Lasbrief vir Ace uitgereik

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: ANA)

ʼn Lasbrief vir die inhegtenisneming van die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, is uitgereik.

Reuters berig kapt. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het die lasbrief bevestig.

“Hy is nog nie in hegtenis geneem nie, maar die lasbrief is onderteken … vir aanklagte van korrupsie wat met die asbes-saak verband hou,” het Steyn gesê.

Magashule was vroeër vandag in Soweto voor Woensdag se tussenverkiesings. (Foto: ANC/Twitter)

Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

Die omstrede sakeman Edwin Sodi en verskeie ander vermeende betrokkenes is reeds in verband met die kontrak in hegtenis geneem. Sodi se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan.

Magashule sal na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof op die aanklagte teen hom verskyn.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn verklaring sal mettertyd uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pierre ·

Nooit gedink die dag sal aanbreek nie, kom ons wag maar en sien

RB ·

Stem Pierre, want dit beteken absoluut niks voordat hy nie inhegtenis geneem word, oranje pakkie aantrek en sy tyd sit nie!!

So, ons wag en sien want die hoop beskaam nie.

Suzette ·

Ek moes die opskrif twee keer lees. Na die eerste keer toe lig my wenkbroue, na die tweede keer kry ek die glimlag agter my masker hehehehe

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis skielik ‘n pragtige dag
Die voëltjies sing skielk harder en mooier
Ace se lasbrief is uitgereik
Die reën val daar buite
Ace lasbrief is uitgereik
Dis ‘n heerlike dag
Sluit Ace nou net toe
Die gras is skielik groener
Vervolg en straf hom goed

Annette ·

Soos met die hele korrupte spul sal daar seker weer niks van kom nie.

Casper ·

Alles goed en wel.
1 Wat van sy betrokkenheid by die Estina suiwelprojek.?
2 Wat van die Gupta troue by Sun City wat hy gefinansier het?
3 Wat van die Pierneef skildery wat uit die Premier se kantoor “verdwyn “her?Hy was toe premier.

B-Man ·

JAJAJAJAJAJAJAJA!!!!!!!! WONDERWERKE GEBEUR! Hoop hy word suksesvol gevonnis.

Wat op dees Aarde ·

Die Zondo-kommissie help tog al kos dit ons miljoene rande. Die bewyse in “Gangster State” deur Pieter Louis Myburgh, “The President’s Keepers” deur Jacques Pauw, en die verdoemende bewyse gelewer in die Zondo-Kommissie het alles bygedra tot hierdie jeugdige dag! Kom ons hoop dit gaan gebeur soos wat Ace gesê het: “Hollywood Style Arrest”. Ek verwag niks minder nie. Mr. 10 % gaan nou die 100% kry wat hy verdien.

RB ·

Zondo-kommissie het nog net gesê . . . Sê en doen lê myle uitmekaar.
Wanneer daar oranjepakkies uitgedeel word en sleutels in slotte knars, eers dàn was Zondo-kommissie iets werd.
Tot op hede is daar nog net moontlikhede.

Bly dit by sê was dit net ‘n mors van miljoene uit ons sakke.

Marius ·

Ek wonder of ek sal beleef wat die ou se fonnis is voor ek aftree , dit is oor so 25 jaar .
Hulle almal is spesialiste in speel vir tyd , kyk na Zumpie .

Pieter ·

En enigiemand naief genoeg om te glo dat ace ooit skuldig bevind gaan word aan enigiets? En dan geld terugbetaal of tronk toe gaan? Defnitief nie ek nie.

Jacobus ·

Hier is n gesondheids waarskuwing. Moenie julle asems ophou nie.

Persheks Adri ·

Ek is so bly ek drink sommer ‘n dop! Ek drink nie eers nie, maar kan maklik met die briljante nuus!

Net ‘n brief mmmmm ok ek sal wag tot hy toe gesluit is!

MakersMark ·

Hoop die gevangenis diens neem gou sy mates vir daai oranje oorpakkie. Gaan weer groot klippe klein maak.

Johann ·

Ooooooo L.L.L.L.L.E.K.K.E.R.R.R.R.R.R.R.R.R.RRRRRR! Al sweet hy net…of begin rondbel om die van wie hy meer weet as ons te waarsku hy gaan GESELS!!!!!

ANC LEGACY!!!!!!!

Sakkie ·

FANTASTIESE NUUS. Hoop hulle neem ALLE Zumas saam in hegtenis.

Deon ·

Dis n foefie!!!!! As n persoon n lasbrief teen hom het om hom in hegtenis te neem dan word dit nie die wereld vol versprei nie…. Die brief word geteken die polisieman vat die brief en gaan neem daai persoon in hegtenis….. Ek sien niks enige plek in enige media of hoor nerens op die radio dat hy in hegtenis geneem is nie…. n Lasbrief? n Lasbrief beteken sokkerbollie as die persoon nie inhegtenis geneem word nie. Daar is baie lasbriewe die hele land vol van allerhande kriminele wat nog nie n uur in enige hof gesien het nie. So lank as wat hy buite rondloop is dit net n foefie…. Soos een persoon in die kommentaar gese het, “moenie asem ophou nie” jy gaan baie lank asem ophou.

My siening ·

As dit n gewone mens was boeie en tronksel die voor land, maar Ace word met ANC waardigheid toegelaat om eers verkiesing te hou. O[ooo dis goeie nuus in n lang tyd!

J ·

Magashule se arrestasie?

Op die dag voor die tussen verkiesings?

Publisiteitsfoefie!

Daar gaan niks van kom nie?

Lian ·

Dis maar die kleinste sakie waarby hy betrokke is. Hy gaan seker net ‘n tik op die vingers kry en dan iets beters aangebied word . En wat van al die kontrakte met Vrystaat Gesondheid ? Sy spoggerige Merc ?

Sarel ·

Hy gaan los kom en die skuld op ander amptenare pak. Hulle ssl nooit dat hy vervolg word nie. Gaan alweer Rassisme kaart spedl

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.