Las op motoriste dalk nóg swaarder  

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Net toe motoriste dink hulle kan nie nóg swaarder trek nie het die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) Maandag in ʼn verklaring gesê brandstofpryse sal waarskynlik teen die begin van Augustus nog verder styg.

Die AA het in ʼn verklaring kommentaar gelewer op die ongeouditeerde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is.

Die AA het verduidelik dat internasionale oliepryse wipplank gery het vir die eerste helfte van Julie, maar binne ʼn relatiewe nou marge gebly het en nie daadwerklik tot die brandstofprysverhogings wat hy vir volgende maand voorsien bygedra het nie.

“Die groot nuus is weer op die front van die rand. Die rand het dié maand begin met ʼn tekort te danke aan verskeie dae se verliese teen die Amerikaanse dollar einde Junie. Die rand het egter teruggeveg teen sommige van die verliese tydens ʼn tydperk van ongewone stabiele handeldryf in die eerste helfte van Junie.”

Volgens die AA dui die data wat tans beskikbaar is daarop dat petrol met 19c per liter sal styg, diesel met 13c per liter en paraffien met 22c per liter.

Die AA meen die onlangse styging in die brandstofprys is ʼn bron van kommer vir alle Suid-Afrikaners, veral die armstes onder die armes wat staatmaak op paraffien vir hitte, beligting en kookgeriewe.

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesmaand gesê die regering gaan ʼn stel ekonomiese maatreëls bekendstel wat sal help om die las te verlig wat Suid-Afrikaners dra in terme van die styging in die brandstofprys asook BTW.

Die regering het die afgelope ruk fel deurgeloop onder kritiek deur opposisiepartye en die burgerlike samelewing oor die jongste brandstofverhoging en die verdere verhogings wat verwag word. Die ANC het ook gevra vir die regering se ingryping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GM ·

Hoekom betoog die taxidrywers altyd oor roetes, maar nooit oor stygings in petrol-of dieselpryse nie?

Cherokee ·

Vir besighede wat pryse verhoog wanneer petrolprys verhoog, is verhoging in petrolpryse ‘n wins want hulle verlaag nooit weer die pryse wanneer petrolprys daal nie.

Avra ·

Landswye staking op 18.07.2018. Petrol price must fall. Alle hoofweë sal geblok word

jd ·

Verbasend dat van af Ramaphosa vir 4 maande president is het die petrol nog elke maand gestyg.
M.a.w ons betaal vir sy rondrits vir ‘investers’ hunting om sy/hul sakke meer te invest.
??

Andrea van Vuren ·

Ramaphosa vlieg in ‘n straler saam met 30 onderdane rond en besoek al sy buffelplase op ons onkoste. Dis een van die redes vir brandstofverhogings. Die rykes word net ryker!

Snowball ·

Die reeds vernielde Rand en die tragiese Ekonomie wat hom net verder knou word al hoe duideliker. Dis nog net die belastingparassiete wat dink dis lekker in SA.

Koos de Meyer. ·

Natuurlik sal die Taxi’s nie staak nie want hulle kry subsidies. Ons moet maar betaal en nogmaals betaal want ons agbare pres se huur van die vliegtuig vir die vlug Kaap toe kos maar net R1. 5 miljoen. Die geld val mos uit die Hemel.

jaco ·

Die berig eindig met “Die ANC het ook gevra vir die regering se ingryping”.
Maar die ANC beheer dan die regering. So die ANC-regering verhoog die petrolprys en dan vra die res van die ANC vir die regering se ingryping teen verhoging van die petrolprys. Iets maak nie sin nie.

Colleen ·

Ek wonder of dit regtig die olieprys is. Ek dink eerder die volle styging gaan vir die padongeluk fonds gegee word. Hulle kan dan 400 stoele huur ipv 300 per maand.

Waarom ·

Vraag: Gaan daar nou minder 4×4’s en luukse voertuie op die paaie gesien word? Kleiner voertuie is ons almal se voorland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.