Lasbrief vir Ramaphosa oor Marikana-skietery

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

ʼn Lasbrief is op adjunkpresident Cyril Ramaphosa bedien wat spruit uit die Marikana-tragedie, het die presidensie bevestig.

Ramaphosa het Donderdagmiddag tydens ʼn mondelinge reaksie in die Nasionale Vergadering in Kaapstad daarna verwys. Die presidensie het daarna die lasbrief bevestig. “Adjunkpresident Ramaphosa het sy prokureurs opdrag gegee om die aksie teen te staan,” lui die verklaring. Die presidensie benadruk die bevindings van die Farlam-kommissie wat betref adjunkpresident Cyril Ramaphosa.

Die Farlam-kommissie, wat die skietery tydens ʼn gewelddadige staking van mynwerkings in Augustus 2012 by Lonmin se Marikana-myn ondersoek het, het bevind dat geen lid van die uitvoerende komitee beskuldig kan word nie. Die kommissie het egter aanbeveel dat ondersoeke gedoen moet word om te bepaal of die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en voormalige Noordwes-polisiekommissaris, Zukiswa Mbombo, geskik was om hul amp te beklee.

Ramaphosa het intussen aan LP’s gesê daar word voorbereidings getref om ʼn alternatiewe meganisme in plek te stel waarvolgens die dispuut opgelos kan word vir siviele eise wat spruit uit die tragedie. Sodra hierdie prosesse afgehandel is, sal president Jacob Zuma “so gou as moontlik ʼn aankondiging maak”, het hy gesê.

Verteenwoordigers van die slagoffers beskuldig Ramaphosa vir die polisie se optrede en sy rol in die voorafgaande gebeure. Hy word daarvan beskuldig dat hy druk geplaas het op voormalige polisieminister Nathi Mthethwa en voormalige minister van minerale hulpbronne Susan Shabangu om teen die stakers op te tree.

Ramaphosa was in daardie stadium direkteur van Lonmin en het sy invloed as ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gebruik om met die twee ministers te praat.

Volgens die Marikana-verslag het kommissie egter bevind dat hy van mening is dat Ramaphosa nie die “oorsaak van die slagting” was nie. Daar is ook “objektiewe getuienis” dat Ramaphosa nie bewus was van die besluit van die bestuur van die polisie, een dag vóór die slagting, om “op te tree” indien die stakers nie hulself ontwapen nie. Hierdie besluit het daartoe gelei dat polisie op die stakers losgebrand het, het die kommissie bevind.

“Daar is geen rede om te glo dat die polisie enigsins anders sou opgetree het, indien Ramaphosa nie Mthethwa gekontak het nie,” het die verslag bevind.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GES ·

Dit raak nou baie interessant. Die marioneeesters gaan nou ontbloot word. Ramapokker jy moet nou keer vir jou “paaltjies”.

marix ·

Net ‘n regstelling, dit was nie ‘n “Lasbrief” wat op Mnr Ramaposa beteken is nie- dit is ‘n Dagvaarding. ‘n Lasbrief voer die Balju of Polisie uit maar ‘n Dagvaarding beteken jy.

alida ·

Marix, ‘n Dagvaarding word ook deur die Balju op ‘n persoon beteken. Wat maak dit tog saak wat dit was. Ramaphosa moet maar verdedig – as hy kan

Paul ·

Alida, natuurlik maak dit saak wat dit was. ‘n Lasbrief word tog uitgereik vir inhegtenisneming of deursoeking van ‘n persoon of die persoon se perseel, terwyl ‘n dagvaarding eenvoudig kennis gee dat daar regsaksie teen die persoon ingestel word. Nogal ‘n groot verskil!

Om vir Ramaphosa persoonlik verantwoordelik te probeer hou vir die dood van die mynwerkers sou belaglik wees.

Marous ·

Wat se lasbrief??? As dit vir eksekusie was moes daar eers dagvaarding beteken wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.