Lasbrief vir Bushiri’s uitgereik

Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. (Foto: Facebook)

ʼn Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou Mary.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die lasbrief is Maandagoggend in die Pretoriase landdroshof uitgereik nadat die egpaar hul borgtogvoorwaardes verbreek en landuit gevlug het.

Die Bushiri’s se borgtog is gevolglik teruggetrek en hulle verbeur die borgtog van R200 000 elk wat hulle vroeër vandeesmaand met hul vrylating betaal het.

Die egpaar sal ook hul eiendom in die Midstream-landgoed in Centurion verbeur indien hulle nie Donderdag in die hof verskyn nie.

Hulle was sowat twee weke lank in aanhouding voordat borgtog onder streng voorwaardes aan hulle toegestaan is. Die egpaar moes onder meer hul paspoorte ingee en moes ook by die polisie aanmeld.

Dit is tot dusver nog nie duidelik hoe die Bushiri’s dit reggekry het om Suid-Afrika te verlaat en na Malawi te vlug nie.

Die Malawiese regering het intussen sy ontevredenheid uitgespreek nadat pres. Lazarus Chakwera en sy afvaardiging se vlug verlede week vir sowat ses uur in Pretoria vertraag was nadat hulle pres. Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika besoek het.

Die Suid-Afrikaanse regering het egter gou gespring om bewerings dat die Bushiri’s aan boord dié vlug was in die kiem te smoor.

“Die regering van Malawi is bewus daarvan en dankbaar dat die Suid-Afrikaanse regering ’n openbare verklaring uitgereik het wat president Chakwera vryspreek van valse bewerings in die Suid-Afrikaanse media dat sy presidensiële vliegtuig gebruik is om twee Malawiërs wat deur Suid-Afrikaanse owerhede gesoek word landuit te neem,” het die Malawiese regering gesê.

“Die regering van Malawi merk egter met kommer op dat die verklaring nie melding maak van die onbehoorlike behandeling waaraan president Chakwera met sy vertrek blootgestel is nie, in teenstelling met die hartlike gasvryheid wat hy met sy aankoms ontvang het.”

Die Bushiri-egpaar, wat by die Enlightened Christian Gathering Church (ECG) betrokke is, staan saam met hulle medebeskuldigdes in Suid-Afrika tereg op aanklagte van onder meer bedrog en geldwassery wat nagenoeg R102 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Wat bedoel president Chakwera, moes die vliegtuig labola styl met geld gevul word voor sy vertrek?

Persheks Adri ·

Iemand “cover” vir hulle mmmmmmm hoekom is beide presidente nou skielik vol stories en ontevrede? Lekker laat hulle maak hulle borg geld verloor en gaan sit. Wie ookal die slim regter was om borg te gee: hoop jy’t jou les geleer pffft

Aai ·

Enige mens kan na daai land vlug sonder enige probleem vir hulle nog makliker omdat hulle so inpas.

JohanR ·

In Engels noem mens dit “smoke and mirrors”. In Afrikaans seker “Ramaphosa en Chakwera”. Wie in SA na 26 jaar glo nog enigeiets wat uit ‘n ANC bek, of ‘n ANC president se bek kom?

Dries ·

Madonna is mos hand om die blaas met Malawi, bou vir hulle hospitale ens, sy moet maar bietjie inspring en help vredesregter speel?

marius ·

Malawie se president kan persoonlik vir hulle gaan vra wat gaan aan . Sommer ook oor sy streke in Botswana

Anel ·

Nou as die ou van Malawi si onskuldig is, hoekom lewer hy nie die sondebokke self uit nie? Dan sal hy mos geloofwaardig wees.

Riaana ·

Ek is baie bly die Bushiri’s het weereens vir SA bewys watse dom mense regeer ons land????????????????????????????Clowns so dom soos grond, nou lag die hele wereld vir SA se “Hoog geleerde” regering en ek lag saam!!!!!

Blou oog ·

Goeie raad aan Cele en die regstelsel stop alle borg togte van alle sake

Elmarie ·

Aits kyk so pronker op die foto. Baie van die
miljoene sekerlik in rook (pardon the pun) opgegaan

Mad Mike die Rhodesiër ·

Praat van die staldeur toemaak nadat die perd uitgekom het…

Yolandie ·

Ekskuus moet ons nou glo dit is bloot toevallig wat die Malawiese President hier besoek afgele het? Die regering gooi darem verskriklik wal. Ag nee wat niemand glo meer wat julle sê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.