Lasbrief vir Mdluli-prokureur uitgereik

court-hammer_thumbDie Pretoriase landdroshof het ʼn lasbrief uitgereik vir die inhegtenisname van Ike Motloung, regsverteenwoordiger van die geskorste hoof van misdaadintelligensie Richard Mdluli, het Beeld Vrydag berig.

Volgens die berig het Motloung Donderdag vir die tweede keer nie by die hof opgedaag nie. Hy is deur die staat gedagvaar om getuienis teen drie senior advokate van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te lewer.

Nomgcobo Jiba, ʼn adjunkhoof van die NVG, Lawrence Mrwebi, die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid en Sibongile Mzinyathi, die Noord-Gautengse direkteur van openbare vervolging, is deur die Valke van meineed aangekla.

Die Valke wil hê Motloung moet die brief oorhandig wat hy van Mrwebi ontvang het wat lui dat die saak teen Mdluli permanent teruggetrek is, het Beeld berig. Hy moet ook ʼn eedsverklaring aflê om te sê wanneer hy die brief ontvang het.

Motloung het glo vir adv. Jan Ferreira, die staatsaanklaer, ingelig dat hy van voorneme is om die hooggeregshof in Pretoria te nader om die dagvaarding op hersiening te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Sien die man doen wat ons leiers ons wys.
Geen respek vir Orde nie….
En hierdie gedrag neem onsettend vinnig toe onder ons almal…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.