Lasbrief glo vir Gupta-broer uitgereik

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Die Valke het glo lasbriewe bekom om minstens een van die Gupta-broers in hegtenis te neem.

City Press het Maandag berig die Valke het op aanklaers van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gewag om die lasbriewe te teken sodat die inhegtenisnemings gedoen kan word. Die ander lasbriewe is na bewering vir medewerkers van die familie.

In ʼn tweede City Press-berig is daar beweer die NVG se batebeslagleggingseenheid sal vandag bewaringsbevele bedien aan maatskappye wat met die beweerde staatskaping, waarby die Gupta-familie geïmpliseer word, verbind kan word. Volgens City Press is die bewaringsbevele vir bates ter waarde van ongeveer R1,6 miljard.

Volgens die berig het die batebeslagleggingseenheid in Desember drie aparte bevele by die hooggeregshof in Pretoria, asook die hooggeregshof in Bloemfontein bekom sodat bates van die Guptas bevries kan word. Die aansoek is gebring in terme van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, wat voorsiening maak dat bates van beskuldigdes in strafregtelike sake, of mense wat nog strafregtelik aangekla moet word, bevries kan word hangende die uitkoms van die vervolging.

Die DA het Maandag die beweerde optrede deur die NVG se batebeslagleggingseenheid verwelkom. “Dit is nie te danke aan Shaun Abrahams [die nasionale direkteur van openbare vervolging] wat probeer sloer het nie, maar die gevolg van druk en harde werk van die batebeslagleggingseenheid onder adv. Knox Molelle,” het die DA se Glynnis Breytenbach gesê.

“Die DA was nog heeltyd op die spoor van diegene wat vermoedelik by die staatkapingsprojek betrokke was met ʼn hele aantal strafregtelike aanklagte wat deur ons teen sleutelindividue aanhangig gemaak is, wat ons glo die Valke en die NVG gehelp het in hul ondersoeke en besluit om die Guptas te vervolg, hoewel nogal laat.”

Breytenbach het gesê in September 2017 het die DA se Natasha Mazzone strafregtelike aanklagte van bedrog, rampokkery en sameswering teen die konsultantfirma McKinsey aanhangig gemaak. Dit het gekom nadat McKinsey glo die waarskuwings van senior personeellede geïgnoreer het, wat gewaarsku het dat die transaksies wat met Trillian, Eskom en ander Gupta-maatskappye gedoen is, nie bo verdenking is nie.

Breytenbach het gesê die bewaringsbevele is die eerste stap om die skuldiges verantwoordelik te hou vir “die plundering van landsburgers se geld”. Sy het gesê die party verwag dat daar op soortgelyke manier teen Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun, en die president self opgetree moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

zoom zoom ·

Waar is die lasbriewe vir zuma en sy seun. Of is die npa papbroeke.

Yster ·

Hier begin nou dinge gebeur wat beter gaan wees as n Sepie. Hoe sê hulle. Watch the space.

marous ·

Al Bashir….dis wat daarvan sal kom. Waarom is daar nie lasbriewe vir die wat dit toegelaat het nie ?

Johan ·

Lasbrief.. .please dis aspris so wyd in media gewees dat die ou genoeg kans gegee was om van waterkloof dubai toe te gaan al….waar hoor jy eers in media van lasbrief en dan word die ou gearresteer…..

Jordaan ·

Wat help dit dat dit in die pers aangekonding word dat ‘n klein deel van hulle bates gaan beslag gele word en dat ‘n lasbrief uitgereik word? Vandag is daar seker ‘n vliegtuig van Lanseria op pad Dubai toe ….

Hennie ·

Die Guptas se eerste reaksie was sekerlik om lekker te lag.

Jacques venter ·

Met Zuma en Abrahams uit die pad en ondersoekende joernaliste en die DA wat klagtes lê, kan dit voorentoe net beter gaan.

Cyril is nog nie eers aan bewind nie en daars klaar duidelike beweging

Loeis ·

Jy is baie vinnig om optimisites te raak. Kom ons kyk eers of hier enigiets van kom.

wraggies ·

Ek wonder wanneer gaan hulle optree teen dié aan regerings kant, bv van die Eskom amptenare wat betrokke was. Of is dit nog ‘n Shaik geval, waar daar net aan een kant skuldiges is.

