Lauren Dickason moontlik in Maart gevonnis

Lauren Dickason tydens haar verhoor in die hooggeregshof in Christchurch. (Foto: NZ Herald)

Lauren Dickason kan moontlik volgende maand haar lot in die vreemde aanhoor.

ʼn Nuwe voorlopige datum van 20 Maart is aan Dickason se saak in die Christchurch-hooggeregshof in Nieu-Seeland toegewys.

Regter Cameron Mander en Dickason se regspan het vandeesweek via ʼn telefoonkonferensie op die nuwe voorlopige datum ooreengekom, berig NZ Herald.

Dickason wat tans in ʼn psigiatriese eenheid in die Hillmorton-hospitaal in Christchurch behandel word, was nie teenwoordig by die samesprekings nie.

Die vonnisverrigtinge is al verskeie kere uitgestel.

NZ Herald berig dat indien die vonnisverrigtinge om enige rede volgende maand weer nie kan voortgaan nie, sal ʼn nuwe datum aan Dickason se saak toegeken word.

Maroela Media het vroeër berig ʼn voorlopige datum van 2 Februarie is einde verlede jaar aan Dickason se saak toegewys nadat haar aanvanklike vonnisdatum van 19 Desember óók uitgestel is.

Dickason, die Suid-Afrikaanse ma wat haar drie jong dogtertjies kort ná haar gesin se emigrasie na Nieu-Seeland om die lewe gebring het, is in Augustus verlede jaar in die hooggeregshof in Christchurch skuldig bevind aan die moord op Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla.

Die jurie het ná ʼn weke lange verhoor eindelik in ʼn meerderheidsuitspraak bevind dat Dickason op die aand van 16 September 2021 – kort nadat haar gesin geëmigreer en hulle in Timaru gevestig het – haar drie dogtertjies met kabelbinders en daarna met hul kombersies versmoor het, waarna sy haar eie lewe probeer neem het.

(Foto: Facebook)

Dickason se man, Graham, het die betrokke aand van ʼn werksete teruggekeer en Lauren in die kombuis van hul huis in Timaru aangetref.

Graham het tydens die verhoor vertel dat hy na die dogtertjies se kamers gegaan het. Hulle het in hul beddens gelê en was bedek met komberse. Hy het die komberse opgelig en die kabelbinders om hul nekke gesien. Hul gesiggies was bleek. Graham het die kabelbinders om sy dogtertjies se nekke inderhaas met ʼn skêr geknip, maar hulle was reeds dood.

Dickason het tydens haar verhoor erken dat sy die kinders in September 2021 doodgemaak het, maar het ontken dat dit moord was. Sy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar en ter verdediging aangevoer dat sy tydens die moorde geestelik ongesteld was en nie toerekeningsvatbaar was nie.

Elke aspek van Dickason se jare lange stryd teen depressie, haar infertiliteit, gesinslewe en selfoonrekords is verlede jaar tydens die verhoor in die hof ontleed.

Die minimum vonnis vir moord in Nieu-Seeland is lewenslange tronkstraf.

Mander sal tydens Dickason se vonnisoplegging ʼn tydperk vasstel waartydens sy nie vir parool in aanmerking mag kom nie.

Mander moet ook bepaal waar Dickason haar vonnis gaan uitdien; in ʼn gevangenis of in ʼn forensiese psigiatriese fasiliteit.

Lees al Maroela Media se berigte oor die opspraakwekkende saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Karoo ·

Ai Lauren…. jy is reeds gevonis, gevaal deur jou Man en veroordeel deur die publiek, geen uitspraak gaan dit juis erger vir jou maak nie, jy is reeds van alles gestroop. Sterkte aan Lauren se ouers, familie en vriende.

Karoo ·

Voor iemand weer ‘n klip na my kant gooi… ek praat nie goed wat Lauren gedoen het nie, geensins… maaf Graham haar Man…. die Pa van die kinders het jare lank geweet van haar siekte…. hy het haar sien “inloop” in die gruwel daad…. en haar nie gekeer of gehalp nie, hy is ook verantwoordelik, maar vry… en tjoepstil weer besig met sy lewe asof niks gebeur het nie.

Karoo ·

Voor iemand weer ‘n klip na my kant gooi… ek praat nie goed wat Lauren gedoen het nie, geensins… maaf Graham haar Man…. die Pa van die kinders het jare lank geweet van haar siekte…. hy het haar sien “inloop” in die gruwel daad…. en haar nie gekeer of gehelp nie, hy is ook verantwoordelik, maar vry… en tjoepstil weer besig met sy lewe asof niks gebeur het nie.

piet ·

Haar man het nie die moorde gepleeg nie, sy het dit beplan reeds in SA voor hulle NZ toe is. Haar man het niks met haar gruweldade te doen nie.

