Lasbrief vir munisipale bestuurder oor rioolklagte

(Foto: SA Polisie)

’n Lasbrief is Woensdag in die Randfontein-landdroshof uitgereik vir die inhegtenisneming van Themba Goba, die munisipale bestuurder van die Rand West City- plaaslike munisipaliteit, nadat hy versuim het om in die hof te verskyn.

AfriForum het in 2016 ’n strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder van Randfontein aanhangig gemaak in verband met rioolbesoedeling. “Ná vertragingstaktieke deur die munisipale bestuurder se regspan het die landdroshof in Randfontein Woensdag bevind dat die saak nie verder uitgestel kan word nie. Die saak is nou gereed om op verhoor te gaan,” sê Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak.

Die saak is tot 29 Julie 2021 uitgestel. “Dié verwikkeling is vir AfriForum se Randfontein-tak beslis ’n stap in die regte rigting. Ons verwelkom die landdros se beslissing.”

Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder van omgewingsake, sê die kwessie is van kardinale belang vir AfriForum. “Dit kan die begin wees vir baie oplossings in munisipaliteite wat bloot net nie meer omgee oor die besoedeling van riviere nie. Daar is ’n laksheid onder munisipaliteite omdat hulle weet daar is geen nagevolge vir hul wanbestuur nie.”

Volgens Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, hoop AfriForum dat die munisipale bestuurder vir minagting van die hof verantwoordelik gehou sal word. “Dit is ’n tendens wat al meer kop begin uitsteek: Amptenare daag nie vir hofsake op nie. Die uitspraak bewys dat amptenare nie bo die reg verhewe is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Yvonne ·

Presies die hele regering se strategie ..ontduijk alle aanspreeklikheid solank jy kan…tragies verby

Misky ·

2016 tot nou???? Werklik waar en hulle dink die saak is nou reg….

Sarel ·

Wanneer gazn dasr ppgetree word teen Emfuleni
en die Regering vir besoedeling vzn die Vasltivier

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.