die maan nader aan die aarde was nie?

De Villiers ·

Nee, dan sal die maan groter wees en dus minder tyd totaal in die skaduwee van die Aarde wees.

Nikita ·

Gratis skouspel wat ons hemelse Vader aan ons gaan uitstal. Al die eer kom Hom toe. Die sterrekundiges het uitgewerk om presies te wees sal die verduistering so 1 uur 42min & 52sek duur. Maar ongeveer by 20:00 rond begin die maan al donkerder raak. Duurte 21:30 – 23:13. Assa se die volgende algehele maanverduistering wat in SA gesien sal kan word is op 7 Sept 2025. Sal wonderlik wees om die rooi-oranje kleur duidelik te kan sien. Wees versigtig buite mense, dis laat vanaand.

Willie ·

Vanaand kan die mense wat glo die aarde is plat, sien die ding is rond.

Katerina ·

Soos Nikita gese het, geniet die verskynsel maar onthou om versigtig te wees, dis Suid Afrika die. Wees bewus van alles in jou nabye omgewing, hou jou hond(e) naby en vuurwapen byderhand as jy een het.

Cherokee ·

Ja, nie net ‘n kamera nie maar ook ‘n pistool.
Gelukkig vir my, ek neem ek fotos vanuit my sitkamer.

Dries ·

As jy uitstap by jou voordeur en jy kom by jou agterdeur in weet jy hy is rond.

young&gifted ·

My baba seuntjie is maar nou eers 2maande 6dae maar 21:28 gaan ek hom wakker soen om 21:30 onse hemelse Vader se handewerk te aanskou al weet hy nie wat aan gaan nie…Geniet dit julle…God seën

Hennan van Staden ·

Hou die maan dop en los die dop dan kan julle die mooi verskynsel sien waardeer.

John ·

In die Bybel en deur die eeue is tekens aan son, maan en sterre verbind met gebeurtenisse op aarde. Die Bybel voorspel dat daar waarskuwingstekens is tov van die wederkoms van die Messias. Die helder ster het Sy eerste besoek aangekondig en Oosterse Wyses het dit geglo, selfs koning Herodus het bevrees geword, maar ons is nou mak; bring die sjampanje en die kamera, wow dis oulik… Ons gaan vir ewig lewe op die’ bol klei… ja, the cradle of mankind and never-ever death and wars… arrogansie gedy. Ek het vroeg gaan slaap… hou niks daarvan dat die volmaan bloedbelope lyk nie… dis scary… baie…

JAN ·

Dankie John – jou skrywes is immer puik.
Lees gerus die geestelike betekenis van hierdie bloedmaan///. Google
Dis nogal bemoedigend : einde van bose siklus begin van vernuwing versoening
hmmm
Hoog tyd smaak dit my

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.