Langverwagte krageenheid Sondag geopen

Medupi-kragstasie. Foto: ANA

Medupi-kragstasie. Foto: ANA

Die kragnetwerk sal na verwagting Sondag ʼn hupstoot kry wanneer eenheid ses van Eskom se nuwe Medupi-kragstasie in Lephalale, Limpopo, geopen word.

Die langverwagte eenheid sal amptelik deur pres. Jacob Zuma geopen word en ten minste 800 MW elektrisiteit tot die sukkelende kragnetwerk bydra. Die eenheid, die eerste van ses eenhede by die steenkool-aangedrewe kragstasie wat voltooi is, is in Maart met die nasionale netwerk gesinkroniseer en het sedertdien intensiewe toetsing ondergaan.

Medupi moes volgens beplanning reeds vier jaar gelede deel van die kragnetwerk gevorm het, maar bouwerk by die stasie is vertraag weens arbeidsonrus. Die vertragings het tot miljarde rande se ekstra koste gelei.

Gaste het Sondag sedert 07:00 by die kragstasie aangekom en is na ’n tent begelei wat vir die opening opgerig is. Verslaggewers is per vliegtuig van die Waterkloof Lugmagbasis na die kragstasie vervoer en sal ʼn toer deur die massiewe bouperseel onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ben ·

Klomp klaasvakies! Nie Medupi nie, maar wel: “Me-amsleepy”!

scalla ·

vir wat vier hulle die verleentheid deur nog fondse te vermors, as alles reg verloop het volgens plan was die netwerk nie in so n gemors nie, viva eskom

Johann Marx ·

Dit bly tog ‘n misterie hoe mense “nuwe uitbreidings” met groot makietie en trompetgeskal aankondig, en vir hulleself medaljes en prestasie bonusse toeken…..terwyl hulle nie in staat is om die onderhoud te doen op dit wat hulle in 1994 op ‘n skinkbord gekry het nie??

Peet Schabort ·

Hulle moet feesvier want in Afrikatyd is dit nogal ‘n prestasie om só gou die spulletjie aan die gang te kry en dan ook nog bruikbaar te maak. Nou kan dit krag lewer sonder onderhoud totdat Jan van Riebeeck weer ‘n draai maak.
Intussen sit ek nou met pakke en pakke kerse wat nutteloos is.

Lynette ·

As hulle ses eenhede gaan oprig, hoekom word die eerste een wat opgerig is nr ses genoem en nie nr een nie?

Liewe lulu ·

Dit is vir die agteruitgang die volgende een gaan eenheid 5 wees, dan dink hulle, hulle beweeg vorentoe

Hennelie Rust ·

Die vakbonde regeer S.A…. Die burgery lei daaronder. Hierdie noodsaaklike dienste vir die land se krag en ander noodsaaklike dienste behoort ongestoord voor te gaan. Die werkers behoort aangestel te word in die sulke instansies sonder regte ,om te staak. Die miljoene en miljarde Rand en tyd verlore regverdig dit. Die ekonomie en dorpe en mense gaan ten gronde hierdeur. Dit is ‘n voorreg om werk te kan hê. Ons vra die burgerregte organisasies,om ‘n geldelike waarde bepalings ondersoek te doen, om so ‘n voorstel,ter wille van die verbetering in die ekonomie te help bring. Hoeveel Rand is deur stakings verloor,hoeveel werksgeleenthede word hierdeur afglê?? (As die wat die vakbonde help staak,wat help dit hulle,nou verminder die firma’s hul poste, en die staker sien, maar ek het nou my werk verloor.)Die buiteland,kan nie belê,waar vakbonde se stakings die land die afgrond in stuur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.