Lasbrief vir student wat glo duisende van NSFAS blaas

Sibongile Mani.

ʼn Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Sibongile Mani wat daarvan beskuldig word dat sy duisende rande uitgegee het wat die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) verkeerdelik in haar rekening inbetaal het.

Mani, wat vroeër op borgtog vrygelaat is, moes Vrydag weer in die streekhof in Oos-Londen verskyn het, maar het nie opgedaag nie.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die lasbrief vir Mani se inhegtenisneming is tot 25 Augustus laat oorstaan, wanneer sy na verwagting weer in die hof moet verskyn.

Mani staan tereg op ʼn aanklag van diefstal nadat sy meer as R800 000 van die R14 miljoen wat in Junie 2017 verkeerdelik in haar rekening inbetaal is, geblaas het. Sy moes inderwaarheid net R1 400 as maandelikse kostoelaag ontvang het. Mani het ʼn gedeelte van die geld glo aan luukshede soos slimfone en ontwerpersklere, asook aan drank en sigarette, spandeer.

Sy het na bewering meer as R11 000 per dag uitgegee tot die maatskappy Intelli-mali, wat NSFAS gebruik om betalings aan studente te doen, die fout agtergekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Het die jong dame darm iets oor die jare heen geSWOT? Of was haar vergrype en misbruike juis prakties van wat sy eintlik geswot het? Ej die wat die “foutjie” begaan het? Wat van hulle? Of was dit nie ‘n foutjie nie? Bloot ‘n deurdagte betaling tot vele se voordeel?

JohanF

Ja, NSFAS help mos net sekere kulture, ek geen simpatie met hulle of haar nie, as die geld spandeer is, kan hulle dit nooit verhaal nie, hoop die Universiteit skop haar uit….

Oubobbejaan

Sy kan maar geld roll. Gee haar n werk in die a en c

Martie Smartie

Ek sal nogal wil sien wie in die regering skep kommissie uit Intellimali. Dis duidelik ‘n onder-die-tafel-deur spul, wat deur Unisa ook gebruik word. Gaan kyk gerus hoe vol taalfoute hule webblad is, duidelik ‘n gekookte spul. Gn wonder hulle betaal miljoene oor ipv duisende nie. Op een plek staan daar ‘potion’ ipv ‘portion’ – daar is nog talle ander foute wat ek onmiddelik opgemerk het. Nou ja toe, hoogs professioneel ne

Magda

en die een wat die “FOUT” gemaak het met die inbetaling – al iets daar gebeur, en hoop die dame gaan n groot en harde les leer, dat goed wat nie joune is nie, nie gevat mag word nie.