George ·

@Karoo, sy het die moorde beplan, geen simpatie nie, en ek hoop die hof sien dit ook so.

George ·

@Elmarie, sy het DRIE KINDERS koelbloedig vermoor, die een het selfs nog gevra hoekom mamma dit doen, sy het haar geignoreer, en vermoor. Toe is sy te veel van n lafaard om haarself van kant te maak.

piet ·

Sy sal nie tronkstraf kry nie want dis mos nou weer die koppie wat raas. Maar aan die anderkant is dit goed dat sy permanent in ‘n psigiatriese hospitaal opgeneem word want sy hoort definitief nie in publieke ruimtes nie, gevaar vir die samelewing.

Karoo ·

Soos ek gese het, ek kom nie op vir Lauren vir die gruwel daad wat sy gepleeg het nie. Sy was nie ‘n enkel Ma nie, sy was nie 15 jaar lank getroud met’ n Man wat ook ‘n Dr. is en van beter geweet het nie. Daar was’ n jare lange aa loop. My Vrou is my 1ste prioriteit….as ek na haar welsein imsien, sal sy na ons kroos kyk. Deur vir hom om NIKS te doen nie… is so goed soos hyt gewag…. en die kabel binders vir haar aangegee….. hy het geweet en dit kan niemand wegpraat nie.

George ·

@Karoo, sy het die beplan, sy het gewag om die moorde in NZ te pleeg dat sy nie familie hoef te face nie, en ook nie hier in die tronk te sit nie.

George ·

Sy is nie regtig iets fout meer nie, net n uitgeslope moordenaar wat gedink het sy gaan in n kus dorp in NZ onder huis arres wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, George, sy moes haar man en sy kinders in NZ gelos het en teruggekeer het na SA. Dan het niks gebeur nie.

George ·

@Republiek, dit sou teen haar plan gegaan het. Sy moes, as sy so sterk oor dit gevoel het, moes sy haarself in SA al uitgehaal het.

Karoo ·

Ek is baie dankbaar dis nie my situasie nie. Ek is verbaas dat meeste mense hier dink dis net 1 persoon in ‘n huwelik se verantwoordelik is, en dat jy as egenoot geen verantwoordelikhied het nie teenoor enige iets nie, nie jou Vrou/Man of jou klein kinders nie, al jaag byde ouers saam oor al die “stop straate”. Ek is dan baie dankbaar, dat nie een van die mesne wat dit glo, my lewens maat is nie… want ek sou die peraoon nie met my lewe kon vertrou nie. Soos dit hier gebeur het….

ES ·

Ek is jammer maar om te verwag haar man moet 24/7 seker maak dat sy oukei is, is waansinnig. Sy is ‘n grootmens. Sy het haar 3 kindertjies vermoor, en nou beweer sy dat sy hulle dood gemaak het maar dit was nie moord nie. Dis presies wat moord is! Sy probeer haar siekte gebruik as verskoning. Sy was by haar volle bewustheid toe sy dit gedoen het. As sy haar lewe wou beindig kon sy dit gedoen het sonder om haar kinders eers aan te raak.

En ja, niemand van ons is sonder sonde nie, maar ons vermoor nie ons kinders en maak dan na die tyd verskonings daarvoor nie.

piet ·

Karoo, jy neem aan sy het nie ondersteuning van haar man gehad vir haar kopprobleme nie, hoe weet jy dit? Die feit is die vrou het sinister planne gehad nog VOOR hulle NZ toe is. Sy het hierdie haarfyn beplan en die eerste geskikte oomblik gebruik om haar monsterdade uit te voer. Nou het sy kamma nie haar medisyne ingekry nie en almal behalwe haarself word blameer.

Elmarie ·

Kom ons probeer weer. Hier is mense wat vreeslik met klippe gooi. Ek praat nie haar dade goed nie en wat ek sê het NIKS met plaas moorde te doen nie! Hiee is veral een man wat altyd oral almal aanval as hul verskil van hom. Ai tog

piet ·

Karoo – as my vrou eendag besluit sy wil ‘n moordenaar wees en dan oorgaan tot die daad, kan jy nie my blameer nie.

