Lauren Dickason nou eers later gevonnis

Lauren Dickason in die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland. (Skermgreep: NZ Herald)

Lauren Dickason, die Suid-Afrikaanse ma wat vroeër vanjaar in Nieu-Seeland skuldig bevind is aan die moord op haar drie jong dogtertjies, sal nou eers in die nuwe jaar gevonnis word.

Dickason sou aanvanklik op 19 Desember gevonnis word, maar die vonnis is nou tot 2024 uitgestel.

NZ Herald berig ʼn voorlopige datum van 2 Februarie is aan die saak toegewys. ’n Nuwe vonnisdatum sal waarskynlik dán vasgestel word.

Dickason is op 16 Augustus in die hooggeregshof in Christchurch skuldig bevind aan die moord op Liané (6) en die tweejarige tweeling Maya en Karla nadat die jurie ʼn meerderheidsuitspraak bereik het.

Die minimum vonnis vir moord in Nieu-Seeland is lewenslange tronkstraf. Regter Cameron Mander sal tydens Dickason se vonnisoplegging ʼn tydperk vasstel waartydens sy nie vir parool in aanmerking mag kom nie.

Mander sal ook dán moet besluit waar Dickason haar vonnis sal begin uitdien; in ʼn gevangenis of in ʼn forensiese psigiatriese fasiliteit. Dickason word sedert haar inhegtenisneming in 2021 in die Hillmorton-hospitaal in ʼn psigiatriese eenheid aangehou.

Maroela Media het vroeër berig Dickason het die aand van 16 September 2021 – kort nadat haar gesin na Nieu-Seeland geëmigreer en hulle in Timaru gevestig het – haar drie dogtertjies met kabelbinders en daarna met hul kombersies versmoor, waarna sy haar eie lewe probeer neem het.

Dickason se man, Graham, het die aand van ʼn werksete teruggekeer en Lauren in die kombuis van hul huis in Timaru aangetref. Graham onthou dat hy na die dogtertjies se kamers gegaan het. Hulle het in hul beddens gelê en was bedek met komberse. Hy het die komberse opgelig en die kabelbinders om hul nekke gesien. Hul gesiggies was bleek. Graham het die kabelbinders om sy dogtertjies se nekke inderhaas met ʼn skêr geknip, maar hulle was reeds dood.

Dickason het erken dat sy die kinders in September 2021 doodgemaak het, maar het ontken dat dit moord was. Sy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar en voer ter verdediging aan dat sy tydens die moorde geestelik ongesteld was en nie toerekeningsvatbaar is nie.

Tydens die weke lange verhoor wat op 17 Julie vanjaar begin het, is elke aspek van Dickason se jare lange stryd teen depressie, haar infertiliteit, gesinslewe en selfoonrekords in die hof ontleed.

Die staat het aangevoer dat Dickason die moorde in ʼn oomblik van woede gepleeg het, dat sy al voorheen daaraan gedink het om haar kinders dood te maak en dat sy die aand van die moorde “geknak” het toe die meisies hulle wangedra het. Die dade is doelgerig en doelbewus gepleeg, het die staat aangevoer.

Die verdediging het tydens die verhoor volgehou Dickason was ʼn liefdevolle ma wat nog nooit haar kinders mishandel of verwaarloos het nie, dat sy erg depressief was en gedink het sy doen die regte ding. Dickason het simptome gehad wat uniek is aan nageboorte‑depressie, soos gedagtes om die kinders seer te maak en nie soos ʼn bevoegde ma te voel nie, het die verdediging in sy slotbetoog aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

George ·

Niks minder as lewenslank nie, jammer sy gaan sit in n eerste wereld land se tronk.

Corne123 ·

Regte tronk to gaan sit dit n onaanvaarbare gedra en optrede niks kan dit regverdig nie geen.Geen genade nie dit was net kinder nie boewe of iemand wat haar lewe in gevaar hestel het nie nee wat geen genade nie

Karoo ·

Sterkte aan die Familie en vriende wat met die verlies moet leef. Nie net is drie pragtige jong so skyn lewens verloor nie, maar so ook die van ‘n “Vrou”…’ n “Ma”…. sy is ‘n dogter,’ n suster en ‘n vriendin vir iemand, wat haar ook lief het, wat jaar nie kan “afskryf” soos jy nie. Wees dankbaar, baie dankbaar dis nie jou dogter, suster, vriendin, vrou nie…. vrede en genade vir almal.

Johann ·

Karoo. Sit nou net gewetenlose moordenaar by al jou siestog shame.

Koen ·

Dis soooo mooi, Karoo. Ek sal dit onthou vir alle moordenaars. Plaasmoordenaars het sekerlik ook geliefdes. Dankie dat jy hulle ook in jou gebede onthow.

Estelle ·

Karoo, ek stem. Die kring is baie wyer as wat ons ooit sal besef.

Minnie ·

Nonsens….dit was beplande en baie wrede moorde.
Sy moet lewenslank sit.
Sy laat alle SA vroue sleg lyk wat dalk wou immigreer na NZ

Martie ·

Die kinders hulle wangedra het? Ons praat van peuters en ‘n dogtertjie, as hulle stout is gee hulle pak. En ja sy is ook iemand se kind en ek kry ook haar familie jammer want nie een van ons kan ons indink hulle hartseer nie. Jou kind bly jou kind.

Yvonne ·

Hoe sal n mens ooit ten volle kan begryp oor die verskriklike tragedie

Kloekie ·

Eerste wêreld land wat maar funksioneer soos n derde wereld land. O wag, maar net erger- reen heeldag.

Boon ·

Hoop hot wys dat NZ is beskaafde land en behandel haar genadig. Sy is duidelik n psigiatriese pasiënt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.