Lasbriewe vir millitêre hoës vir eers uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beslis en ‘n hofbevel vir die inhegtenisname van die hoof van die weermag en twee ander senior beamptes, ter syde gestel.

Die weermag het aansoek gedoen om uitstel nadat die hooggeregshof Dinsdag gelas het dat lt.genl. Solly Shoke, hoof van die weermag, lt.genl. Zakes Zimpande Msimang, die hoof van die lugmag, en Sam Gulube, die sekretaris van verdediging, in hegtenis geneem moet word.

Regter Mmonoa Teffo het beslis dat die drie persone dadelik opgespoor moet word en na die naaste gevangenis geneem moet word vir minagting van die hof. Dit kom nadat hulle ‘n vroeëre hofbevel geminag het waarvolgens vier lede van die lugmag, wat twee jaar gelede afgedank is, weer aangestel moet word.

“Die hof het besluit om die bevel van 1 Julie 2014 ter syde te stel sowel as die een wat op 10 September 2013 uitgereik is,” het brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, gesê. Die hofbevel van 10 September waarna Mabanga verwys, is vir die heraanstelling van die lugmaglede.

Die saak sal nou op 22 Julie aangehoor word.

Lees ook:
Hoofde van lugmag en weermag moet gearresteer word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kellies ·

En so weet die howe nie wat om te doen nie en stry teen mekaar en mors die belasting betalers se geld. Lekker in die nuwe Suid Afrikaaaa!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.