Lasbrief vir Grace Mugabe se arres glo uitgereik

Grace Mugabe (Foto: ANA)

AfriForum sê hy het bevestiging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontvang dat ʼn lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Zimbabwe se vorige presidentsvrou, Grace Mugabe.

Mugabe het na bewering die model Gabriella Engels in Augustus verlede jaar in ʼn Suid-Afrikaanse hotel aangerand, maar beweer dit was selfverdediging.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het die aankondiging Woensdag gedoen op ʼn nuuskonferensie in Centurion wat belê is om bekend te maak dat die menseregteadvokaat George Bizos se seun Alexi vervolg gaan word vir die beweerde aanranding van sy vrou, Monique van Oosterhout, waartydens ses van haar ribbes gebreek is.

Die hooggeregshof in Johannesburg het in Julie besluit om die diplomatieke immuniteit wat deur die Suid-Afrikaanse regering aan Grace Mugabe toegestaan is, ter syde te stel.

Grace het Engels na bewering in Augustus verlede jaar in ʼn hotel in Sandton aangerand, maar voer aan dit was uit selfverdediging.

Engels het foto’s in die sosiale media gedeel van die sny aan haar voorkop, na bewering weens die hou wat Mugabe haar met ʼn elektriese verlengingskoord toegedien het.

Luidens berigte het ʼn kelnerin ʼn miskraam gehad nadat Robert Mugabe jr. haar tydens dieselfde voorval gestamp het terwyl hy vir sy ma gevlug het, wat glo verwoed mense in die hotel begin aanval het.

Robert Mugabe was toe nog president van Zimbabwe. Sy vrou is toegelaat om die land te verlaat sonder dat sy vervolg is nadat die Suid-Afrikaanse regering diplomatieke immuniteit aan haar toegestaan het omdat sy destyds ʼn presidentsvrou was.

Nadat AfriForum egter dié diplomatieke immuniteit in die hof betwis het, is dit ter syde gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

kolla ·

Beteken niks. Sy sal nooit uitgelewer word nie en sal ook nie weer SA besoek nie.

Anoniem ·

Ek het gehoop sy is dom genoeg om weer SA toe te kom. Netso, jou woorde is soete musiek in my ore!

Daan Erasmus ·

Dit is klaar ‘n wen. Maak nie saak of sy nie weer Suid-Afrika besoek nie. Wel dit maak saak ons wil haar nie hier hê nie. Die feit dat sy moet wegbly is goed genoeg. Daar is nie meer ‘n vinnige naweek inkopie tog nie. Ook nie haar duur huis hier sien nie.

sus ·

Alles net praatjies, hiervan sal niks kom nie.

As die regering ernstig was sou hul haar nie toegelaat het om in die eerste plek die land te verlaat nie.

ne ·

Lekkkkkerrrr! Kry vir jou Grace, dink mos jy kan doen net wat jy wil. Dit is nie Zim hier nie.

Krummel ·

Daar gaan niks van kom nie, sy sal kom kuier net wanneer sy wil en sal ook nie uitgelewer word nie.

jaco ·

ek praat NIE mev. Mugabe se dade goed nie, MAAR wat maroela nie berig nie, maar die Engelse pers wel, is die “onskuldige” slagoffer se wilde sosiale lewe.
ETV het eenkeer n onderhoud met haar gevoer: vir die hele duur van die onderhoud het sy kougom gekou.
Ek wonder of Afriforum die regte besluit geneem het om haar te verteenwoordig…

Andrea van Vuren ·

Afriforum gebruik Gerrie Nel vir groter, belangriker sake. Wat gaan julle in elk geval bereik as julle wen? Net mooi niks…

Abe ·

Andrea,
Dit sal ‘n groot deurbraak-saak wees as Afriforum + Gerrie Nel die saak wen. Ek stem saam met Cherokee en Daan Erasmus hieronder. Lees hulle kommentare ook.

Cherokee ·

Die ‘daar sal niks van kom nie’ te min te laat’ alles net praatjies’ en krummelagtige eindelose herhalings van ‘daar sal niks van kom nie’, ten spyt, daar sal altyd kommuniste wees wat alles wat goed gebeur in SA, afbreek. Hierdie is groot nuus en die ‘Oscar aanhangers’ wat Gerrie onophoudelik gekritiseer het nadat hulle hul held se handtekening gevra het en Gerrie stilswyend oorwinnend voortgegaan het, sit en bloos terwyl mense soos ek komplimente uitdeel aan Gerrie. Dankie my maat, jy is’n wenner!

tessa ·

Cherokee, ek lees gereeld die kommentare op berigte en artikels. Jy is seker al persoon wat altyd objektiewe, sinvolle kommentaar lewer!

jaco ·

hoe help hierdie hofsaak teen Mev. Mugabe om die negatiewe gevolge van regstellende aksie en BEE op wit Suid-Afrikaners te verlig?

Daan Erasmus ·

Die klag teen Grace help nie teen BEE nie. Ook nie teen hoë BTW nie en ook nie teen tennis elmboog nie. MAAR dit is steeds baie nodig vir wet en orde.

Anoniem ·

Daan, ek kon nou nie help om hardop te lag vir jou kommentaar nie. Wens ek het jou persoonlik geken om jou humorsin daagliks te geniet.

Wonder net ·

Jaco, as ek jou reg verstaan bedoel jy dat, omdat Me Engels blykbaar ‘n wilde sosiale lewe lei (soos vele ander SAners ook doen) is dit geregverdig dat Grace Mugabe haar aangerand het? En net omdat sy kougom tydens die televisieonderhoud gevoer het [beslis swak maniere – ek stem saam] is dit (moontlik) onaanvaarbaar dat Afriforum haar verteenwoordig het? Ek wonder net …

jaco ·

ek sal maar net 2 keer goed dink voordat ek besluit om so ‘n kliënt te verteenwoordig. haar hele leefstyl en houding verraai vir my iets van “hier steek meer in as net ‘n ma wat uit die bloute kwaad geword het en haar toe sommer geslaan het”

Natascha ·

Ja nee dit is omtrent hoogtyd, maar jul sal nou moet waak op die lughawens, sy sal vlug.
Hul dink mos hul is onaantasbaar. Mag sy swaar gestraf word, oor dit wat hul aan hul eie mense gedoen het. (Lewe in weelde tewyl hul eie mense stref van die honger) En die Boere?? MAG JY N HEWIGE STRAF KRY MEV MUGABE.

Lance ·

Niks sal hiervan kom nie. Te min te laat. Hulle kom stil stil hier aan en gaan huis toe en in elk geval spandeer sy en Bob meer tyd deesdae in Singapoer en da kan sy na hartelus shop tot sy drop. Sy moet net nie daar truuks traai nie, sy sal haar erg styf lopp daar, Singapoervat nie nonsens nie.

Anoniem ·

Wens ons kon almal ‘n las maak en ‘n prys uitloof vir die beampte wat haar wel arresteer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.