Die polisie in KwaZulu-Natal kon Sondag nie bevestig of ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van pres. Jacob Zuma se oudste seun, Edward, uitgereik is nie.
Die Sunday Independent het berig dat ʼn lasbrief vir Zuma (39) uitgereik is nadat hy glo versuim het om onderhoud te betaal vir sy kind. Hy het glo ook versuim om ʼn paar keer in die hof te verskyn, selfs nadat hy dagvaardings daaroor ontvang het.
Die lasbrief is glo op 23 Junie in die Pietermaritzburg-onderhoudhof uitgereik en die polisie het dit in Durban-Noord, waar Edward se huis is, bedien.
“Ons kan eers môre [Maandag] volledige besonderhede verskaf,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan die koerant gesê. Hy het bevestig die polisie sal bepaal of ʼn lasbrief uitgereik is en aan die polisiestasie oorhandig is. “Ek het met die stasiebevelvoerder gepraat wat nie dadelik daarvan kennis gedra het nie.”
Edward Zuma het glo aan die Sunday Independent gesê hy weet glad nie van die dagvaardings of die lasbrief vir sy inhegtenisneming nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Sy pa het hom beslis nie reg geleer nie,hy moet maar net geld uit staadskas vat om vir al sy kinders te betaal.
Ja nee kyk….. Daar’s geen doepa vir ‘n swak genepoel nie…..
Maar hy kan vreeslik kerm oor Zelda se twitter gedrag. Wat van die balk in jou oog bra Zuma?