
Antonio Trindade, Abram Masango en Maphoko Kgomoeswana het wel Woensdag in die hof verskyn. (Foto: Verskaf)
Die Palm Ridge‑ gespesialiseerde misdaadhof in Johannesburg het ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van ʼn voormalige senior bestuurder van Eskom, France Hlakudi, uitgereik.
Dít kom nadat hy versuim het om Woensdag vir sy verhoor op te daag. Sy medebeskuldigdes was wel in die hof.
Hlakudi staan saam met vier ander persone tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery nadat hulle glo R745 miljoen, wat vir Eskom-projekte bedoel was, gesteel het.
Hlakudi het glo miljoene van Eskom se subkontrakteurs ontvang tydens sy tyd as senior bestuurder van Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga.
Die saak teen die beskuldigdes is al menigmaal uitgestel.
Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Hlakudi se borgtoggeld van R300 000 word nou voorlopig aan die staat verbeur verklaar.
“Tensy die beskuldigde binne 14 dae in die hof verskyn, sal sy borgtoggeld finaal aan die staat verbeur verklaar word.”
Die ander beskuldigdes in die saak is Eskom se voormalige groepbestuurder vir sy groepkapitaalafdeling, Abram Masango, asook die sakeman Maphoko Kgomoeswana en Antonio Trindade, uitvoerende hoof van Tubular Construction wat ʼn diensverskaffer van Eskom was.
ʼn Vyfde beskuldigde, voormalige Eskom-kontrakteur Michael Lomas, is in April verlede jaar op versoek van Suid-Afrikaanse owerhede deur die Britse polisie in hegtenis geneem.
Lomas se uitleweringsverhoor moet nog plaasvind.
Die saak teen Hlakudi en sy medebeskuldigdes sal op 5 Mei hervat word sodat die beskuldigdes met hul prokureurs kan konsulteer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Siek briefie , en dan is alles weer piekfyn….
Tring tring “Dokter dokter ek soek n terminale siek note asb. Ek dink ek het Shakie sheik sindroom siekte
En so sal daar ook NIKS verder gebeur nie. Die gifappeltjies maak mens so moeg!
Dasrom sukkel die Burgers met Beurtkrag
..
Ek wonder of Brittanje Michael Lomas sal uitlewer. Dit is ook Brittanje wat Boer vrouens en kinders vermoor en ook die boere plase afgebrand het, hulle het nog nooit weer iet gepraat oor die Britse moord kampe nie.