ES ·

@Elmarie – ek is ongelukkig iemand wat vir Lauren gaan oordeel. Ek is ook ‘n ouer wat my lewensmaat bystaan soveel as ek kan, maar sy is nogsteeds verantwoordelik vir haar eie dade. So klippe gaan ons gooi. Sou jy dieselfde gevoel het as dit ‘n vreemdeling was wat die kinders vermoor het? Moord is moord.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja pieta, hoe sal die res van ons weet wat agter julle mure en toe deure gebeur. Nie dat ons belangstel nie. Die waarheid sal wel in die hofsaak uitkom.

Karoo ·

Piet, wk hoor jou. Wat ek se is… dis 2 slim mense die, 15 jaar getroud, deur diep water en meer as 1 miskraam, alles om kinders te kry. Sy was jare lank op medikasie, haar Man weet dit, sy het meer as 1 keer gedreig om die kinders leed aan te doen…. hoekom het net Ghram vir aansoek vir werk gedoen? Hoekom het sy haar medikasie gestop voor hulle weg is? Eenvoudig…. ondat sy nie kon gaan as sy op erge medikasie is nie… dus los sy dit, jok nie op aansoek nie want sy is ‘n geruime tyd daarvan af…. gaan oorsee… en haar Man weet sy is sonder haar medikasie…. sy wys tekens van onstabiliteit… en hy gaan hou party saam met nuwe werks mense. Regtig? Sien niemand dan niks raak nie? En waar is hy nou? Tjoep stil… weer aan die werk. Nee man… it take 2 to tango maar ja… een om die daad te pleeg. Dis nie alles Lauren nie, haar Man kan nie se dat hy 100% verras is en glad geen verantwoording ook moet doen nie.

Nettie ·

Sjoe. So die publiek durf nie die moordenaar veroordeel nie, maar die PUBLIEK mag die man wat NIE die moord gepleeg het nie, as aandadig vind?

Kon hy meer gedoen het? Ja. Maar met watse demone het hySELF nie dalk OOK gesukkel nie? En julle veroordeel hom SONDER ‘n verhoor waar hy homself kan verdedig! Hy gaan waarskynlik deur groter hel as sy vrou, maar julle wil hom oordeel?

Sies! Skaam julle!!

piet ·

Republikein – Die hofsaak is klaar al die feite het reeds na vore gekom. Sy’s skuldig bevind aan moord (3 moorde) en moet nog net gevonnis word. Ons wag nou net om te sien of sy tjoekie toe gaan en of sy maar haar daggies by die kophospitaal gaan deurbring. Ek hoop sy kry tronkstraf, ek dink nie sy is so van haar kop af as wat sy voorgee nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek praat nie van haar hofsaak nie piet. Ek verwys na jou vorige kommentaar.

Karoo ·

Elmarie, ek neem aan jy verwys na my… want ek skryf baie… al maamde oor Lauren van dag 1 af. en ek hou al die maande by my storie. Ek vra vir jou omverskoning as jy dink ek val aan omdat mense van my mening verskil. Ek probeer vra, staan net terug en kyk wyer na die ding. My punt is net om te se…daar is 2 mense in ‘n huwelik. ‘ n Mens kyk tog uit vir mekaar. Het jy die storie al die maande gevolg die negatiewe goed wat hy van haar gese het… hy het nie 1 keer vir haar opgekom nie. Dit kan mos nie reg wees nie. Maar miskien is ek verkeerd… ek staan alleen met my standpunt, en dan is dit so.

Karoo ·

Nettie…. wat lees jy nie? Niemand se Lauren is onskuldig nie. Maar regtig mens, glo jy werklik dat na 15 jaar se huwelik, 2 uiters slim mense wat deur diep waters is om ‘n gesin te he, dat haar Man regtig van niks geweet het nie, en haar en die kinders dus nie kon help nie? Mag my Vrou nooit voel sy offer haarself op vir my of ons huwelik nie, mag sy veilig voel en glo dat ek haar sal help wanneer sy my die nodigste het, en mag ek Mans genoeg wees om op te sfaan en te se, Ja… ek het jou gevaal wanneer dit so is. Vrede vir almal.

piet ·

Karoo – Weereens, jy neem nou sommer aan hy het haar nooit ondersteun nie. Waar kom jy daaraan? Nie dat dit in elk geval saak maak nie, sy het die moorde vooraf beplan en presies geweet wat sy doen.

piet ·

So terloops, in die hofsaak het dit uitgekom hoe sy vooraf gegoogle het hoe sy die kinders kon doodmaak. Soektogte op google het ingesluit: “Lethal dosage alprazolam in children” (July 31 2021), “Ambien lethal dose” (August 14), “Most effective overdose in children” (August 20) and “Drugs to overdose kids” . Toe besluit sy maar net oplaas om hulle te verwurg.

