Laudium-brand: honderde dakloos

Laudium was Donderdag in ligte laaie. (Foto: Verskaf)

ʼn Reusebrand het Donderdag in Laudium buite Pretoria uitgebreek.

Die brand het Donderdagmiddag begin woed en woonstelle en sakeondernemings verswelg. Volgens Dana Wannenburg, ʼn DA-raadslid, het die brand ongeveer 300 mense geraak. Die brand was teen 18:00 weer geblus.

“Almal kon darem betyds uit die strukture gered word. Sover ons kon vasstel is niemand ernstig beseer tydens die brand nie, behalwe vir ʼn paar mense wat vir die inaseming van rook behandel is.” Hy sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Volgens Wannenburg sal die mense wie se huise in die brand beskadig is, vanaand in die gemeenskapsentrum in Laudium gehuisves word.

“Ons wag tans vir nog kos om aan die mense uit te deel, maar hier is darem baie mense wat hulp aanbied,” sê Wannenburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johan ·

Nou wil die DA maak of hulle omgee en dit terwyl die moot waar ek bly dag vir dag agteruitgaan,weet die DA raadslede daarvan of gee hulle net doodeenvoudig nie om nie.

lorayne benade ·

Ek weet regtig nie presies wat jou problem is nie Johan? Ek is self ‘n inwoner van die Moot, en Elma Nel van die DA werk wragtig dubble shifts vir ons gemeenskap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.