Lauren Dickason-saak: Dís hoekom vonnisverrigtinge sloer  

Lauren Dickason tydens haar verhoor in die hooggeregshof in Christchurch. (Foto: NZ Herald)

Die vraag of Lauren Dickason as ʼn geestesgesondheidpasiënt of gevangene aangehou moet word, is die rede hoekom sy nog nie gevonnis is nie.

The Press berig Dickason sal nou op 26 Junie gevonnis word. Psigiaters moet verslae daaroor opstel of Dickason as ʼn spesiale pasiënt aangehou moet word en of sy haar vonnis in ʼn gevangenis moet uitdien.

Daar sal op 20 Maart ʼn vergadering tussen die deskundige getuies plaasvind rakende die kwessies waaroor hulle verslae voorberei het ten einde vas te stel wat die feite is waaroor die deskundiges saamstem en watter kwessies in dispuut is, asook die redes daarvoor.

Dickason word sedertdien in ʼn psigiatriese eenheid in die Hillmorton-hospitaal aangehou waar sy onder waarneming is.

Dickason, die Suid-Afrikaanse ma wat haar drie jong dogtertjies kort ná haar gesin se emigrasie na Nieu-Seeland om die lewe gebring het, is in Augustus verlede jaar in die hooggeregshof in Christchurch skuldig bevind aan die moord op Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla.

Die jurie het ná ʼn weke lange verhoor eindelik in ʼn meerderheidsuitspraak bevind dat Dickason op die aand van 16 September 2021 – kort nadat haar gesin geëmigreer en hulle in Timaru gevestig het – haar drie dogtertjies met kabelbinders en daarna met hul kombersies versmoor het, waarna sy haar eie lewe probeer neem het.

Dickason het tydens haar verhoor erken dat sy die kinders in September 2021 doodgemaak het, maar het ontken dat dit moord was. Sy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar en ter verdediging aangevoer dat sy tydens die moorde geestelik ongesteld was en dus nie toerekeningsvatbaar was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sarieniemand ·

waarom waarom waarom sy het presies geweet wat sy doen waarom nou maak asof sy nie geweet het wat sy doen nie.

Nici ·

So die jurie vind haar rasioneel en verwerp geestelike ongesondheid verdediging tsv expert getuienis en die regter is te bang om klaar te vonnis want daars niks fout met haar nie? Dis duidelik dat die hof weet daars ‘n dieper probleem en die rede hoekom sy nog nie tronk toe is nie is omdat hul nie met die skadaal wil deal wanneer sy dalk selfmoord pleeg nie.

Sêmanet ·

Ek stem met George. Net soos Joshlin se ma geweet het wat sy doen, so het hierdie vroumens goed geweet. As sy dan kastig siek is, sou sy na die eerste kind al besef het wat sy doen. Moord bly moord, en moet dieselfde straf kry. Haar lewe was nie bedreig nie. Ek weet daar is mense wat jammer vir haar voel, maar ek is jammerder vir die kindertjies wat nie meer daar is nie.

Oujongvrou ·

Ek voel net jammer vir haar man. Hyt n mal vrou getrou en sy kindertjies is dood. Hierdie monster vrou het baie goed geweet wat sy doen. Sy wou net haar man seermaak en straf.

ES ·

Sy moet maar tjoekie toe gaan. As sy geskik is om verhoor te word is sy geskik om na ‘n gewone tronk toe te gaan. Dis te maklik om geestesversteurdheid te pleit en so te probeer om jou vonnis beter te maak. Sy het die daad gedoen, nou moet sy haar straf vat.

Michele ·

Lauren moet lewenslange tronkstraf kry!! Sy het presies geweet wat sy doen en om nou agter geestes gesondheid weg te kruip is twak!

Helen ·

Hulle moet n kabel om haar nek sit en elke dag bietjie vir bietjie stywer trek dat sy kan voel hoe dit voel!!!!

Bolandse Nooi ·

If you do the crime, you must do the time. Hierdie dinge oor “toerekeningsvatbaarheid” en wathever, is sommer nonsens. Sy het haar 3 dogtertjies vermoor. Toegegee, ek dink veral die tweeling was 2 stoutgatte wat hul ma se geduld tot die uiterste beproef het – kyk, as ‘n kind mý met kos gooi en skree dat dit nie is wat sy wil eet nie, sal ek haar ook foeter. Maar dit vergeef nie die feit dat sy die kinders versmoor het nie.

Lollapop ·

Geen normale mamma sal so iets doen nie, sy het hulp nodig en die tronk gaan dit nie aan haar kan gee nie. So jammer vir almal betrokke.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie eensydige kommentaar. Dit oorskry die grense van laster. Die hof het nêrens gesê sy is mal of nie normaal nie. Sy het ook familie hier wat sukkel om alles te verwerk.

Kattebol ·

Geestesongesteldheid is n baie komplekse kwaal. Géén twee mense gaan dieselfde reageer onder dieselfde omstandighede nie. Dis waarom psigiaters maande vooruit volgeboek is.

RS ·

Kinders is dood.
Wie was dit? Die ma.
Hoekom? Sy het probleme erens in haar, tog is die kinders dood aan haar hand.
Dis moord. Maak nie saak hoe daarna gekyk word nie. sy het moord gepleeg en 4 lewens geneem, die van die kinders en haar man ook.
Sy moet eintlik die doodstraf kry.
Ek dink aan haar man wat nou ‘n lewe moet lei op een of ander manier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.