Lasbrief in bedrogsaak uitgereik

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Lasbrief vir inhegtenisneming is in ʼn hof in Kaapstad uitgereik vir John Julies (41) van die Paarl nadat hy glo bedrog gepleeg het met die Kerk van Jesus Christus se bankkaart.

Julies het versuim om Vrydag vir die derde keer voor landdros Sabrina Sonnenberg in die Belville gespesialiseerde handelsmisdaadhof te verskyn. Hy is in Januarie in hegtenis geneem en op borgtog van R600 vrygelaat.

Hy verbeur ook sy borgtog op versoek van staatsaanklaer Tracy Belelie.

Julies staar 13 aanklagte van bedrog, insluitend dat hy ʼn gekloonde petrolkaart gebruik het en een aanklag dat hy die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksie oortree het. Hy het die kaart glo tussen 24 en 29 Januarie 2014 by verskeie vulstasies en motorwerkswinkels gebruik. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.