Lasbrief uitgereik vir ANC-raadslid se inhegtenisneming

Bongo Nombiba (Foto: Raahil Sain/African News Agency/ANA)

ʼn Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van ANC-raadslid en veroordeelde bedrieër Bongo Nombiba.

Nombiba (43) is verlede jaar skuldig bevind op aanklag van bedrog en geldwassery en hy is in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth effektief tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy het R20 000 verduister van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit uit ʼn diskresionêre fonds wat vir ʼn nieregeringsorganisasie in ʼn informele nedersetting bestem was.

Die raadslid het hom daarna tot die hoogste hof van appèl gewend, maar die hof het in Februarie sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Nombiba kon daarna die regterpresident van die hoogste hof van appèl nader om die besluit te heroorweeg, maar wou nie kommentaar lewer of hy dit wel sou doen nie. Hy het ʼn maand gehad om sy dokumente in te dien, maar het versuim om dit te doen.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê Nombiba moes Vrydag reeds by die landdroshof in Port Elizabeth aangemeld het, maar hy het na bewering na-ure opgedaag. Feni het gesê Nombiba is deur die ondersoekbeampte gewaarsku om Maandag weer by die hof te wees, maar hy het versuim om op te daag.

Die lasbrief vir Nombiba se inhegtenisneming is Dinsdag uitgereik, het Feni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Petro ·

Hy is maar n klein vissie ons wag die groot skelms hulle sal vinnig tronke moet begin bou vir al die skelms

Wonder net ·

Net R20 000 en lasbrief is uitgereik?
Wanneer kom ons by die miljoen rand manne uit.
Meskien is die probleem dat almal ‘n begrip het van hoeveel R20 000 is maar die miljoene rande is bo hulle vuurmaakplek.

Michael ·

5 jaar vir R 20000.00 Dan moet Zuma 10 keer die doodstraf kry hoe werk dit in hierdie land

Stripes ·

Sy probleem is net dat hy nie die regte persone ken of kan omkoop nie. Sou beter gewees het as hy 20 miljoen gevat het want dan was hy skotvry gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.