Andrew ·

Hulle moet solank hulle niere laat ondersoek. Dis gewoonlik waaraan hulle lei vir vroee parool!

Justice ·

Die lasbrief is beslis nie deur Abrahams ge-onderteken nie.

shark ·

Die is net om NOG belasting betaler geld te mors, die saak gaan jare vat net soos die NO1 sn, almal is skelm, van bo tot onder, daar gaan sekerlik bedrog en kurupsie wees met die “saak” soos met almal van tevore….

Jacques venter ·

Loeis
Maar jy is te swartgallig. Onthou Mandela wou Cyril as sy opvoger hê.

Wag maar hiers goeie goed aan die kom. Kyk net hoe het die markte opgetel naCyril se verkiesing

Mariana ·

Jacques ek stem saam met jou, sommige mense kan net altyd die donker kant sien. Kom ons wees bietjie meer optimisties mense en kyk wat gebeur. Ek het ook vertrou in Mnr. Ramaphosa en gaan hom ‘n regverdige kans gee. Onthou Rome is nie in een dag gebou nie.

Loeis ·

Goeie genade. Ramaphosa is die een wie gese het hoe wit mense soos ‘n padda stadig gekook moet word, wie in 1992 namens die ANC met die regering onderhandel (en hulle ore aangesit) het, en wie nou die einste party lei wat die land in sy dinges in bestuur het, terwyl Ramaphose terloops die adjunk president was. Die ANC wil die grondwet wil verander wat onteiening van eiendom moontlik maak (dis alle eiendom, wat jou huis, pensioen ens kan insluit!).

In alle respek, julle is bitter naief. Maar dit waarom ek se: kom ons kyk wat hiervan kom – gaan lees gerus weer. Dit kan enige kant toe gaan.

Alida ·

Tenminste is daar beweging. Kom ons wees positief asseblief.

Anoniem ·

Mens wonder of die ANC kan bekostig dat die volle waarheid uitkom. Hulle verloor dalk geloofwaardigheid by selfs hulle blindse volgelinge.

Ek voorspel ‘n besem-en-mat truuk.

petro ·

Laat die FBI hulle vang maak nie saak waarheen hulle vlug nie

Alida ·

Die ANC kan niks bekostig nie. Al hulle skandes sal een na die ander aan die groot klok gehang word. Zuma se beurt kom 700+ aanklagtes.

christa ·

Hoekom net een waar is die ander sluit hul sommer saam zumpie toe gooi die sleutel so ver weg as moontlik

Jacques venter ·

Hallo Mariane
So lekker om een positiewe stem op Maroela Media te hoor.
Hoor hoor

Jacques venter ·

Loeis
n Politiekus se uitsprake moet altyd in konteks gesien word. Voor die oorgang na n demokratiese bestel het Desmond Tutu gesê dat die land met ,” necklace” bevry sou word.
Toe die konteks verander het, het hy anders gepraat.
Ek glo dat Ramaphosa as pragmatis, die regte dinge sal doen.
Luister gerus na AL sy uitsprake.

Loeis ·

Dit was een van Beeld se opskrifte ook gewees toe die Zuma oorgeneem het, Lynne. Nuwe besems wat – ek is nie seker of die woord “skoon” gebruik kan word nie. Dit klink of Jacques venter Ramaphosa se uitsprake glo. Wat kan mense se?

Andrew ·

Hulle moet solank hulle niere laat ondersoek. Dis gewoonlik waaraan hulle lei vir vroee parool!

Nel ·

Ag hoe graag wil die media tog nie die persepsie skep dat Ramaphosa nou die nuwe ridder/redder van die nasie is nie. Wat het geword van sy radikale sosio-ekonomiese transformasie-uitsprake? Of het hy ‘n grappie gemaak?
Hy’s ‘n pion van die Anglo-Amerikaanse geldmagte se plan vir die land. Punt.

Martin ·

Cyril en Zuma besig met politieke spel om presidentskap volgende jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.