Karoo ·

Piet, ek volg die storie van dag 1 af….op alle platforms, behalwe dit, as ek, as Man weet my Vrou, die Ma van my kinders het oor 15 jaar baie geestes probleme waarvoor sy erenstige voorgeskrewe medikasie moet neem, wat ek dan weet sy nie vir ‘n geruimetyd nie drink nie, dieselfse Vrou wat meer as 1 keer dreig dat sy die kinders wil dood maak, my in detail vertel hoe sy dit gaan doen…. en ek, die Man, die Pa van 3 weerlose kinders neem nie drasties aksie om 1) my Vrou en 2) drie weerlose kinders te beskerm nie dan is ek mos net so skuldig soos my Vrou wat wel die daad pleeg. Dis ‘n slim Man…. a. g. v haar geestes probleme kon hy haar wegstuur en laat behandel, hy kon die kinders tydelik van haar weg neem, of permanent sou sy weier om medikasie te neem…. heng, daar is baie opsies, nie een van dit het plaas gevind nie, maar…. hy kies, let wel, hy kies om aansoek te doen oorsee vir werk, nou hoef hy nie sy vrou se probleme te openbaar nie want sy gaan nie daar werk nie, want as hulle sou, sou hulle nie kon gaan nie. Dis hoekom sy haar medimasie moes stop. So sy Vrou gaan deur onder sy rekord, en skaars daar… weg van alles en almal wat haar anders as haar Man ondersteun…. kry sy haar kaans, terwyl hy party saam met nuwe kolegas. En nou is hy so verras…. skoon uit die veld geslaan. Ek is jammer…. hy het die tafel vir haar gedek en niemand wil dit raak sien nie, want dan is hulle ook skuldig.

piet ·

Selfs nadat ek vir jou aanhaal hoe gewetenloos en voorbedag sy haar planne beraam het, wil jy steedds haar man die skuld gee. Nee wat, I rest my case…

piet ·

En jy hou aan om dit as die waarheid te stel (asof jy by hulle aan huis was en weet wat binne hul huis aangaan) dat hy haar nie deur die jare ondersteun het nie. Jjy kan mos nie net so lukraak self besluit hy het haar nooit ondersteun sonder grondige redes nie. Die dinge wat jy noem is alles ongegrond en opmaakstorietjies soos jy dink dit kon wees.

Karoo ·

Ai Piet…. ek het nog nooit gese Lauren is onskuldig nie, nooit. Wat sy gedoen het is onvergeefbaar. Vir my, is Lauren ook ‘n slagoffer. Dit beteken ie dat sy enigsi s onskuldig is nie. Ek is trots Man en Pa, en ek is verantwoordelik vir my Vrou, my kinders en myself. Daarby staan en Pa wanneer ek terkort skiet. Tenminste staan jy vir iets, al stem ons nie saam oor die een nie. Vrede vir almal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Karoo, in Amerika sou haar man in sekere state ook aangekla word omdat hy nie iets gedoen het toe hy sien sy vrou het hulp nodig nie. In sulke gevalle word dit daar medepligtigheid hanteer. Huweliks- en lewensmaats moet nou wakker wees. NZ is ietwat agter.

Koen ·

Hier is ook baie mense wat moordenaars op hulle hande dra. Dan moet is plaasmoorde ook dalk nie so sleg nie. Ten minste word daar nie 3 jong kinders op ‘n slag wreed vermoor nie. Julle moet maar plaasmoordenaars se voete gaan was.

Koen ·

@Karoo. Gaan was alle moordenaars se voete. Jy skaar jou aan die kant van iemand wat 3 jong dogtertjies op die wreedste moontlike manier vermoor het. Walglik en verfoeilik.

Sues ·

@Karoo hulle het geëmigreer oor Lauren onveilig gevoel het in SA, haar man het alles gedoen wat sy gevra het. As die kinders vir haar so ‘n probleem was hoekom het sy nie eerder in SA gebly waar sy by die huis gebly het en ‘n nanny gehad het nie? Sy wou nie meer die kinders gehad het nie, maar sy wou ook nie hê hy mag hulle kry nie toe maak sy hulle dood.
Hy was hulle enigste broodwinner dus dink ek as die werk van jou verwag om ‘n funksie by te woon dan doen jy dit. Hy het ook nie tot in die vroeë oggend ure uit gebly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.