Lasbrief vir Malema uitgereik

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe EFF-leier Julius Malema in Mdantsane in die Oos-Kaap glo met ‘n aanvalsgeweer losbrand.

Die Oos-Londense landdroshof het ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van EFF-leier Julius Malema uitgereik.

Malema moes Maandag in dié hof verskyn nadat hy glo in 2018 ʼn vuurwapen by ʼn EFF-saamtrek in die provinsie afgevuur het.

Die burgerregtegroep AfriForum het destyds die klagte teen Malema en Adriaan Snyman, ʼn veiligheidswag, aanhangig gemaak. Die organisasie het ook deurlopend druk op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geplaas om ʼn besluit oor Malema se vervolging te neem.

Malema staan tereg op vyf afsonderlike klagte nadat hy glo die skote met ʼn aanvalsgeweer by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in die Oos-Kaap afgevuur het. Die klagte behels die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied of openbare plek, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die roekelose bedreiging van mense en eiendom.

Snyman, die sekerheidswag wat die vuurwapen vir Malema aangegee het voor dit afgevuur is, staan tereg op twee klagte, naamlik versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die verskaf van ʼn vuurwapen of ammunisie aan enige persoon wat nie toegelaat word om dit te besit nie.

Snyman is na bewering die eienaar van ʼn private sekerheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste gelewer het aan die EFF. In beeldmateriaal van die voorval lyk dit of Snyman die geweer aan Malema oorhandig.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder in die Oos-Kaap, het Maandag gesê die lasbrief sal tot Malema se volgende hofverskyning op 8 Mei oorstaan.

“Die verdediging is vandag met die inhoud van die dossier voorsien. Sy [Malema se] regsverteenwoordiger sal daarna verdere aanwysings by hom kry. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings moet dan besluit of ʼn verhoor sal begin. Daar is ander kwessies waaroor nog besluit moet word, maar dit is nou húlle skuif,” het Tyali gesê.

Tyali het benadruk dat die lasbrief ʼn prosedurele kwessie is en nie beteken dat die polisie nou na Malema gaan soek nie. Malema het die hof wel vooraf ingelig dat hy nie vandag teenwoordig gaan wees nie.

Tyali het gesê dit is standaardgebruik om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Misky ·

Ag dis belaglik en dit beteken dat n lasbrief deesdae nie die papier werd is waarop dit getik is nie.

Versuim om in die hof te verskyn verdien n waardige “lasbrief”, inhegtenisname en tronk toe met jou bas tot jou volgende hofdatum.

Jan ·

Kan enigiemand maar net laat weet hy voel nie vandag lus vir die hof nie en dan’s dit reg? Of net Zuma en Malema?
Wat n klug het ons regstelsel nie geword nie.

Jan ·

Malema moes op daardie dag arresteer word en die volgende dag in die hof verskyn het, waar hy kon aansoek doen om borg. Hoekom het dit nie gebeur nie?

Chris ·

Die sirkus toertjies gaan onverpoosd voort. Die probleem is die narre is lankal nie meer snaaks nie maar is erg irreterend.. Wag in spanning om te sien wat die gevolge vir die nar gaan wees, indien enige. Doen jy iets aan hom, word hy ‘n martelaar. Doen jy niks word hy ‘n held.

Kiewiet ·

Misky, Jan en Chris, Julle is so reg in die kol. Geen klag wat teen die bogenoemde here, deur enig iemand wat naastenby wit lyk of ruik nie, ge le word, sal enige effek op die “perpetrators” he nie. Hulle het al vele kere in die verlede gewys, hulle is verhewe bo die wet.
Dis nou freedom in werking. Die woord apartheid (wat deur hulle geskep is, bestaan nie, maar dit het nou al wereld wyd n aanvaarbare alternatief vir aparte ontwikkeling geword. Hierdie woord (apartheid) is net so stigmaties vir die blankes as wat die k woord vir die swartes is, en moet belet word om gebruik te word. Apartheid mis die hele punt, aparte ontwikkeling vertel die storie van swak regering. Maroela, net soos apartheid vir ons blankes aanstoot gee sal dit ook aanstoot gee as julle nie my deelname pos nie. Of hou julle nie van die waarheid en insig nie?

VanAfrika ·

MM hy het nie “GLO” die vuurwapen gevuur nie, hy “het” die vuurwapen gevuur want ek het die video gesien hoe roekeloos hy die vuurwapen afvuur.

Phillip ·

Hy moet eers in die hof skuldig bevind word voor dit as ‘n feit gestel kan word. Dus is glo reg gebruik hier.

Bloedhond ·

Maandag is hy uit op borgtog van R300 of iets dergliks soos ‘n siekbrief van ‘n onbekende siekte!

marius ·

Standaard gebruik ? Wat se standaard is daar vir gewone mense ? Lasbrief vir wanverskyning word onmiddelik uitgevoer. Die regstelsel is soos die res van die land een vet leuen !

007 ·

Ek het ook n waarskuwing skoot afgevuur toe ek aangeval word. Ek is onmiddelik in hegtenis geneem en eers Maandag uit op borg. Nou sit ek met n saak van poging tot moord en afvuur van vuurwapen in dorpsgebied. As ek iets oorkom en kom daar uit sal ek persoonlik vir Mal emma gaan soek, en n paar waarskuwingskote op hom afvuur.

Kobus ·

Hy speel kat en muis met die regsgtelsel.Minagting as jy my vra.Maar hy het by die beste geleer.Oompie JZ stel mos die voorbeeld.Hulle is bo die reg verhewe,kom weg met alles want die howe is bang vir druk vanaf die massas……..”raak aan hom dan sal julle sien” en so ploeter hulle aan.Luister maar na al die dreigemente tydens Zuma se terugkeer.Ware held.

Werner ·

Hoekom hierdie niksseggende berig plaas in die eerste plek

willem ·

mr.untucheble.Kan maak en sê wat hy wil.Hy gaan nie vervolg word nie.

Agge nee ·

Dat hy nie by die hof GAAN wees nie? Sover ek weet moet jy ‘n baie goeie rede hê hoekom jy nie in die hof KAN wees nie. Is dit net swak beriggewing of kan die heer Malema net sê hy gaan nie daar wees nie en almal is tevrede.

J ·

Welgedaan Afriforum!!!

Algaande leer Malema dat nie almal in die land pampoene is nie.

Hy is nie “in charge” van die land nie.

J ·

Ons “speel soldaatjie” wat homself bevorder het tot “Commander in Chief” se klug oorlog speletjie is besig om plat te val.

Jan ·

Ek is bevrees AJ, Malema het beide die wetgewende gesag daar beet waar hy vir hulle in die parlememt gese het, asook die regsprekende gesag. Die parlement tree nie teen hom op nie en die hof aanvaar gedwee as hy nie by sy verskyning opdaag nie.

SomeOne ·

dis ‘n eerste, beskuldigde vertel die hof wanneer hy beskikbaar sal wees , LMGA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.